Laksman Se Dogter

Die Laksman se Dogter – Gerda Taljaard

R230.00

Hoe verwerk ‘n ma haar dogter se dood? Taljaard neem die leser op ‘n onthutsende reis saam met ‘n ma wat haar dogter twee keer verloor het; eers aan dwelms en daarna aan die dood. Die dogter was ‘n openbare figuur, ‘n rock-ster.

View Detail
Compare

Product Description

Hoe verwerk ‘n ma haar dogter se dood? Taljaard neem die leser op ‘n onthutsende reis saam met ‘n ma wat haar dogter twee keer verloor het; eers aan dwelms en daarna aan die dood. Die dogter was ‘n openbare figuur, ‘n rock-ster. Die media se uitbeelding en die aanhangers se malle aanbidding word in skerp kontras gestel met die ma se ervaring van ‘n dogter wat van kleins af aweregs was. Die skreiende lewe saam met ‘n heroiënverslaafde ruk aan die hart. Taljaard lê die verhouding bloot asof sy ‘n legkaart bou. Tekortkominge, skuld en onvermoë word blootgelê. En hoop op absolusie word gebied wanneer ‘n kleindogter total onverwags haar opwagting maak. Hierdie verhaal is een van die sprekendste onthullings van verhoudings wat ek nog gelees het. Dit het my meegesleur met sy egtheid en die meesterlike wyse waarop die verhaal aangebied word.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Laksman se Dogter – Gerda Taljaard”