Rooikop En Die Redakteur

Die Rooikop En Die Redakteur – André P. Brink

R240.00

André P Brink is een van die skrywers wat Afrikaans “op die map” geplaas het. Hy het bekendheid verwerf as een van die Sestigers, ’n groep Afrikaanse protesskrywers wat hulle onder andere teen apartheid beywer het.

View Detail
Compare
SKU: 9780798177023 Categories: , ,

Product Description

André P Brink is een van die skrywers wat Afrikaans “op die map” geplaas het. Hy het bekendheid verwerf as een van die Sestigers, ’n groep Afrikaanse protesskrywers wat hulle onder andere teen apartheid beywer het. Beroemd in vele wêreldlande en vertaal in meer as 30 tale, word hy as ’n ernstige skrywer gereken. Met die publikasie van Die Rooikop en die Redakteur besef mens verbaas dat hy ook op ’n tyd liefdesverhale vir tydskrifte geskryf het. Wat styl, inhoud en aanbieding betref, plaas die stories die leser stewig in die laat vyftigs. Vir die hedendaagse leser gewoond aan die loslit styl van ons tyd, sal die formaliliteit en “ordentlikheid” van die era veral opval. Of dit nou ’n herinnering aan vervloeë tye is vir die ouer leser, of ’n nuutjie vir die jonges, ’n verhaal uit die bundel is net die ding om tien of vyftien minute mee te verwyl.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Rooikop En Die Redakteur – André P. Brink”