Afrikaans Fiksie

Showing 1–12 of 69 results

  • 1795

    1795 – Dan Sleigh

    0 out of 5
    R320.00

    Sleigh sluit sy skrywersloopbaan af met hierdie meesterwerk wat handel oor die laaste maande aan die Kaap onder die bewind van die VOC. William van Oudshoorn, seun van ‘n goewerneur en erfgenaam van voorspoed, staan voor ‘n waterskeiding in sy lewe.

  • Adrenalien

    Adrenalien deur Leon van Nierop

    0 out of 5
    R240.00

    Leon van Nierop kom hier met ‘n fassinerende verhaal vorendag. Gustaf Prinsloo het ‘n treffer-riller geskryf en dring daarop aan om self die draaiboek te skryf vir die film wat daarvan gemaak gaan word. Hy het egter ‘n probleem: sy muse werk slegs as sy adrenalienvlakke hemelhoog is. Sy vrou, Elisma, het in daardie behoefte voorsien, maar nou het sy hom gelos. Dit pas hom dus hom goed as die filmvervaardiger hom na ‘n afgeleë Bosveldoord stuur om sy draaiboek te gaan skryf. In die vervalle geboue hou oorgenoeg spoke om sy adrenalien te laat vloei. Dan kry hy ook lukrake besoeke van die sexy Astrid, wat ‘n onwelkome oog oor sy draaiboek hou. Gustav kan moeilik onderskei tussen die spoke wat hom treiter en die realiteit, maar hier is genoeg adrenalien om sy draaiboek te laat vorder. Daar wag egter ‘n verrassing of twee in die ontknoping van die storie…

  • Alles begin met Anna

    Alles begin met Anna – Annemari Coetser

    0 out of 5
    R280.00

    Coetser het uit haar eie familiegeskiedenis geput vir haar nuutste roman. Die hoofkarakter is gebaseer op Coetser se ma, Poppie. Sy is ’n lewenslustige jong vrou wie se vooruitsigte op ’n normale gesinslewe ’n groot knou kry wanneer sy die wrede waarheid oor haar ma, Anna, uitvind. Anna speel dus ook ’n kernrol in die verhaal.

  • Brandwaterkom

    Brandwaterkom Deur Alexander Strachan

    0 out of 5
    R240.00

    Die belofte wat Strachan met sy eerste roman, Dwaalpoort, getoon het, word verwesenlik in Brandwaterkom. Dit is een van die interessantste aanbiedings van historiese gegewens wat ek nog gelees het. In die hoofstorie figureer S.G. Vilonel, prokureur van Senekal, aanvanklik ‘n boere-kommandant in die ABO maar uiteindelik veroordeelde joiner. Toe generaal Prinsloo met 4000 boere-vegters in die Brandwaterkom vasgekeer was, was Vilonel die man wat die brief van oorgawe na die Britse owerstes gebring het. Maar daar is verskillende vertellers in die roman, en elkeen wil sy/haar verhaal op die voorgrond druk. Esther van Emmenes woon tydelik in die Brandwaterkom om deegliker navorsing oor die plaaslike gebeure tydens die ABO te kan doen vir haar tesis. Catharina Venter – wel, waar pas sy in die prentjie? Is sy werklik besig om Esther en Bullet te manipuleer sodat háár verhaal vertel kan word? En Bullet self; sy oorlogverhaal moet ook vertel word – altans, daar is ‘n verteller wat so dink. En hoe suiwer is elke verteller se motiewe? Eindelik lees ons vier stories wat met groot vaardigheid deur die bobaasverteller – Strachan self – in mekaar gevleg is.

  • Bergengel 9781485307501

    Die Bergengel – Carina Stander

    0 out of 5
    R220.00

    Fantasie en wetenskapfiksie is nie volop in die Afrikaanse volwasse literatuur nie.

