Die arme Bennie Griessel word te midde groot druk van die bestuur en die media in ‘n week van hel gedompel. Hanneke Sloet, ‘n jong prokureur, is met ‘n steekwond in haar hart in haar woonstel aangetref. Daar is geen moordwapen te vind nie, sy het haar klaarblyklik nie teëgesit nie, en dit is onduidelik hoe die moordenaar toegang tot haar woonstel gekry het. Dan begin die polisie dreigemente ontvang dat daar een polisieman geskiet sal word vir elke dag wat die saak onopgelos bly, en Bennie se hulp word ingeroep. Met die spoor teen die tyd yskoud, moet Bennie van voor af begin ondersoek instel, en elke antwoord lei hom na die volgende dringende vraag. Terselfdetyd sukkel hy ook nog met sy moeilike tieners, sy veeleisende meisie en sy eie hunkering na die bottel. Oudergewoonte bevat Deon Meyer se nuutste roman geen tekort aan spanning, interessante wendings en lewensgetroue karakters nie.
Reviewed by Nixie (Gardens)
7 Dae
gardens on Mon, 09/01/2012 - 18:40Die arme Bennie Griessel word te midde groot druk van die bestuur en die media in ‘n week van hel gedompel. Hanneke Sloet, ‘n jong prokureur, is met ‘n steekwond in haar hart in haar woonstel aangetref. Daar is geen moordwapen te vind nie, sy het haar klaarblyklik nie teëgesit nie, en dit is onduidelik hoe die moordenaar toegang tot haar woonstel gekry het. Dan begin die polisie dreigemente ontvang dat daar een polisieman geskiet sal word vir elke dag wat die saak onopgelos bly, en Bennie se hulp word ingeroep. Met die spoor teen die tyd yskoud, moet Bennie van voor af begin ondersoek instel, en elke antwoord lei hom na die volgende dringende vraag. Terselfdetyd sukkel hy ook nog met sy moeilike tieners, sy veeleisende meisie en sy eie hunkering na die bottel. Oudergewoonte bevat Deon Meyer se nuutste roman geen tekort aan spanning, interessante wendings en lewensgetroue karakters nie.
Reviewed by Nixie (Gardens)