Ys

Ys – Rudie van Rensburg

R260.00

Net wanneer ’n verveelde kaptein Kassie Kasselman begin wonder of dit ’n goeie idee was om by die nuwe elite-speureenheid van die polisie aan te sluit, word hy en Rooi wel by ’n ondersoek betrek.

View Detail
Compare
SKU: 9780795801501 Categories: , ,

Product Description

Net wanneer ’n verveelde kaptein Kassie Kasselman begin wonder of dit ’n goeie idee was om by die nuwe elite-speureenheid van die polisie aan te sluit, word hy en Rooi wel by ’n ondersoek betrek. Daar is groot druk van die boonste gestoeltes op hul bevelvoerder, brigadier Shaheena “Terror” Fortuin, om resultate te lewer. Die misdaad: die moord op ’n Amerikaanse afgevaardigde wat by die wêreldomgewingskonferensie in Kaapstad ’n referaat oor ryk olievelde in die Noordpool sou lewer. Die rede: ’n geldgierige Amerikaanse senator wil sorg dat nuwe wetgewing, wat hom in staat sal stel om die olievelde te ontgin, deurgestoot word. Dinge begin egter vir die senator skeefloop wanneer die handlangers wat sy vuilwerk in Suid-Afrika moet doen, te veel mense betrek en die moordplan verbrou word. Dis op hierdie punt wat Kassie se vernuf inskop. Sal die wantrouige brigadier betyds leer om Kassie se speurinstinkte te vertrou?

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ys – Rudie van Rensburg”