Laatoes – Kykweer van ’n kanniedood-koerantman

Laatoes – Kykweer van ’n Kanniedood – Koerantman – Hennie van Deventer

R194.00

Van Deventer het diep spore in die joernalistiekwêreld getrap, onder meer as redakteur van Die Volksblad en  uitvoerende hoof van koerante by Naspers.

View Detail
Compare
SKU: 9780928316995 Categories: ,

Product Description

Van Deventer het diep spore in die joernalistiekwêreld getrap, onder meer as redakteur van Die Volksblad en  uitvoerende hoof van koerante by Naspers. In die ongeveer twintig jaar sedert sy aftrede kon hy weer met mening begin skryf. Laatoes is geneem uit sy pennevrug in hierdie tyd: talle bydraes vir koerante, dagblaaie, blogs, Litnet en Netwerk24. Die onderwerpe is uiteenlopend. Herinnerings by herdenkings van groot gebeure soos die moord op Verwoerd en die Soweto-opstand kry ’n onverwagse invalshoek, terwyl nostalgie die “afsterwe” van Sapa, herdenkingsgeleenthede en eerbewyse aan afgestorwe medejoernaliste kenmerk. Dan is daar natuurlik ook die baie ernstige sake, soos die Bokke se neerlaag teen die All Blacks en sy vrou se sewentigste verjaardag. Die verrassende (of dalk nie?) ervarings met diere in die Krugerwildtuin sorg vir baie vermaak. Luiperds in hul erf, ratels op die stoep, vlakvarke in die kerk… Laatoes is ’n heerlike bundel.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Laatoes – Kykweer van ’n Kanniedood – Koerantman – Hennie van Deventer”