Karaktermoord

Karaktermoord – Carina Diedericks-Hugo

R230.00

Carina Diedericks-Hugo is bekend vir die Thomas@ jeugspeurverhale, maar die leser moet nie om dié rede in Karaktermoord ’n eenvoudige of kinderlike vertelling verwag nie.

View Detail
Compare
SKU: 9781415210178 Categories: , ,

Product Description

Carina Diedericks-Hugo is bekend vir die Thomas@ jeugspeurverhale, maar die leser moet nie om dié rede in Karaktermoord ’n eenvoudige of kinderlike vertelling verwag nie. Karaktermoord is ’n volwasse spanningsverhaal wat uit die staanspoor die kollig werp op die swakhede van die karakters. ’n Goeie vier of vyf verskillende mans word kortliks bekendgestel, wat aanvanklik die indruk van onsamehangendheid skep. Dan besef die leser egter daar is ’n gemeenskaplike faktor in dié mans se lewens: die femme fatale Anna Neethling. Anna se uitgewer, Malan Sinclair, kom in die polisie se visier wanneer Anna verdwyn, want hy en Anna het kort tevore ’n hewige rusie gehad. Met ’n persoonlike lewe waarvan die nate alreeds begin lostrek het, is hierdie die begin van die einde vir Malan. Die verhaal hou jou teen wil en dank gevange met ’n byna morbiede fassinasie: wat, presies, is die gebeurtenis wat dié mense saambind?

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Karaktermoord – Carina Diedericks-Hugo”