Johanna

Johanna – Cas Wepener

R195.00

In Johanna ontgin Cas Wepener onder andere die sielkundige prosesse rondom die dood en die aard van verhoudings, hetsy vriendskap, liefde of familiebande. Die titelkarakter self verskyn slegs in die eerste hoofstuk; haar lewe word uitgebeeld soos ’n legkaart waar elke stukkie die perspektief is van iemand wat haar geken het. Soos haar karakter ontvou, besef mens dat elkeen in haar lewe ‘n ander dimensie van haar gesien het.

View Detail
Compare
SKU: 9781485307907 Categories: ,

Product Description

In Johanna ontgin Cas Wepener onder andere die sielkundige prosesse rondom die dood en die aard van verhoudings, hetsy vriendskap, liefde of familiebande. Die titelkarakter self verskyn slegs in die eerste hoofstuk; haar lewe word uitgebeeld soos ’n legkaart waar elke stukkie die perspektief is van iemand wat haar geken het. Soos haar karakter ontvou, besef mens dat elkeen in haar lewe ‘n ander dimensie van haar gesien het. Was Johanna bloot ’n briljante maar ietwat “verdagte” oujongnooi, of ’n snobistiese, wit ouvrou met ’n skeut rassisme, of ’n baie intelligente en belese mens wat van gedigte en rituele hou? Die voltooide legkaart wys hoe ’n enkele traumatiese gebeurtenis ’n borrelende jong kind verander in iemand wat lewenslank onseker is van haar identiteit en haar waarde, soveel so dat, na haar dood, haar geliefde self ’n ontdekkingsreis onderneem om haar volledig te leer ken.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Johanna – Cas Wepener”