Diepblou See

Die Diepblou See – Francois Loots

R235.00

Francois Loots se nuutste boek handel oor Jan Hendrik (“Jannie”) Hofmeyr (1894-1948), ‘n briljante, hardwerkende, produktiewe en liberale akademikus/politikus wat onder andere in Jan Smuts se kabinet gedien het. Loots se kenmerkende manier om feit en mitologie te vermeng is reeds van die eerste hoofstuk af te sien, waar die tweejarige Jannie se ernstige siekbed en herstel direk gekoppel word aan godsdiens en die koningin van die see.

View Detail
Compare
SKU: 9781415209530 Categories: ,

Product Description

Francois Loots se nuutste boek handel oor Jan Hendrik (“Jannie”) Hofmeyr (1894-1948), ‘n briljante, hardwerkende, produktiewe en liberale akademikus/politikus wat onder andere in Jan Smuts se kabinet gedien het. Loots se kenmerkende manier om feit en mitologie te vermeng is reeds van die eerste hoofstuk af te sien, waar die tweejarige Jannie se ernstige siekbed en herstel direk gekoppel word aan godsdiens en die koningin van die see. Loots gebruik die beelde van die see en water deurgaans, vermeng met inheemse mitologie en ander meer konkrete beelde, soos die skeiding wat mure en die poorte wat in hulle is, bring. Hoewel die roman Jannie Hofmeyr se lewe ruweg verdeel in twee: die vroeëre en die latere, is die klem op die gedagtes, drome en vrese van die karakters en spruit die historiese gebeure daaruit – nie noodwendig chronologies nie. Dis ideale leesstof vir diegene wat daarvan hou om metafoor te ondersoek en verwysings te verbind – nadat hulle die geskiedenis gaan oplees het.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Diepblou See – Francois Loots”