Ingrid Jonker n Biografie

Ingrid Jonker – ’n Biografie – Petrovna Metelerkamp

R300.00

Hierdie volledige biografie volg vyftien jaar na Metelerkamp se eerste boek oor Ingrid Jonker, Beeld van ’n digterslewe. Ingrid se lewe en werk het die kollektiewe verbeelding aangegryp, veral nadat oudpresident Nelson Mandela een van haar gedigte voorgelees het tydens sy inhuldiging.

View Detail
Compare
SKU: 9781415209363 Categories: , ,

Product Description

Hierdie volledige biografie volg vyftien jaar na Metelerkamp se eerste boek oor Ingrid Jonker, Beeld van ’n digterslewe. Ingrid se lewe en werk het die kollektiewe verbeelding aangegryp, veral nadat oudpresident Nelson Mandela een van haar gedigte voorgelees het tydens sy inhuldiging. Deur die jare het die tragiek van haar klaarblyklike selfdood, tesame met haar politieke sieninge en haar onkonvensionele liefdeslewe, ekstra dimensie verleen aan haar digwerk. Metelerkamp gee ’n deeglike verslag van Ingrid se lewe en wy ’n goeie stuk aan die rol wat haar kinderjare in die vorming van haar persoonlikheid kon gespeel het. Metelerkamp vermy dit grootliks om gevolgtrekkings te maak oor wat haar bronne sê; dit laat sy meestal aan die leser oor. Sy beskryf wel dikwels die bron – en rus die leser só toe om die aard van die inligting te beoordeel. Volgepak met herinneringe en staaltjies, gee die biografie dimensie aan die mens wat Ingrid Jonker was.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ingrid Jonker – ’n Biografie – Petrovna Metelerkamp”