Op Pad

Op Pad – Dana Snyman

R254.00

Ek “reis” graag saam met Dana deur ons land. Ek sien wat hy sien, want hy ken die kuns om te beskryf. Hierdie keer vergesel ‘n kameraspan hom op sy reis, want hulle verfilm vir die reeks Via (wat tans op DSTV uitgesaai word).

View Detail
Compare
SKU: 9780624077176 Categories: ,

Product Description

Ek “reis” graag saam met Dana deur ons land. Ek sien wat hy sien, want hy ken die kuns om te beskryf. Hierdie keer vergesel ‘n kameraspan hom op sy reis, want hulle verfilm vir die reeks Via (wat tans op DSTV uitgesaai word). Maar die kamera sê nie vir jou wat Dana dink en voel terwyl hy al die plekke besoek en met die mense gesels nie. Die boek wel. “Het jy hoop vir die land?” vra Dana vir elkeen – dié met die stukkende skoene, die familielede van misdaadslagoffers en van misdadigers, bekendes en die man op straat. Waar hy kom, sien hy die verval van infrastruktuur. Hy bedink die kultuur waarin dit opgerig is – die kultuur wat hom gevorm het. Die besef lê swaar: wat ons geleer is, het ons nie toegerus vir ons huidige omstandighede nie. Het hyself hoop vir die land?? Dana se reise is, soos altyd, veel meer as ‘n besigtigingstoer.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Op Pad – Dana Snyman”