Kostalgie-Barbara-Joubert

Kostalgie — Barbara Joubert

R453.00

Kosboeke is deesdae net soveel koffietafel- as resepteboeke, en hierdie pragstuk is ‘n uitstekende voorbeeld hiervan. Die groot hardebandboek met die lieflike  geëmbosseerde borduur-buiteblad maak ‘n mens se knieë lam. Die foto’s binne-in verplaas ‘n mens in ‘n ander wêreld. Barbara het as kosredakteur van SARIE al baie gereis en uiteraard baie geure beleef.

View Detail
Compare

Product Description

Kosboeke is deesdae net soveel koffietafel- as resepteboeke, en hierdie pragstuk is ‘n uitstekende voorbeeld hiervan. Die groot hardebandboek met die lieflike  geëmbosseerde borduur-buiteblad maak ‘n mens se knieë lam. Die foto’s binne-in verplaas ‘n mens in ‘n ander wêreld. Barbara het as kosredakteur van SARIE al baie gereis en uiteraard baie geure beleef. Sy deel haar gunstelinge met ons – visresepte uit Portugal, eend en kwartels uit Frankryk, pasteie uit Engeland, pastageregte uit Italië, kebabs en baklava uit Turkye, Maleise invloede met kreef, snoek en krap uit Afrika, noem maar op. Soos mens kan verwag van iemand wat jare se ervaring het in die kosbedryf, het Barbara haar eie styl ontwikkel. Sy maak geen geheim daarvan dat baie van die resepte haar eie weergawe van die tradisionele een is nie; trouens, hierdie boek bevat die nostalgiese geure van háár lewe.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kostalgie — Barbara Joubert”