Ver-in-die-Wereld-Sushi-Koos-Kombuis

Ver in die Wêreld, Sushi —Koos Kombuis

R213.00

Hierdie is Koos se vyfde rubriekebundel en bevat skrywes wat deur die jare in verskeie tydskrifte en koerante verskyn het. Hy lug sy opinie oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe, dikwels met ‘n opgetrekte wenkbrou en sy “maar ek dink anders”-houding. Soos ons hom mos maar ken. Tog interessant hoe die verloop van jare selfs ‘n vrydenkende, individualistiese gees so ‘n bietjie temper.

View Detail
Compare
Category:

Product Description

Hierdie is Koos se vyfde rubriekebundel en bevat skrywes wat deur die jare in verskeie tydskrifte en koerante verskyn het. Hy lug sy opinie oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe, dikwels met ‘n opgetrekte wenkbrou en sy “maar ek dink anders”-houding. Soos ons hom mos maar ken. Tog interessant hoe die verloop van jare selfs ‘n vrydenkende, individualistiese gees so ‘n bietjie temper. Koos is altyd stroomop, maar ek is verbaas  oor die mate waarin sy opinies nader aan dié van die tradisionele establishment beweeg. (Jammer, Koos!) Een ding is seker: hy kán skryf. Weldeurdagte redenasies, nostalgiese herinneringe, liefde vir ons land en ons plek en ons taal, opinies oor nuwer musiekgroepe en effe ouer solo-kunstenaars  – elke bydrae is ‘n plesier om te lees.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ver in die Wêreld, Sushi —Koos Kombuis”