R150
Valiant Swart
Afrikaans Nie-Fiksie
LAPA Uitgewers
Toorwoorde

Toorwoorde Roep My

gardens on Tue, 17/01/2012 - 14:21

Toorwoorde Roep My is 'n versameling lirieke gekies uit 15 van Valiant Swart se albums, wat strek vanaf 1996 tot 2010. Hierdie bundel sal beslis weer die vraagstuk rondom die verskil tussen 'n liriek en 'n gedig by vele laat opkom. Dit is inderdaad 'n fyn lyn wat die twee skei; as gevolg van die gewone konteks binne musiek, word lirieke, soos poësie, grootendeels gekenmerk aan hul rym, ritme en musikale gebruik van woordklank. Maar dit beteken natuurlik nie dat alle lirieke as poësie bestempel kan word, of dat enige gedig goed sal werk in musikale vorm nie. Alhoewel ek nie heeltemal met Marais se vergelyking met Leonard Cohen (op die agterblad) saamstem nie, dink ek tog dat van hierdie lirieke kort voor lank in die Groot Verseboek sal begin verskyn. Die lirieke van byvoorbeeld "Mystic Boer" en "Verbrande Landskap" (om maar net twee te noem) is sterk genoeg om sonder begeleiding op die stil papier te oorleef. Reviewed by Nixie (Gardens)