Tragies Saak Van Pamina Vermaak

Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak – Annie Klopper

R245.00

Een blik op die pienk-en-blou buiteblad van dié roman is genoeg om jou te laat besef dis nie ’n storie wat ernstig opgeneem moet word nie. Dis ’n vrolike, hip liefdestorie, gemik op die jonger leser wat die vermaaklikheidswêreld ken en gemaklik is met kru taal.

View Detail
Compare
SKU: 9780795708701 Categories: ,

Product Description

Een blik op die pienk-en-blou buiteblad van dié roman is genoeg om jou te laat besef dis nie ’n storie wat ernstig opgeneem moet word nie. Dis ’n vrolike, hip liefdestorie, gemik op die jonger leser wat die vermaaklikheidswêreld ken en gemaklik is met kru taal. Pamina is die argetipe heldin (lees: ‘vurig’ en ‘selfstandig’) wat by haar ma-hulle gaan heenkome soek (op ’n piepklein Weskusdorpie, natuurlik) nadat sy haar werk kwyt is (lees: haar werkgewer liederlik gevloek het). En die held is…. (drum roll)… die sangsensasie Wolf de Jager! Hy’s sy verloofde kwyt en moet sy emosionele balans herwin. Hy beland (natuurlik) op dieselfde piepklein Weskusdorpie. Die res is geskiedenis. Daar is ’n bonus: Fokofpolisiekar maak ook hul draai in die storie (vriende van Wolf, natuurlik) en ’n dubbelbonus: Wolf se trefferliedjie, Tyd om eerlik te wees, is spesiaal deur Hunter Kennedy, Frederick den Hartog en Laudo Liebenberg vir dié boek geskryf.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak – Annie Klopper”