Kantelpunt

Kantelpunt – Sophia Kapp

R315.00

Die rol en plek van die vrou in die samelewing is ’n onderwerp waaroor baie gesprek, protes en bewusmakingsveldtogte plaasvind.

View Detail
Compare
SKU: 9780799390919 Categories: ,

Product Description

Die rol en plek van die vrou in die samelewing is ’n onderwerp waaroor baie gesprek, protes en bewusmakingsveldtogte plaasvind. Sophia Kapp voeg haar stem by die koor met hierdie wel deurdagte en uiters tersaaklike roman, en dis ’n stem waarvoor jy gerus jou ore kan spits. Die hoofkarakter, Nellie, is ’n vyftigjarige vrou, getroud en ma van drie. Sy vervul onder andere ook die rolle van onderwyseres en dogter van ’n bejaarde pa met Alzheimers. In haar huwelik is sy die slagoffer van emosionele mishandeling. Maar Nellie het nou genoeg gehad. Sy begin standpunt inneem en op haar eie voete staan. Die skrywer gebruik deurgaans ’n rykdom van aanhalings wat verdere lig op die komplekse omstandighede werp. Nellie se verhaal – so uniek en tog so algemeen – is met fyn insig en empatie geskryf.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kantelpunt – Sophia Kapp”