Skip to content

Bloedbande (Paperback)

by Jeanette Stals
ISBN: 9781776351817
Product in Stock: Yes
Save 30% Save 30%
Original price R 300.00
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
Current price R 210.00
R 210.00 - R 210.00
Current price R 210.00
Add to Wishlist
Elke huis het sy kruis.

Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ‘n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie.

Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat, maar ten spyte van sy nuwe voorkoms vind Luna dit steeds onmoontlik om nie vir hom die deur oop te maak nie.

Soos Mike homself dieper in die onderwêreld inwerk, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan by die studentehuis oorkant die straat aan? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg? Om antwoorde te kry moet Luna lig werp op donker plekke waar slegs monsters waak.

Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg? Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarin skuil moet trotseer.

x