Seun

Seun – Neil Sonnekus

R240.00

Dis selde dat ek saamstem as ‘n boek beskryf word as tegelyk snaaks, brutaal en hartroerend, maar dié is een van hulle. Len Bezuidenhout se verhaal betrek net mooi alle aspekte van man-wees in Suid-Afrika. Na sy egskeiding is hy vry, ja – maar is hy? Wie en wat is hy as man?

View Detail
Compare
SKU: 9781920601829 Categories: ,

Product Description

Dis selde dat ek saamstem as ‘n boek beskryf word as tegelyk snaaks, brutaal en hartroerend, maar dié is een van hulle. Len Bezuidenhout se verhaal betrek net mooi alle aspekte van man-wees in Suid-Afrika. Na sy egskeiding is hy vry, ja – maar is hy? Wie en wat is hy as man? Seks, seks en weer seks; sy beroepswaarde; drank en vriendskap oorheers sy bewussyn. Die onvermydelike gegewe van politiek en ras. En sy pa. Waarom hy hom elke Sondag besoek, weet hy nie, want sy pa irriteer hom genadeloos. Die rituele tussen pa en seun is hoogs vermaaklik en word mettertyd hartroerend. Tot ‘n mens besef waarom die boek se titel Seun is. Neil Sonnekus se eerste roman is ‘n kragtoer wat diep kwessies met ‘n goeie skoot humor bedek. Seun is ‘n bildungsroman met ‘n kinkel: dis geen tiener hierdie wat homself probeer vind nie, maar ‘n middeljarige man.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Seun – Neil Sonnekus”