{"title":"Afrikaans Handicrafts","description":"","products":[{"product_id":"weefselsoute-vir-heilsaamheid-paperback","title":"Weefselsoute Vir Heilsaamheid (Paperback)","description":"Hierdie boek is waarskynlik een van die mees ongewone wat jy ooit sal lees - een wat jou denke oor gesondheid en jou hantering van stres in die daaglikse lewe sal verander. Weefselsoute - ook bekend as sel- of biochemiese soute - is 'n groep van 12 minerale wat perfek gebalanseerd in ons liggame teenwoordig behoort te wees sodat ons heeltemal gesond kan wees. Die soute word in die natuur in die aarde se gesteentes en grond aangetref en kom natuurlik voor in gewasse wat organies in mineraalryke grond gekweek is.","brand":"Margaret Atwood","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302420689074,"sku":"9781770077744","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/38904_611e95b1caa144.51510058_9781770077744_ad5e6e34-d819-4d78-9049-47937f2823d3.jpg?v=1647961451"},{"product_id":"die-lang-generaal-die-duistere-politieke-sluipmoorde-van-die-ou-suid-afrika-paperback","title":"Die lang generaal: Die Duistere Politieke Sluipmoorde van die ou Suid-Afrika (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003e'n Angswekkende storie oor Suid-Afrika se oud-sekuriteitshoof en sy bewind van vrees tussen die jare sestig en tagtig.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eDie mees gevreesde sekuriteitspolisieman in die laaste drie dekades van apartheid was ongetwyfeld generaal 'Lang Hendrik' van den Bergh, die hoof van die Buro van Staatsveiligheid.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Alan D. Elsdon","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312827674802,"sku":"9781415200926","price":550.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/148800_611aa15bce7dd5.43382104_9781415200926.jpg?v=1640803519"},{"product_id":"antoinette-se-paperback","title":"Antoinette Se","description":"Stories is medisyne, die Lennon's van die lewe. Stories het al menigmaal my lewe gered. As ek myself in die storie herken of as 'n storie 'n spieel word vir n groot gebeurtenis in my lewe, help dit my om getuie te word van my eie lewe. Hierdie kortverhale vertel die stories wat op ons werf op Theefontein uitspeel, stories oor my kinderdae op Carnarvon, stories oor kwaai kalkoene, stories oor die son as hy sambokslaan op ons sinkdakke, stories oor hoe mens die weer vir weke ''lees'' op die uitkyk vir reen en stories oor die baldadige vreugde as die Blou Dak se Baas 'n slag sy gieter oor die vlaktes en die berge laat leegloop.","brand":"Antoinette Pienaar","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40902086590642,"sku":"9781928530619","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/352885_613773260be175.81264672_9781928530619.jpg?v=1676681133"},{"product_id":"babilon-johannesburg-in-die-koloniale-tydperk-1902-1910","title":"Babilon: Johannesburg in die Koloniale Tydperk, 1902-1910","description":"\u003ch4\u003eDie derde deel van die reeks Imperiale somer word aan Johannesburg in die onmiddellike nasleep van die Anglo-Boereoorlog gewy, waarby alle dele van die destydse gemeenskap aandag geniet, met inbegrip van die swart stadsinwoners en die ontwikkeling van ’n eie stadskultuur onder hulle en die mynwerkers.\u003c\/h4\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAnekdotes en klein kameebeskrywings maak van Babilon ’n interessante leeservaring.","brand":"Protea Boekhuis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41343105695922,"sku":"9781485313052","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/358823_619cf00173a3d5.47263459_9781485313052_0d49c730-3633-4ce4-8cfc-40a7c9b71959.jpg?v=1676685016"},{"product_id":"nuwe-geskiedenis-van-suid-afrika-paperback","title":"Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika (Paperback)","description":"\u003cp\u003eDié nuwe, opgedateerde uitgawe van die 2007-topverkoper Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes in deur gerekende nuwe skrywers, wat die storie van ons land en sy mense van die vroegste voortye tot vandag op datum bring. Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insigte uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef. Jeanette Deacon skryf byv. oor die nuutste ontdekkings oor die vroegste mense in Suid-Afrika, en daar is bydraes van o.a. Bongani Ngqulunga oor die man wat die ANC gestig het, Jan-Jan Joubert oor staatskaping en Nechama Brodie oor geweld teen vroue.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet die nuutste inligting en invalshoeke word die storie van Suid-Afrika gesaghebbend dog leesbaar vertel in ’n spoggerige, moderne volkleur sagteband-uitgawe.