Aankoms En Vertrek

Aankoms En Vertrek – Pat Stamatélos

R230.00

Stamatélos se nuutste boek sal haar lesers nie teleurstel nie. Sy het ‘n kenmerkende styl waarmee sy ‘n ligte aanslag gebruik om ernstige lewenskwessies in die kollig te plaas. Hierdie verhaal handel grootliks oor ‘n broer en suster wat nie net hul eie spoke konfronteer nie, maar ook met mekaar moet vrede maak.

View Detail
Compare
SKU: 9781415210208 Categories: ,

Product Description

Stamatélos se nuutste boek sal haar lesers nie teleurstel nie. Sy het ‘n kenmerkende styl waarmee sy ‘n ligte aanslag gebruik om ernstige lewenskwessies in die kollig te plaas. Hierdie verhaal handel grootliks oor ‘n broer en suster wat nie net hul eie spoke konfronteer nie, maar ook met mekaar moet vrede maak. Bailey keer sewe maande nadat haar ouers wreed vermoor is, terug uit Engeland, waar sy al ses jaar woon, na Suid-Afrika. Sy was op wittebrood toe haar ouers dood is en haar opvlieënde broer, Zak, verwyt haar dat sy nie vir die begrafnis teruggekom het Suid-Afrika toe nie. By die huis vind sy dat Temperance steeds daar woon en soos altyd getrou na die huis omsien terwyl sy ‘n las van haar eie het om te dra. Bailey en haar kinderliefde, Adam, het ook onopgeloste kwessies. En dan is daar die groot vraag: hoekom het haar pa daardie onheilsnag geweier om die kluis oop te maak?

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Aankoms En Vertrek – Pat Stamatélos”