Bergengel 9781485307501

Die Bergengel – Carina Stander

R220.00

Fantasie en wetenskapfiksie is nie volop in die Afrikaanse volwasse literatuur nie.

View Detail
Compare
SKU: 9781485307501 Categories: ,

Product Description

Fantasie en wetenskapfiksie is nie volop in die Afrikaanse volwasse literatuur nie. Daarom is dié roman enig in sy soort: fantasie (kompleet met ‘n wêreld wat spesiaal geskep is vir die karakters om te bewoon), simboliek en allegorie word met vaardigheid gekombineer binne die raamwerk van ‘n reisverhaal-cum-bildungsroman. Eron is die enigste seun van klokmaker Gibor en sy vrou Alida, voorbeeldige burgers van die land Gabriëllië. Gibor is Eron se held, maar op ‘n dag kruis Eron se pad met die Bluffer, wat hom met die onaangename besef laat dat hy ‘n lafaard en ‘n verraaier is. Gibor sien dit ook, en neem sy seun op ‘n reis deur Gabriëllië om van hom ‘n man te maak. Maar die vuurbehepte, ontstellende Bluffer bly op sy spoor, ‘n bedreiging vir sy lewe. Op sy reis leer Eron groot lewenslesse en besef dat daar tog waarheid steek in die mite van die Bergengel wat die mense van die land van Vuurstorms red. Die poetiese, mistieke roman sal ‘n mens lank bybly.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Bergengel – Carina Stander”