\u003c\/p\u003e","brand":"Hermann Giliomee","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41739528241330,"sku":"9780624092315","price":510.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780624092315.png?v=1745999810"},{"product_id":"tippie-se-neus-jeuk-vlak-2-boek-6","title":"Leer my lees (Vlak2) 6: Tippie se neus jeuk","description":"Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geillustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos \"eu\", \"ie\" en \"ou\" bekend. Die eerste agt boekies in die Leer my lees-reeks is baie gewild. Die tweede reeks volg op die eerste en stel die leser aan ietwat ingewikkelder klanke bekend.","brand":"Lapa Publishers (Pty) Ltd \/ Lapa Uitgewers (Edms) Bpk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41806573830322,"sku":"9780799372823","price":55.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/366858_62430ce6df1196.78997288_9780799372823.jpg?v=1673277443"},{"product_id":"moer-toe-die-vreemde-in-paperback","title":"Moer Toe die Vreemde In (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eC. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale. Twintig jaar ná die verskyning van C. Johan Bakkes se eerste boek, Moertoe die vreemde in tref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk. Dit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings\/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"C. Johan Bakkes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41948126707890,"sku":"9781485313465","price":265.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/373419_6406796f3467d6.76565554_9781485313465_2b9139b2-72dc-4fd3-8228-1e75cd1df161.jpg?v=1678149962"},{"product_id":"nous-ons-in-ons-donner-in-paperback","title":"Nou's Ons in Ons Donner In (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003ec. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAmper twintig jaar ná die verskyning van c. Johan Bakkes se tweede boek,\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003ci\u003eNou’s ons in ons donner in\u003c\/i\u003e\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003etref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings\/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.\u003c\/p\u003e","brand":"C. Johan Bakkes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42184908439730,"sku":"9781485313489","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/379652_640677a7b23e54.95744260_9781485313489_3211205b-f09c-458a-a633-81c7b5465631.jpg?v=1678150477"},{"product_id":"die-menslike-dieretuin-paperback","title":"Die Menslike Dieretuin (Paperback)","description":"\u003cp\u003eEen van die gewildste programme, Die Professor, op Amore Bekker se oggendprogram op RSG is nou in boekformaat.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e• Die ideale Kersgeskenk!\u003cbr\u003e• Hierdie program word weer in Oktober hervat. Die Menslike Dieretuin nooi die leser uit tot ŉ unieke leeservaring oor die belangrikste parasiete en ander organismes wat in en op ons leef.\u003cbr\u003e• Die gedetailleerde illustrasies en beskrywings sorg vir ŉ besonderse leeservaring en maak hierdie interessante onderwerp toeganklik soos nog nooit tevore nie.\u003cbr\u003e• Vars uit die navorsers se penne.\u003cbr\u003e• Die jongste en mees relevante boek tans oor die parasitologie beskikbaar.\u003cbr\u003e• Vir alle leergieriges!\u003cbr\u003e• Lesers kom meer te wete oor parasiete, maar ontwikkel ook 'n dieper insig in die natuurlike wêreld en die mens se plek daarin.\u003cbr\u003e• Kontroversieel: bv. die feit dat ŉ groot persentasie mense met toksoplasmose besmet is wat tot depressie en ander neurologiese probleme kan lei, of dat ŉ wanbalans in jou derm-mikrobes die hoofoorsaak vir suikersiekte en kolonkanker is.\u003cbr\u003e• Die omvattende woordelys saam met die tekeninge is ŉ besonderse geskenk aan die Afrikaanse leser.\u003c\/p\u003e","brand":"Francois du Rand","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42246569492658,"sku":"9781776172436","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/380148_62f3bb03cec7f8.29366241_9781776172436.jpg?v=1677343447"},{"product_id":"kleure-van-liefde","title":"Kleure Van Liefde","description":"","brand":"Protea Boekhuis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42296628838578,"sku":"9781869191719","price":68.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/381248_6306ae9162cf91.96588245_9781869191719_3befbf0f-040b-411a-8c02-cd684c62e33c.jpg?v=1666098379"},{"product_id":"gedaantes-end-gedoentes-paperback","title":"Gedaantes En Gedoentes (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eDaniël Lötter soek geeste en gedaantes op, besoek spookhuise en vertel meer oor sieners en legendes wat Suid-Afrikaners reeds jare lank laat kopkrap.