Afrikaans Fiksie

Showing 73–81 of 81 results

  • Vlakwater

    Vlakwater deur Ingrid Winterbach

    0 out of 5
    R250.00

    Ingrid Winterbach-aanhangers sal sekerlik bly wees om te hoor van die verskyning van haar nuwe boek. Dit is ‘n veelvlakkige roman vol van intrige, die kunste, waansin en spiritualistiese filosofieë. Kunstenaar Niek Steyn koop ‘n huis in Kaapstad ná die beëindiging van sy liefdesverhouding. Niek bevriend Marthinus, wat naby hom bly, en vind dat hulle ‘n belangstelling in die kunstewêreld deel. Gou word die verhaal bevolk met ‘n verskeidenheid klaarblyklik versteurde kunstenaartipes. Slegs een karakter verteenwoordig normaliteit en warmte in Niek se lewe – sy huurder, die kunsstudent Charelle. Wanneer sy verdwyn en verskeie onrusbarende dinge in die area gebeur, is Marthinus oortuig dat Viktor daaragter sit; Viktor wat die skisofreniese boek Vlakwater geskryf het. Intussen werk ‘n naamlose haaslip-vrou aan ‘n monografie oor die bekende kunstenaars-cum-filmmakers, die Olivier-broers. Stadigaan begin mens vermoed daar is dalk een skakel wat al hierdie dinge verbind, maar is die vermoede korrek?

  • Web

    Web – Naomi Meyer

    0 out of 5
    R250.00

    Sophia se verhaal is elke vrou s’n, so ook haar verhouding met haar man, haar huiswerker, haar vriendin-werkgewer, die boemelaar, en die ma’s by die kleuterskool. As ma van twee jong kinders, met ‘n wankelende huwelik en ‘n werk by ‘n sukkelende klein besigheid, sukkel Sophia om al die balle in die lug te hou.

  • Ys

    Ys – Rudie van Rensburg

    0 out of 5
    R260.00

    Net wanneer ’n verveelde kaptein Kassie Kasselman begin wonder of dit ’n goeie idee was om by die nuwe elite-speureenheid van die polisie aan te sluit, word hy en Rooi wel by ’n ondersoek betrek.

  • zip

    Zip! – Nataniël

    0 out of 5
    R260.00

    Of mens nou een van sy vertonings bywoon of sy skryfwerk lees, Nataniël laat altyd mens se tone krul van lekkerkry. In hierdie bundel is stories wat uit sy meer onlangse vertonings kom, sommige in Engels, maar die meeste in Afrikaans.

  • Skrik Op Die Lyf Jaag

    Skrik op die Lyf saamgestel Gerda Taljaard en Deborah Steinmar

    0 out of 5
    R220.00

    Ongeveer ‘n jaar gelede het die volgende advertensie op Litnet se webwerf verskyn: Is jy woordbegaaf, met ‘n verbeelding soos ‘n vingernael wat oor ‘n swartbord knars? Skryf dan ‘n gru-storie vir ons nuwe bundel… Nou is die stories geskryf, gekeur en gebundel – vars op die rak.

  • In die blou kamp_cover_resize

    In die Blou Kamp — Dana Snyman

    0 out of 5
    R228.00

    Dana sê in sy “soort voorwoord” dat hy die stukke wat in dié boek gepubliseer is, aanvanklik vir sy Facebook-blad geskryf het. Hy sê ook dat hy een oorkoepelende maatstaf vir sy Facebook-inskrywings het: hy probeer iets van homself, van hierdie land en van ons verlede aan homself verduidelik en met mense daaroor in gesprek tree.

  • Raai hoe lief is ek

    Raai Hoe Lief Is Ek Vir Jou — Sam McBratney

    0 out of 5
    R140.00

    Hierdie gewilde kinderboek is al 20 jaar lank in Afrikaans beskikbaar, en die geleentheid word gevier met dié spesiale gedenkuitgawe. Dit is slaaptyd vir Klein Neutbruin Hasie en, as uitsteltaktiek om die ongewenste oomblik te vermy, begin hy vir Groot Neutbruin Haas vertel hoe lief hy vir hom is.

  • Vermis op allesverloren

    Vermis op Allesverloren — Anchien Troskie

    0 out of 5
    R220.00

    Tannie Erta van Tonder het spoorloos verdwyn. Haar susterskind en huismaat, Melinda, roep die hulp van privaatspeurder Barrie in om haar te help opspoor. Op die klein dorpie Allesverloren loop Barrie hom uit die staanspoor vas in kleinlikheid, agterdog en skinderstories.

  • Ver in die Wereld Sushi Koos Kombuis

    Ver in die Wêreld, Sushi —Koos Kombuis

    0 out of 5
    R213.00

    Hierdie is Koos se vyfde rubriekebundel en bevat skrywes wat deur die jare in verskeie tydskrifte en koerante verskyn het. Hy lug sy opinie oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe, dikwels met ‘n opgetrekte wenkbrou en sy “maar ek dink anders”-houding. Soos ons hom mos maar ken. Tog interessant hoe die verloop van jare selfs ‘n vrydenkende, individualistiese gees so ‘n bietjie temper.