Isabella

Isabella – Mariël le Roux

R280.00

Soos Klara, vertel Isabella die lewensverhaal van die tragiese uitdagings in die lewe van ‘n gewone vrou. Isabella ontmoet haar man in haar eerste jaar op Stellenbosch en gee haar verpleegstudies prys om hul getroude lewe saam met hom op ‘n Noord-Kaapse myndorp te slyt.

View Detail
Compare
SKU: 9780624081371 Categories: , ,

Product Description

Soos Klara, vertel Isabella die lewensverhaal van die tragiese uitdagings in die lewe van ‘n gewone vrou. Isabella ontmoet haar man in haar eerste jaar op Stellenbosch en gee haar verpleegstudies prys om hul getroude lewe saam met hom op ‘n Noord-Kaapse myndorp te slyt. Sy is egter die produk van ‘n gebrekkige en bisarre gesinslewe en emosioneel afgestomp. Slegs een persoon het haar daarop gewys, en haar gewaarsku dat sy ‘n ‘goeie vertoning’ van medelye sal moet handhaaf om in die verplegingsberoep te slaag. Kort na die geboorte van haar dogtertjie, word sy die slagoffer van ‘n sielkundige siekte. Sy herstel, maar haar hele lewe lank hang dit soos ‘n swaard oor haar kop: in haar is die potensiaal om haar gesin se grootste vyand te wees. Le Roux se uitbeelding van ‘n kleindorpse samelewing met al die eksentrieke en ook die saamstaan van die inwoners verleen trefkrag aan haar vertelling. Sy ken die kuns om oor die vrou, vir die vrou te skryf.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Isabella – Mariël le Roux”