R195
Sonja Loots
Afrikaans Fiksie
NB Uitgewers
Sirkusboere

Sirkusboere

gardens on Mon, 09/01/2012 - 19:02

Na afloop van die Anglo-Boereoorlog en sy oorgawe by Paardeberg, bevind Generaal Piet Cronjé hom in St Louis, waar hy dag na dag sy grootste vernedering voor groepe aanskouers herhaal. Met niks wat vir hom in sy eie land oorbly nie, tel hy onder sommige oudstryders wat in 1904 in Amerika aan openbare voorstellings van hul veldslae gaan deelneem het. Voor groot gehore speel o.a Cronjé, Generaal Ben Viljoen en Maans Lemmer, elke aand weer hul inviduele rolle in hierdie sirkus van vervalste verledes en post-traumatiese lyding - hetsy vir geld, heenkome of die hoop op 'n vorm van erkenning. Baie verskillende temas neem vorm binne die sirkustent; veral die verbondeheid aan die verlede en die trauma van oorlog. Loots slaag daarin om vele karakters, tydlyne, en temas subtiel te verweef, en historiese karakters, ten spyte van die ironie en satire verbonde, veel meer as net karikature te maak. Karakters soos die sirkusbaas Fillis en Cronjé se swart handlanger (voorheen sy agterryer), Fenyang, bied verdere insigte tot die herhalende skouspel van die geskiedenis, op 'n persoonlike en 'n universele vlak. So gaan gerus binne, want in Loots se sirkus, is daar baie om te ervaar.
Reviewed by Nixie (Gardens)