Rooitamatie Storie

Die Rooitamatie Storie – Renette Vosloo

R394.00

Renette se sprankelende persoonlikheid straal uit elke bladsy van hierdie boek. Die gewilde Ontbytsake-sjef en Kokkedoorfinalis se resepte-cum-memoir roep ’n helder prentjie van die sewentigerjare op.

View Detail
Compare
SKU: 9780620773331 Categories: ,

Product Description

Renette se sprankelende persoonlikheid straal uit elke bladsy van hierdie boek. Die gewilde Ontbytsake-sjef en Kokkedoorfinalis se resepte-cum-memoir roep ’n helder prentjie van die sewentigerjare op. Heldergroen kool (danksy koeksoda), mielieblom-melkkos, die alombekende drie-“kondimente”-marinade vir braaivis, gebakte Alaska, Wilsontoffie-roomyssous – en daardie groot treffer, ’n uiesopbroodjie gemaak met karringmelk of bier… Maar die lewe stap aan en die resepte ontwikkel saam met die jare, sodat ook camembert burger, varkvleisrafels, hoender bastille, pampoen gnocchi met beesskenkel ragu, en gerookte salm en vinkel roomkaaskoek op die spyskaart verskyn. Renette se resepte is interessant, kreatief en vars. Haar lewensverhaal, wat sy vertel in ’n styl wat ek  “gedigtestroom” wil noem, is ’n wipplankreis. Die geheel is ’n boek waaruit ’n mens baie variasies van genot sal put. Renette en haar man woon tans in Pretoria, waar hulle gaste by ’n feestafel kan aansit by Rooitamatie, hul gastehuis en restaurant.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Rooitamatie Storie – Renette Vosloo”