Medusa

Medusa – Rudie van Rensburg

R275.00

’n Ma en twee kinders word uit hul huis ontvoer. Hoewel dit die soveelste kinderontvoering in die Kaapse skiereiland in die afgelope 13 jaar is, neem die nuutste ontvoerings meer onheilspellende afmetings aan – meer en meer word kinders uit gegoede buurte ontvoer, en hierdie is die derde geval waar die ma saam met die kinders verdwyn.

View Detail
Compare
SKU: 9780795801839 Categories: , ,

Product Description

’n Ma en twee kinders word uit hul huis ontvoer. Hoewel dit die soveelste kinderontvoering in die Kaapse skiereiland in die afgelope 13 jaar is, neem die nuutste ontvoerings meer onheilspellende afmetings aan – meer en meer word kinders uit gegoede buurte ontvoer, en hierdie is die derde geval waar die ma saam met die kinders verdwyn. Wanneer die saak aan kaptein Kassie Kasselman van die Spesiale Spookeenheid toegewys word, kan hy nie droom dat dit ’n krisispunt in sy lewe sou bring nie. Dis die eerste keer dat ’n saak hom só emosioneel betrek dat hy nie die objektiwiteit kan behou wat so noodsaaklik is in sy beroep nie. Want die tentakels van die ontvoerdersnetwerk wriemel soos boosaardige slange deur die dieptes van die Dark Web, met elke giftong ’n ander afskuwelike gedaante. Die boek bring die wrede werklikheid tuis op ’n manier wat niemand onaangeraak sal laat nie.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Medusa – Rudie van Rensburg”