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaak kennis met die heks van Hexrivier, die seemonsters van die ou Kaap en Antjie Somers. Jacoba Marais, Japie Roux en Marie van der Post is van die minder bekende sieners, maar natuurlik bly Johanna Brandt en Siener van en Rensburg nie agterweë nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eWaarom spook 'n skoorsoekerige goewerneur, 'n koninklike kleinseun en 'n gewetenlose moordernaar ewe vlytig as Daisy de Melker, sr. Henrietta Stockdale en lady Anne Barnard? En wat is dit met dwaalligte en spookfoto's?\u003c\/p\u003e","brand":"Daniel Lötter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42433947140274,"sku":"9781485314233","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/383421_64067632e9a929.78064588_9781485314233.jpg?v=1678150865"},{"product_id":"plaasmoorde","title":"Plaasmoorde","description":"Author: Carla Van Der Spuy \/ Supplier: Bargain Books","brand":"Carla Van Der Spuy","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42595451371698,"sku":"9780992219642","price":50.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"ina-verhaal-van-genade-en-genesing-paperback","title":"Ina, 'n Verhaal Van Genade En Genesing (Paperback)","description":"Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar oorrompel het. INA, 'n Verhaal van genade en genesing is die merkwaardige verhaal van 'n oorwinnaar, 'n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.","brand":"Ina Bonnette","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42701496811698,"sku":"9780639607559","price":299.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/352836_6135d9a042b455.62095396_9780639607559_2edc1e53-c0bb-4fee-9633-0a9574386317.jpg?v=1673271688"},{"product_id":"so-lyk-n-vrou-my-40-jaar-van-hel-saam-met-n-narsis-paperback","title":"So Lyk 'n Vrou: My 40 Jaar Van Hel Saam Met 'n Narsis (Paperback)","description":"Terug in die spaarkamer. Skok tree in. Bewerasie, naarheid. Die huis klink hol. Ek hoor iemand huil. Tyd staan stil. Ek sit. Dreunende klanke en pyn. Harde klappe teen die kamervenster laat my skrik. “Esli, maak oop!” Hy stap verby my. “So lyk ’n vrou wat met haar man kak soek,” sê hy.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nBert, die aantreklikste ou in haar matriekklas, soen Esli uit haar vel. Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens, maak saam kinders groot en sien om na vriende en familie. Jaarliks vier hulle Kersfees in Kleinmond met geskenke en trifle en stappies langs die see met hul worshond.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar hoekom val Bert se broer uit ’n boom voor Esli se ouerhuis? En watter donker geheim is onderliggend aan Bert se ma se vreemde gedrag en onfatsoenlike grappe? Wat dink kollegas van Esli se haarstyleksperimente en panda-oë? Verdien sy om in die spaarkamer te skuil omdat sy, volgens Bert, aand na aand die kos brand en die hond se pote laat nat word as dit reën?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIn So lyk ’n vrou... vertel Ilse Verster van Esli se heelwording en hoe sy, ná ’n leeftyd van mishandeling, in ’n rooi rok op die strand kon staan met een vuis in die lug en vry kon voel. Sy gee stem aan ’n stukkende vrou wat net wil hê die pyn moet stop. Sy deel wat dit verg om jou teen die muur op te trek, jou teen die samelewing te handhaaf en jouself te red.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n\u003ciframe allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen=\"\" frameborder=\"0\" height=\"315\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/K8HQCMlu3c8\" title=\"YouTube video player\" width=\"560\"\u003e\u003c\/iframe\u003e","brand":"Ilse Verster","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42705574035634,"sku":"9781776354863","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/362965_620ce4ef6bd634.35488633_9781776354863_08974f52-28d8-4759-80b9-0e91c9326c7f.jpg?v=1671710945"},{"product_id":"son-en-suurlemoen-paperback","title":"Son en Suurlemoen (Paperback)","description":"","brand":"Frances Le Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42925235667122,"sku":"9780639716466","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"van-vrees-na-vrede-hoe-ongeneeslike-kanker-my-leer-leef-het-paperback","title":"Van Vrees Na Vrede: Hoe Ongeneeslike Kanker my Leer Leef Het (Paperback)","description":"As jy met 'n terminale siekte gediagnoseer is, het