Skip to content

Om Beter te Kan Moor (Paperback)

by Christelle van Rooyen-Wessels
ISBN: 9781485904717
Product in Stock: Yes
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
R 300.00
R 300.00 - R 300.00
Current price R 300.00
Add to Wishlist
Meer as vyf jaar gelede het die gevaarlike David Francke uit aanhouding ontsnap en na Botswana gevlug. Vir sy ma, Klara, troos die hoop dat hy waarskynlik teen die tyd al dood is haar waar sy in Amerika woon. Maar dan is daar 'n oproep uit Suid-Afrika wat die mat onder Klara se voete uitruk. Kan dit wees dat haar wreedaard van 'n seun 'n halfbroer het waarvan sy nie geweet het nie?

Wanneer die lyk van 'n jong vrou langs die see by Strand gevind word, begin kaptein Beyers van der Rheede en sy span onmiddellik na haar moordenaar soek. Maar toe dogtertjies begin verdwyn, is dit duidelik dat hulle nie hier met 'n groentjie te doen het nie. Is dit dieselfde moordenaar?

Op Coetzersdal word kaptein Andre Coghran deur die spoke van die verlede gery. Ook hy ontvang vreemde oproep. Gaan hy uiteindelik vir David vastrek?

Tussendeur op Gordonsbaai kan die jong musikant, Katherina, nie besluit hoekom die aantreklike nutsman, Hechter Stander, se attensies haar kriewelrig maak nie.

x