In Skool, gaan die fiktiewe Theo Kemp op soek na die antwoord op ‘n vraag waaroor alle Suid-Afrikaners wonder: as die regering die grootste persentasie van sy begroting jaarliks aan onderwys afstaan, waarom is Suid-Afrika se onderiggehalte van die laagste ter wêreld? Die trefkrag van die boek lê nie net in die deeglike navorsing nie, maar veral in die sterk persoonlike aanslag. Die leser word saamgeneem deur die fisiese reis van skool tot skool, maar ook deur Kemp se nadenking oor sy eie ervaring as leerling en later ook onderwyser. Deur fyn waarneming, lewendige beskrywings en karaktarisering van persone betrokke by die onderhoude, slaag Kemp daarin om ‘n baie komplekse aktuele vraagstuk op ‘n toegangklike en treffende manier met die leser te deel. Hierdie boek sal heel moontlik kontroversie uit sekeringe kringe uitlok, maar oor een ding sal almal moet saamstem: iemand vra uiteindelik die regte vrae. 'n Wonderlike bydrae tot die "new journalism" genre in Afrikaans.
Skool
gardens on Tue, 17/01/2012 - 15:01In Skool, gaan die fiktiewe Theo Kemp op soek na die antwoord op ‘n vraag waaroor alle Suid-Afrikaners wonder: as die regering die grootste persentasie van sy begroting jaarliks aan onderwys afstaan, waarom is Suid-Afrika se onderiggehalte van die laagste ter wêreld? Die trefkrag van die boek lê nie net in die deeglike navorsing nie, maar veral in die sterk persoonlike aanslag. Die leser word saamgeneem deur die fisiese reis van skool tot skool, maar ook deur Kemp se nadenking oor sy eie ervaring as leerling en later ook onderwyser. Deur fyn waarneming, lewendige beskrywings en karaktarisering van persone betrokke by die onderhoude, slaag Kemp daarin om ‘n baie komplekse aktuele vraagstuk op ‘n toegangklike en treffende manier met die leser te deel. Hierdie boek sal heel moontlik kontroversie uit sekeringe kringe uitlok, maar oor een ding sal almal moet saamstem: iemand vra uiteindelik die regte vrae. 'n Wonderlike bydrae tot die "new journalism" genre in Afrikaans.