jy twee keuses: Bly lê of jy staan op en doen wat die siekte en die wêreld nie van jou verwag nie. In hierdie dapper, praktiese boek ondersoek geliefde skrywer Madelein Rust hoe om te leef, nou dat sy besig is om dood te gaan. Sy benader haar komende dood op ’n praktiese manier en gee tot 'n lys Bybelverse om jou te versterk en te troos. Madelein trek as't ware die dood se angel, vir haarself maar ook vir die siek persoon en hulle geliefdes.","brand":"Madelein Rust","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42937647169714,"sku":"97807963323101","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/391045_64467251dc9ee7.08394240_9780796323101_7760e541-a3d6-454d-974b-558cea3be109.jpg?v=1683530722"},{"product_id":"n-sjerpa-vir-jou-lewensreis-paperback","title":"'n Sjerpa vir Jou Lewensreis (Paperback)","description":"Daar is ‘n groeiende behoefte na betekenis, vrede en kalmte in die vinnig veranderende en ietwat chaotiese wêreld waarin ons tans leef. Ons lewensreis kan vergelyk word met die ervaring om ŉ berg te klim. Dit is ŉ avontuur met op en afdraandes, stopplekke, ŉ reis na bo, ŉ wedloop van motivering, geduld en krag, maar uiteindelik is die mees asemrowende gevoel wanneer jy die kruin van die berg bereik.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIndien jy ooit sou besluit om Mount Everest aan te pak, sal jy dit waarskynlik doen onder leiding van 'n Sjerpagids. ‘n Sjerpa op jou lewensreis kan jou leer van gemaksones, ankers, jou rugsak ( uitbranding, nederigheid, empatie en ‘n spirituele benadering.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nLesers word uitgedaag om ‘n kopskuif te maak en self oplossings te vind vir hul probleme en die lewenspad vorentoe Hierdie boek help mense die kuns van lewensafrigting en bewusvolheid aanleer en gee hulle vryheid om dit op hul eie manier toe te pas. Wat doen jy wanneer die lewe jou platgeslaan het? Hoe hanteer jy verandering en staan jy weer op? Van wenslysie tot werklikheid en om uit uit die donker na die lig te beweeg.","brand":"Ansja Ferreira","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42984656699570,"sku":"9781776172771","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/392327_64218f37af4165.48168782_9781776172771_4beaac5c-f438-49de-8be3-e90da4dce34b.jpg?v=1679925285"},{"product_id":"elke-dag-n-mooi-nooi-en-n-moord-paperback","title":"Elke Dag 'n Mooi Nooi en 'n Moord (Paperback)","description":"Uit polemieke en petaljes; rusies en romanses; herries en hofsake en wat nog put gesoute koerantman Hennie van Deventer ŉ ryk oesoes vir sy boeiende boek oor koerante en die nuus wat hul lewensbloed is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie veteraan van die perswese staan bekend as ŉ gebore en geesdriftige nuusmens. Hierdie is sy sewende boek met ŉ binneblik op die koerantwêreld In ŉ onderhoudende keusekeusevan stories met ongewone kinkels roer hy allerlei omstredenhede aan : Charlize Theron se “net 44 wat nog Afrikaans praat”, Amanda Gouws se verweer vir vroue wat vloek, Ton Vosloo se ontdekking van “’n ander Suid-Afrika”, die slagspreuk “Kill the Boer” ….\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nSy temas is talryk. Hy ryg die staaltjies en anekdotes in en verklap geheimpies uit redakteurskantorere en raadsale. Wie humor soek, sal heelwat daarvan kry– ook heelwat politiek of lig op persoonlikhede: nie net huishoudelike name in die media nie, maar groot letterkunde-geeste soos die korrelkop Langenhoven, NP van Wyk Louw en Opperman, politici soos Verwoerd en Vorster, skoonhedes soos prinses Diana en Anneline Kriel en, les bes, selfs ontkleedanseres Glenda Kemp.","brand":"Hennie van Deventer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42984656830642,"sku":"9781776172863","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/392324_64218bdce470b1.52661248_9781776172863.jpg?v=1681215071"},{"product_id":"skatryk-waarom-ons-beter-leef-as-ons-voorsate-paperback","title":"Skatryk: Waarom Ons Beter Leef As Ons Voorsate (Paperback)","description":"Wat maak Jeremy Irons in die reënwoud? Waarom speel die Japannese rugby? Hoe kon ’n fliek Stalin in die verleentheid stel? En wat het ’n Indonesiese vulkaan, Frankenstein en die Groot Trek in gemeen?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDit is maar enkele van die vrae wat die gewilde Rapportrubriekskrywer, Johan Fourie, onderhoudend verken in hierdie heerlik leesbare ekonomiese geskiedenis wat strek van die migrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot vandag. Skatryk is ’n boeiende reis deur die geskiedenis wat ons wys hoe welvaart geskep en uitgebou word. Hoekom floreer een groep, maar ’n ander bly ’n sukkelbestaan voer? Hoekom is ons ryker as ons voorsate?