Stormkind

Stormkind – Riana Scheepers

R240.00

Verlies en magiese betowering loop soos ’n goue draad deur dié besonderse roman. Klein Jana was maar drie toe haar Ierse ma spoorloos verdwyn het. Dis hoekom die jong dogtertjie “StormJana” geword het; storms roep haar, lok haar uit die huis uit om haar in die woeste weer te verlustig. Soms hoor sy haar ma se fluitspel in die wind en soms ry sy deur die wingerd op die wit spookperd se rug.

View Detail
Compare
SKU: 9780624084303 Categories: , ,

Product Description

Verlies en magiese betowering loop soos ’n goue draad deur dié besonderse roman. Klein Jana was maar drie toe haar Ierse ma spoorloos verdwyn het. Dis hoekom die jong dogtertjie “StormJana” geword het; storms roep haar, lok haar uit die huis uit om haar in die woeste weer te verlustig. Soms hoor sy haar ma se fluitspel in die wind en soms ry sy deur die wingerd op die wit spookperd se rug. Een nag ontmoet sy !X’uri , ‘n klein bruin dogtertjie wat sê dit is tyd om Jana se ma te gaan soek. !X’uri leer haar hoe om ’n spoor te sien, te ruik en te volg. En haar ouma Lien laat haar begaan, want dis immers syself wat !X’uri geroep het om Jana te kom help; syself het ook as dogtertjie die geheime van die Boesmans geleer. Die Boesmans se mitologie en hul noue verbintenis met die aarde en die geesteswêreld word op aangrypende wyse blootgelê in hierdie verhaal van uiteindelike genesing.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Stormkind – Riana Scheepers”