“Dit was ‘n relatief ordentlike moord, gemeet aan Suid-Afrikaanse standaarde”. So begin Fransi Phillips se nuutste roman en wenner van die LAPA 2011 Romankompetisie. Aan die kern van die roman, soos die titel ook aandui, lê die vraagstuk van wat die waarde van ‘n lewe is, en waaraan daardie waarde moontlik gemeet kan word. Die slagoffer van hierdie “relatief ordentlike moord” tydens ‘n motorkaping, vertel haar eie storie deur uitreksels uit haar dagboek, wat sy aan haar vriendin nalaat in haar testament. Die dagboek, wat strek vanaf 1977 tot die hede, vertel ook die storie van die veranderende politieke toestande in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die klem is hier nogtans nie soseer op die groter sosiale impak, as op die persoonlike ervaring van hierdie gebeure nie. Dit is die subjektiewe en outentieke beskrywing van die hoofkarakter se ervaringe en menings, op verskillende tye in haar lewe, wat die roman so boeiend maak. Die unieke wrang humor en skreiende logika, sorg dat die storie daarin slaag om die inherente absurditeite van sosiale norme en politiese korrektheid uit te wys, sonder om te verval in ‘n cliché van konserwatisme of liberalisme. Telkens keer dit eerder terug na kuns en kreatiwiteit as die enigste ontvlugting aan ‘n werklikheid gekenmerk deur oorloë, geweld en doelloosheid.
Net 'n Lewe
gardens on Tue, 17/01/2012 - 14:52“Dit was ‘n relatief ordentlike moord, gemeet aan Suid-Afrikaanse standaarde”. So begin Fransi Phillips se nuutste roman en wenner van die LAPA 2011 Romankompetisie. Aan die kern van die roman, soos die titel ook aandui, lê die vraagstuk van wat die waarde van ‘n lewe is, en waaraan daardie waarde moontlik gemeet kan word. Die slagoffer van hierdie “relatief ordentlike moord” tydens ‘n motorkaping, vertel haar eie storie deur uitreksels uit haar dagboek, wat sy aan haar vriendin nalaat in haar testament. Die dagboek, wat strek vanaf 1977 tot die hede, vertel ook die storie van die veranderende politieke toestande in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die klem is hier nogtans nie soseer op die groter sosiale impak, as op die persoonlike ervaring van hierdie gebeure nie. Dit is die subjektiewe en outentieke beskrywing van die hoofkarakter se ervaringe en menings, op verskillende tye in haar lewe, wat die roman so boeiend maak. Die unieke wrang humor en skreiende logika, sorg dat die storie daarin slaag om die inherente absurditeite van sosiale norme en politiese korrektheid uit te wys, sonder om te verval in ‘n cliché van konserwatisme of liberalisme. Telkens keer dit eerder terug na kuns en kreatiwiteit as die enigste ontvlugting aan ‘n werklikheid gekenmerk deur oorloë, geweld en doelloosheid.