1795

1795 – Dan Sleigh

R320.00

Sleigh sluit sy skrywersloopbaan af met hierdie meesterwerk wat handel oor die laaste maande aan die Kaap onder die bewind van die VOC. William van Oudshoorn, seun van ‘n goewerneur en erfgenaam van voorspoed, staan voor ‘n waterskeiding in sy lewe.

View Detail
Compare
SKU: 9780624073307 Categories: ,

Product Description

Sleigh sluit sy skrywersloopbaan af met hierdie meesterwerk wat handel oor die laaste maande aan die Kaap onder die bewind van die VOC. William van Oudshoorn, seun van ‘n goewerneur en erfgenaam van voorspoed, staan voor ‘n waterskeiding in sy lewe. Die Engelse vloot lê in Simonsbaai gereed om die Kaap in te val, maar goewerneur Sluysken en die bevelvoerder van die leër van die huis van Oranje, kolonel Gordon, doen geen voorbereidings om die Kaap te verdedig nie. In sy ywer en pligsgetrouheid loop William hom magteloos vas teen die muur van onbetrokkenheid van die hoër lui. Hy vereenselwig hom toenemend met die burgers omdat sy hart, soos hulle s’n, klop vir hierdie land. Dit kom hom duur te staan. Dan Sleigh het weereens die geskiedenis lewend gemaak met sy vaardige uitwysing van universele kwessies wat die mens se lot bepaal. Hierdie is ‘n boek vir die fynproewers.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “1795 – Dan Sleigh”