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nFourie verduidelik in sy unieke, vermaaklike styl vol onverwagse feite waarom die bouers van ’n samelewing – eerder as dié wat afbreek – uiteindelik seëvier.","brand":"Johan Fourie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42991784853682,"sku":"9780624093466","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/392564_643d3109aeccb6.66641973_9780624093466_0ee71534-a5ab-4af6-b772-aef4abe4e6ae.jpg?v=1682075429"},{"product_id":"samoersa-reis-bygewerk-en-bygereis-paperback","title":"Samoe(r)sa Reis: Bygewerk En Bygereis (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eDie wêreld is te groot vir een leeftyd. Tyd en lewe het my geleer dat hoe jy ook al probeer, die donner weet, jy kan nie regtig alles wat jy wil doen, inpas nie. Maar dit beteken nie jy kan nie probeer nie!\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eJohan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, daar waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sa reis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie. Benewens die heerlik avontuurlustige vertellings is daar ander stories wat veel nader aan die huis afspeel, en hy gee veral aandag aan die “Boksombende” wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het.\u003c\/p\u003e","brand":"Johan Bakkes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43144648949938,"sku":"9781485314080","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/652903405633179215.jpg?v=1754489944"},{"product_id":"die-bom-suid-afrika-se-kernwapenprogram-paperback","title":"Die Bom: Suid-Afrika se Kernwapenprogram (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eDekades lank het die wereld gegis oor Suid-Afrika en Die Bom. Die land het ses kernbomme in die geheim ontwikkel, maar hulle self vernietig. Geen ander land ter wereld het dit nog ooit gedoen nie. Hierdie boek is vir wetenskaplikes en leke, en lees soos 'n spanningsverhaal. Dit is die volledigste opgaaf van Suid-Afrika se kernwapenvermoe tot dusver, en geskryf deur 'n kernfisikus wat sedert 1975 direk by die proses betrokke was. Saam met sy dogter Lydia von Wielligh-Steyn deel dr. Nic von Wielligh 'n fassinerende verhaal oor die atoommonster en hoe hy getem is.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Nicolaas von Wielligh, Lydia von Wielligh-Steyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43291591475378,"sku":"9781920188474","price":710.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781920188474.jpg?v=1744728626"},{"product_id":"steeds-bly-die-liefde","title":"Steeds Bly Die Liefde","description":"","brand":"Beryl Botman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43345293705394,"sku":"9781776364565","price":240.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"oepse-daisy-1","title":"Oepse Daisy","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43730626969778,"sku":"9781485314103","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"helo-ma","title":"Helo Ma","description":"","brand":"Chrisna Beuke-Muir","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43778620489906,"sku":"9781991256720","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"hoop-vir-seker","title":"Hoop? Vir seker!","description":"","brand":"Trudie Badenhorst","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43778640052402,"sku":"9781991256676","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"terugblik-stel-2-in-1","title":"Terugblik stel 2 in 1","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43925635530930,"sku":"9781485315773","price":399.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"wat-se-bettina","title":"Wat Se Bettina? (Paperback)","description":"Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nSy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sê: “My rubrieke is nie bedoel om net nog 'n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.”","brand":"Bettina Wyngaard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43935014879410,"sku":"9781485315575","price":264.99,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781485315575.png?v=1785945106"},{"product_id":"lekkerte-van-speeltyd","title":"Lekkerte Van Speeltyd","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44008174715058,"sku":"1920608354","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"eie-rigting","title":"Eie Rigting","description":"","brand":"Willie