  • Die Bewaker

    Die Bewaker – Marguerite Poland

    0 out of 5
    R235.00

    As vuurtorings vir jou, soos seker vir die meeste van ons, ‘n vae assosiasie van romantiek dra, dink weer! Hannes Harker, vuurtoringwagter op ‘n afgeleë eiland, herstel in die hospitaal van beserings nadat hy in die toring geval het. Hy vertel sy lewensverhaal stuk-stuk aan Rika, sy saalsuster. Die eiland is ‘n kosmos in die kleine; ‘n mens sou nie kon dink dat soveel intrige moontlik is op die klein, afgesonderde rots in die see waar slegs ghwanowerkers en vuurtoringpersoneel woon nie. Soos sy pa voor hom, lééf Hannes vir die vuurtoring met al die onwrikbare reëls en taboes wat daarmee gepaard gaan. Intussen wroeg sy vrou Aletta om die afsondering te hanteer. As ‘n individualis wat altyd die status quo uitdaag, is die verbanning op die eiland vir haar te veel. Die egpaar se storie is terselfdertyd die uitvloeisel én ‘n herhaling van dié van Hannes se ouers voor hulle op die eiland. Aletta is egter van ander stoffasie gemaak as Hannes se ma en hul verhaal speel gevolglik anders af. Marguerite Poland is ‘n ervare skrywer wat haar fyn waarnemingsin en insig in die menslike natuur duidelik laat blyk in die roman. Dit is die eerste keer dat ‘n boek van haar in Afrikaans verskyn.

  • Dao Van Daan Van Der Walt

    Die Dao van Daan van der Walt – Lodewyk G du Plessis

    0 out of 5
    R300.00

    Daan, Latyn-kwoterende Kalahari-boer, langslewende eggenoot van Magrieta en pa van Jan-Willem, sit op ’n wankelrige stoel in ’n heidense tempel in China en skryf sy Historia (oftewel confessiones).

  • Diepblou See

    Die Diepblou See – Francois Loots

    0 out of 5
    R235.00

    Francois Loots se nuutste boek handel oor Jan Hendrik (“Jannie”) Hofmeyr (1894-1948), ‘n briljante, hardwerkende, produktiewe en liberale akademikus/politikus wat onder andere in Jan Smuts se kabinet gedien het. Loots se kenmerkende manier om feit en mitologie te vermeng is reeds van die eerste hoofstuk af te sien, waar die tweejarige Jannie se ernstige siekbed en herstel direk gekoppel word aan godsdiens en die koningin van die see.

  • dood-van-n-goeie-vrou

    Die Dood van ‘n Goeie Vrou – Chris Karsten

    0 out of 5
    R260.00

    Die intrige in Karsten se nuutste misdaadroman hou mens konstant aan die raai. Ons ken nou al vir Ella Neser – sy is nie ‘n poppie nie en sy skrik nie vir koue pampoen nie.

  • Laksman Se Dogter

    Die Laksman se Dogter – Gerda Taljaard

    0 out of 5
    R230.00

    Hoe verwerk ‘n ma haar dogter se dood? Taljaard neem die leser op ‘n onthutsende reis saam met ‘n ma wat haar dogter twee keer verloor het; eers aan dwelms en daarna aan die dood. Die dogter was ‘n openbare figuur, ‘n rock-ster.

  • leliemoordernaar

    Die Leliemoordenaar – Lerina Erasmus

    0 out of 5
    R275.00

    Daniella se brose gesinslewe word erg versteur wanneer sy Johannesburg toe verplaas word om die sogenaamde klipmoordenaar te probeer vastrek.

  • Rooikop En Die Redakteur

    Die Rooikop En Die Redakteur – André P. Brink

    0 out of 5
    R240.00

    André P Brink is een van die skrywers wat Afrikaans “op die map” geplaas het. Hy het bekendheid verwerf as een van die Sestigers, ’n groep Afrikaanse protesskrywers wat hulle onder andere teen apartheid beywer het.