n-Tafel-vir-Elke-Geleentheid

‘n Tafel vir Elke Geleentheid deur Fransie Snyman, Katrien van Zyl & Wilsia Metz

R275.00

As jy lief is om voluit te gaan wanneer jy onthaal, of as dit jou droom is om ‘n geleentheidsmaatskappy te bedryf, kan jy hierdie boek gerus op jou boekrak hou. Die samestellers het moeite gedoen om elke aspek van onthaal te dek: van die beplanning en voorbereiding van die kos tot breekgoed en linne, musiek en gastegeskenkies. Dit is vol foto’s van gedekte tafels vir elke denkbare geleentheid wat gevier kan word (‘n volle vyf-en-twintig van hulle!) Die foto’s is vergesel van voorstelle en wenke om jou tafel uniek te maak . Hier is aanbevelings vir kleurskemas, blomme en ander tafelversierings asook gepaste disse vir elke geleentheid. ‘n Afdeling met resepte vir die kosse en versnaperings bevat praktiese raad oor berging en raklewe, waar toepaslik. Die bedoeling is dat elke voorbeeld dien as ‘n vertrekpunt om aan jou eie kreatiwiteit vlerke te gee. Die groot reël is: daar is geen reëls nie!

View Detail
Compare
SKU: 9781928201663 Categories: , , ,

Product Description

Dit bevat volledige planne met tafelversierings, blomme en alles anders wat nodig is om tafels vir 25 verskillende geleenthede te dek, asook meer as 50 watertandlekker resepte en aanwysings om tafelelemente soos servetringe, naamkaartjies, plekmatjies, geskenkboksies en ander dekoratiewe bykomstighede te maak. Praktiese inligting oor basiese beplanning, van die samestelling van inspirasieborde en idees vir ongewone onderborde tot die uitsoek van musiek en die volmaakte gasgeskenk, word aangevul deur uitgebreide fotobyskrifte wat die leser vertel hoe om alles na te doen. Die resepte is in ‘n afsonderlike afdeling, gevolg deur aanwysings en patrone vir selfdoenprojekte wat nie volledig in die byskrifte gedek kon word nie. Daar is ook ‘n oorvloed wenke en voorstelle vir eenvoudige aanbiedingstegnieke, die skedulering van take sodat jy die geleentheid saam met jou gaste kan geniet, en maniere om jou persoonlike stempel op alles af te druk.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “‘n Tafel vir Elke Geleentheid deur Fransie Snyman, Katrien van Zyl & Wilsia Metz”