Spies","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44038426034354,"sku":"9781991256713","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"openbaring-2","title":"Openbaring","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44053232648370,"sku":"9781485314127","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"op-die-kantlyn","title":"Op Die Kantlyn","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44058710573234,"sku":"9781991256843","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"beelde-en-verval","title":"Beelde en Verval","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44058710671538,"sku":"9781991256805","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"beeld-50-paperback","title":"Beeld 50 (Paperback)","description":"\u003cp\u003e“Nooi, ek praat nie met julle nie. Julle lieg van bladsy een tot die einde . . . maar ek is nie so seker van die sport nie.” – “Kommandant-generaal” Fritz Meyer van die Wenkommando aan Carolien Saayman van Beeld\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie afgelope halfeeu het meer as 15 000 uitgawes van Beeld verskyn met derduisende stories in woord en beeld. Regdeur hierdie 50 jaar is ’n mantra in die redaksie: “Slaan die groot storie hard.” In Beeld 50 vertel dié geliefde koerant se joernaliste hoe hulle juis dit gedoen het deur die dekades en wat hulle steeds bybly van daardie ervaring.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie boek neem die leser op ’n reis deur van die grootste nuusgebeure sedert 1974 en weerspieël die geskakeerde leefwêreld van die Afrikaanse gemeenskap in die noorde van die land. Beeld is die Suid-Afrikaanse dagblad wat al die meeste as die mooiste aangewys is – daarvan getuig die foto’s, voorblaaie, spotprente en grafika op dié blaaie. Tog is dit nie ’n beste-voetjie-voorsit-soort boek nie, want dis in die eerste plek joernaliste wie se stemme jy hier hoor.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOp die ou end is die belangrikste element die leser. Soos Pieter du Toit in 2014 as nuusredakteur gesê het: “Ons lojaliteit lê by die briefskrywer wat ons kapittel oor ’n onbesonne hoofberig, die intekenaar wat kla oor sy nat koerant op die grasperk en die leser wat dankie sê vir die nuwe Saterdag-Beeld.”\u003c\/p\u003e","brand":"Erika de Beer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44280317313202,"sku":"9781776193684","price":3985.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781776193684.jpg?v=1723713018"},{"product_id":"jy-en-jou-sterre","title":"Jy en Jou Sterre","description":"Hoekom is jou vriendin wat onder die teken van die gulhartige Leeu gebore is, so suinig? Hoekom is jou man wat onder die teken van die vriendelike Tweeling gebore is, so stil en ernstig? Dalk is sy maan in die teken van die ernstige en kwaai Skerpioen ... Jy en jou sterre is die vertrekpunt vir diegene wat meer wil weet van hul persoonlike astrologieprofiel en wat ook die mense rondom hulle se persoonlikhede beter wil verstaan. Dit is toeganklik en bied die antwoorde op baie ander soortgelyke vrae wat jy al dikwels gevra het.","brand":"Lapa Publishers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44481039466674,"sku":"9780799347630","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/415968_667381dbf0cb26.30415667_9780799347630.jpg?v=1718972034"},{"product_id":"boytjie-paperback","title":"Boytjie (Paperback)","description":"Johnny Davids word groot op die Kaapse vlakte. As jong seun besluit hy hy het genoeg mishandeling gehad en loop weg. In Walvisbaai kry Johnny kans om heel te word. As jong volwassene skryf hy en sy sangmaat Vivian in vir 'n sangkompetisie, hulle wen en so skop sy TV-loopbaan af. Vandag is Johnny 'n suksesvolle televisie- en sportaanbieder. Sy verhaal gee aan elkeen van ons krag om aan te gaan en om te droom dat dinge vir ons kan beter wees.","brand":"Johnny Davids","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44488241479858,"sku":"9780796323507","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/415617_6676bbe92905d9.19910345_9780796323507.jpg?v=1719057566"},{"product_id":"die-bybel-die-christelike-godsdiens-en-die-waarheid-paperback","title":"Die Bybel, Die Christelike Godsdiens en die Waarheid (Paperback)","description":"","brand":"Sakkie Spangenberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44675456598194,"sku":"9781067234270","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781067234270.jpg?v=1730356544"},{"product_id":"nerens-noord-kaap-paperback","title":"Nerens, Noord-Kaap: Skooluitgawe (Paperback)","description":"\u003cdiv class=\"woocommerce-tabs wc-tabs-wrapper\"\u003e\n\u003cdiv class=\"woocommerce-Tabs-panel woocommerce-Tabs-panel--description panel entry-content wc-tab\" id=\"tab-description\" role=\"tabpanel\" aria-labelledby=\"tab-title-description\"\u003e\n\u003cp\u003eNêrens is ‘n plaas in die Noord-Kaap waar drie broers saam grootgeword het. Hulle lewens word onherroeplik verander deur die afsterwe van hul ma op ‘n jong ouderdom onder tragiese omstandighede. Die drie het mekaar jare laas gesien. Nou moet hulle terugkeer plaas toe vir ‘n verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word – op soek na die broederskap wat hulle verloor het.