Afrikaans Nie-Fiksie

Showing 1–12 of 26 results

  • n Tafel vir Elke Geleentheid

    ‘n Tafel vir Elke Geleentheid deur Fransie Snyman, Katrien van Zyl & Wilsia Metz

    0 out of 5
    R275.00

    As jy lief is om voluit te gaan wanneer jy onthaal, of as dit jou droom is om ‘n geleentheidsmaatskappy te bedryf, kan jy hierdie boek gerus op jou boekrak hou. Die samestellers het moeite gedoen om elke aspek van onthaal te dek: van die beplanning en voorbereiding van die kos tot breekgoed en linne, musiek en gastegeskenkies. Dit is vol foto’s van gedekte tafels vir elke denkbare geleentheid wat gevier kan word (‘n volle vyf-en-twintig van hulle!) Die foto’s is vergesel van voorstelle en wenke om jou tafel uniek te maak . Hier is aanbevelings vir kleurskemas, blomme en ander tafelversierings asook gepaste disse vir elke geleentheid. ‘n Afdeling met resepte vir die kosse en versnaperings bevat praktiese raad oor berging en raklewe, waar toepaslik. Die bedoeling is dat elke voorbeeld dien as ‘n vertrekpunt om aan jou eie kreatiwiteit vlerke te gee. Die groot reël is: daar is geen reëls nie!

  • ab-afr

    AB: Die Outobiografie – AB de Villiers

    0 out of 5
    R350.00

    AB de Villiers is sonder twyfel een van die beste kolwers wat krieket nog ooit opgelewer het, maar sy prestasies strek veel verder as sy ongelooflike arsenaal dryf-, trek-, skep-, kap- en veeghoue. Of hy nou die tuisskares by die Wanderers of Nuweland laat jubel, of in Bengaluru of Sydney nuwe rekords opstel, die vriendelike krieketheld speel ‘n vreeslose, vurige spel wat miljoene Suid-Afrikaners trots maak en altyd ‘n positiewe beeld van sy land uitstraal.

  • Banting Oplossing

    Die Banting-Oplossing – Bernadine Douglas & Bridgette Allan

    0 out of 5
    R220.00

    Uiteindelik! ’n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord en ‘n oplossing bied vir permanente gewigsverlies.

  • Die Boereoorlog

    Die Boereoorlog – Martin Bossenbroek

    0 out of 5
    R280.00

    Hier is nog ‘n uitmuntende toevoeging tot die versameling ABO-boeke in ons kultuurskat. Nederland het al die jare groot samehorigheid en kulturele steun aan Suid-Afrika gebied, dus is dit geen verrassing dat ‘n Nederlander nou ‘n boek oor die oorlog geskryf het nie.Vir die eerste keer vind ons ook die Nederlandse perspektief in ‘n ABO-boek. Drie individue se dagboeke, verslae, briewe en herinneringe tydens en ná die Oorlog is deur Bossenbroek kundig aanmekaargevleg om ‘n besonder deeglike, omvattende geheelbeeld van die oorlog te gee. Dié drie is Winston Churchill (toe ‘n Engelse oorlogskorrespondent), Deneys Reitz (Afrikaner-kommandolid wie se trilogie reeds wyd bekend is in die ABO-literatuur), en Willem Leyds, Nederlandse regsgeleerde wat in 1884 deur president Kruger as staatsprokureur aangestel is. Die Afrikaanse vertaling deur Anne-Marie Mischke is puik.

  • Elders

    Elders – my 1025 km te voet langs die Camino – Erns Grundling

    0 out of 5
    R257.00

    Erns Grundling, joernalis by die buitelug-tydskrif Weg, se staptog langs die gewilde pelgrimsroete, die Camino, word weergegee met spontaneïteit en ‘n verfrissende gebrek aan vertoon. Met sy vertrek is Erns “die platoorste haas op die lughawe”, gejaagd en nog nie klaar met sy laaste artikel nie.

  • emily-hobhouse

    Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier – Elsabe Brits

    0 out of 5
    R324.00

    Die veelbekroonde wetenskapjoernalis Elsabé Brits se belangstelling in Emily Hobhouse het haar gelei na die enigste oorlewende Hobhouse-afstammeling in Kanada, waar sy ‘n “skatkis” gevind het: briewe, dagboeke en plakboeke deur Emily geskryf. Dit het gelei tot die verskyning van hierdie prag-biografie, met inligting en foto’s wat nooit vroeër gepubliseer was nie.

  • Geheime Revolusie

    Geheime Revolusie – Niel Barnard

    0 out of 5
    R250.00

    Die afgelope maand het twee biografiese werke oor figure wat ‘n rol agter die skerms gespeel het in die Nasionalistiese bedeling, hul verskyning gemaak. Eugene de Kock – Sluipmoordenaar van die Staat deur Annemarie Jansen (R253) is ‘n deeglike en menslike verslag van dié omstrede man se lewe en die bestel wat van hom ‘n moordenaar en folteraar gemaak het. Dan is daar Niël Barnard se outobiografiese Geheime Revolusie – Memoires van ‘n Spioenbaas (R253) waarin hy die sluier lig oor die lewe en werk van Nasionale Intelligensielede in die tagtigerjare.

  • Goeiemore, Mnr Mandela

    Goeiemore, Mnr Mandela deur Zelda la Grange

    0 out of 5
    R295.00

    Zelda la Grange het grootgeword as ’n ondersteuner van die reëls wat wit en swart skei. En tog sou sy een van die mense word op wie Nelson Mandela die swaarste steun in die vervulling van sy lewenstaak. Sy deel nou sy inspirerende gawes aan haar met die wêreld.

  • Hartstories

    Hartstories deur Amore Bekker

    0 out of 5
    R195.00

    Daar is soveel in ons land om oor bly te wees – ja, regtig! Amore Bekker van RSG het luisteraars van Tjailatyd gevra om hul saamrystories met haar te deel. Die reaksie was oorweldigend; vertellings uit die hart en pen van Suid-Afrikaners. Die stories kom van oraloor – uit Ysland en Texas, uit die Karoo en selfs uit die tronk. Mense beskryf hul daaglikse reis met dinge soos trauma en verlies, hoop, vriendskap, welwillendheid. Hier is stories oor Delila en oor droogte en oor sagopoeding. Sommiges wek meegevoel en deernis, maar die meeste skyn die kollig op dinge wat vreugde bring en jou dankbaar laat vir die talle goeie dinge op ons lewensreis.

  • historikus

    Historikus: ‘n Outobiografie – Hermann Giliomee

    0 out of 5
    R380.00

    As uitgesproke kommenatator wat voor en na 1994 met die regering gebots het, een van die Dakar-gangers wat al in die 1980s die ANC gaan ontmoet het en wereldkenner van die Afrikaners.

  • hoe-verklaar-jy-dit

    Hoe Verklaar Jy Dit? – Danny Fourie

    0 out of 5
    R220.00

    Die meeste van ons het wetenskap- en biologie-verwante vrae soos hoe Teflon aan ‘n pan se binnekant vasgesit word, of voëls agteruit kan vlieg, hoe ‘n vliegtuig se vlerke hom in die lug hou, hoekom mens jouself nie kan kielie nie, ensovoorts.

  • Kokkedoor 2

    Kokkedoor 2 deur Errieda Du Toit

    0 out of 5
    R265.00

    Kokkedoor 2 is the cookbook for the second season of the reality TV cooking programme by the same name. It is packed with delectable and nostalgic recipes, as well as a peek behind the scenes to get to know the contestants and judges.