Product Description
Jean-Pierre de Kock slaag met sy debuutroman daarin om geheimsinnigheid te skep rondom ’n gegewe wat normaalweg bloot vervelig is. Die karakter Lennert Loots word voor die leser oopgevlek – elke gedagte, handeling en emosie word blootgelê – en tog bly hy jou ontwyk. Lennert woon alleen op ’n kleinhoewe. Hy verkies stilte en verpes die lawaaierige, morsige gaste wat in sy akkommodasie kom oorbly. Maar hy het nie ’n keuse nie – sy daggaboerderytjie bring ook net soveel in, en dié verg juis soveel toewyding. Dvorak is sy toevlug. Met sy pa en sy broer het hy nie ’n watwonderse verhouding nie. Hy verlang dikwels na sy eks-meisie, maar hul verhouding het nou eenmaal nie uitgewerk nie. Die enigste ding aan hom wat nie verskimmeld is nie, is sy kaftans. Hoekom het Lennert, ’n jong man in sy fleur met ’n goeie werk, ’n meisie en ’n standvastige lewe, alles verruil vir ’n kluisenaarsbestaan?
Reviews
There are no reviews yet.