Vermis op allesverloren

Vermis op Allesverloren — Anchien Troskie

R220.00

Tannie Erta van Tonder het spoorloos verdwyn. Haar susterskind en huismaat, Melinda, roep die hulp van privaatspeurder Barrie in om haar te help opspoor. Op die klein dorpie Allesverloren loop Barrie hom uit die staanspoor vas in kleinlikheid, agterdog en skinderstories.

View Detail
Compare
Category:

Product Description

Tannie Erta van Tonder het spoorloos verdwyn. Haar susterskind en huismaat, Melinda, roep die hulp van privaatspeurder Barrie in om haar te help opspoor. Op die klein dorpie Allesverloren loop Barrie hom uit die staanspoor vas in kleinlikheid, agterdog en skinderstories.

Die verhaal speel op twee vlakke af. Aan die een kant volg ons die verhaal van Erta se lewe soos wat sy dit self in die geheue oproep, hoofstuk vir hoofstuk. Dié blikke op haar lewe word afgewissel met hoofstukke waarin ons Barrie se ondersoek volg. Sy onderhoude met mense van die dorpie  werp weer ‘n ander lig op die gebeure.

Hierdie verhaal deur die skrywer van Dis Ek, Anna, lees gemaklik. Die raaisel bly ons tot die einde terg: watter van die mense wat hul mes vir Erta inhet, was verantwoordelik vir haar verdwyning?

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Vermis op Allesverloren — Anchien Troskie”