n Luiperd In My Bed

‘n Luiperd In My Bed – Annelize Slabbert

R260.00

‘Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van ’n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir ’n modderbad.’

View Detail
Compare
SKU: 9780624082354 Categories: , ,

Product Description

Hoe bewaarheid ’n mens die lewensdroom om “bos” te gaan? Wel, in die Slabberts se geval gaan jy deur ’n leerskool van herhaalde pogings, herhaalde mislukkings, vasbyt, opoffer en verduur. Annelize, ’n joernalis, en haar man Gerard, ’n apteker, het na ’n paar mislukte pogings vastrapplek vir hul voete gekry op ’n wildplaas met ’n lodge in Deception Valley in Botswana. As jy ’n lodge bedryf  en jy moet 180 km met ’n tweespoor-sandpad ry na die naaste groterige dorp (Maun), maak jy groot aanpassings. Maar jou daaglikse lewe is een groot avontuur. Petaljes met gaste, die Boesman-personeel en wilde diere is die orde van die dag. Annelize se vertelling is vermaaklik, vol staaltjies wat jou mond laat oophang en jou laat besef wat “agter die skerms” moet gebeur om oorsese gaste se drome van ’n Afrika-wildavontuur te bewaarheid. Vir die ekstra lekker het sy ook Afrika-resepte ingesluit.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “‘n Luiperd In My Bed – Annelize Slabbert”