Product Description
Die gebeure in hierdie roman strek oor sowat veertig jaar en speel af teen die agtergrond van die militante en politieke kwessies in Suid-Afrika. Koos Joubert werk vir die Suid-Afrikaanse Intelligensiediens tydens die apartheidsera. Sy pad kruis telkemale met die van Xolisa (Peter) Ndlela, ’n dubbelagent, tydens sleutelgebeure in die land se politiek. Koos is onseker waarom hy aanhou werk vir Wachthuis. Onderskryf hy werklik die regering se beleid? Is hy net te lamsakkig om sy eie paadjie in te slaan of is hy die naam “spioen” werd? Naby die einde van sy loopbaan word hy wreed ontnugter, maar dis eers jare later dat hy die geleentheid vind om iets te doen waarvoor hy bereid is om die verantwoordelikheid te dra. Die roman ondersoek lojaliteit en moraliteit in die milieu van die politiek. Dit is weldeurdag, deeglik nagevors en spreek tot die leser op verskillende vlakke.
Reviews
There are no reviews yet.