Hond Wat Ophou Blaf Het

Die Hond Wat Ophou Blaf Het – Jo Nel

R250.00

Diegene wat hou van bloed en derms sal hierdie hoogspanningsverhaal verslind. Die tandarts Izak Hugo haat sy werk. Hy sien gewelddadige visioene van hoe hy sy kermende pasiënte vir ewig kan stilmaak.

View Detail
Compare
SKU: 9781415209301 Categories: , ,

Product Description

Diegene wat hou van bloed en derms sal hierdie hoogspanningsverhaal verslind. Die tandarts Izak Hugo haat sy werk. Hy sien gewelddadige visioene van hoe hy sy kermende pasiënte vir ewig kan stilmaak. Daarby kry hy kommerwekkende “aanvalle” van geheueverlies – ure waarvan hy niks onthou nie. Wanneer hy dus een oggend na ’n partytjie by sy vriend Johan se huis Johan se poedel in sy voertuig kry – verwurg – vrees hy onmiddellik dat hy die gewelddaad gepleeg het. Dan hoor hy ’n jong bendelid is dieselfde aand wreedaardig in ’n park naby Johan se huis vermoor. Skielik word hy ook geteister deur skynbaar wraaksugtige jong seuns. Izak se lewe verander binne ’n paar dae in ’n nagmerrie waarby sy vriende betrek word en hulle vlug vir hul lewens, meedoënloos gejag deur ’n gesiglose monster.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Hond Wat Ophou Blaf Het – Jo Nel”