\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nico Scheepers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44829229416626,"sku":"9781485315926","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781485315926.webp?v=1773917008"},{"product_id":"pater-meus-paperback","title":"Pater Meus (Paperback)","description":"\u003cp\u003ePater Meus: Internasionale letterkundeprys 2014\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e“Verrassende boek van Mario Relandini. Pater Meus is ’n vertelling wat deur kritici as roerend en histories interessant beskryf is… Liefde, aanbidding en respek. Dit alles is Pater Meus… Bombardemente en die SS, gelyktydig vreesaanjaend en fassinerrend soos deur ’n kind gesien.” (Abitare a Roma 3\/11\/2007)\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMario Relandini is ’n talentvolle en en hoog aangeskrewe joernalis in Rome. Hy het ’n daaglikse blog met politieke kommentaar oor Italië bedryf, wat later neerslag gevind het in sy boek Fatti e misfatti, pupi e cavalieri (Saracangeli 2009) Dade en wandade, poppe en ridders.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSy naam is in die ensiklopedie vir skrywers in Italië opgeneem en sy talle gedigte en waarheidsvertellings het ook in veelvuldige antologieë in Italië verskyn. Hy het gedurende sy lewe meer as honderd toekennings nasionaal en internasionaal ontvang.\u003c\/p\u003e","brand":"Mario Relandini","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45097811935410,"sku":"9781067234300","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/428592_6798d558b9d966.37429879_9781067234300.jpg?v=1738069939"},{"product_id":"die-moord-op-liezel-de-jager-paperback","title":"Die Moord Op Liezel De Jager (Paperback)","description":"Op 13 Oktober 2021 is Suid-Afrika tot stilstand geruk deur die nuus oor dominee Liezel de Jager, geliefde leraar van die NG Kerk Suidkus in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, wat in die oprit van die pastorie vermoor is toe sy terugkeer van haar daaglikse oggenddraf saam met vriende. Dit was ondenkbaar dat 'n geestelike leier soos sy, wat 'n enorme impak op haar gemeenskap gehad het, so wreed weggeruk kon word. Maar nog vreemder gebeure volg in die dae en jare na haar moord. Haar man, Werner, verdwyn skielik spoorloos en word later in 'n bedenklike toestand in 'n suikerrietplantasie gevind. Hy vermoed dat hy moontlik deur Liezel se moordenaars aangeval is. Benewens verskeie ander amper-noodlottige gebeure rondom Werner, is hy later ook in 'n ongeluk betrokke waar nog twee vroue dood is. Om alles te kroon, sloer die polisie twee jaar lank voordat hulle met die moordondersoek begin. Intussen voer Liezel se ouers 'n volgehoue stryd om geregtigheid vir hul dogter te kry. Dit loop uit op 'n suksesvolle hofsaak teen die minister van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, met die gevolg dat Werner weens die moord op sy vrou in hegtenis geneem word, maar later onder misterieuse omstandighede in die hospitaal sterf. Die moord bly onopgelos.","brand":"Anena Burger","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45248272171186,"sku":"9781776391974","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781776391974.jpg?v=1756713540"},{"product_id":"kan-afrikaners-toyi-toyi","title":"Kan Afrikaners Toyi-Toyi","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45364764410034,"sku":"9781869192563","price":68.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}]},{"product_id":"wanneer-die-krieke-stil-word-paperback","title":"Wanneer Die Krieke Stil Word (Paperback)","description":"\u003cp\u003eVir ons vroue maak drie goed saak. Dit bepaal wat jy sien en voel wanneer jy in die spieël kyk.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIs jy jou pa se Prinses?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIs jou eerste liefde jou ridder op ’n wit perd?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIs jou huwelik in die hemel gemaak?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eVir Petro Kotze-Odendaal word die krieke reeds vroegtydig stil: van donkernag vlug onder die hand van ’n alkoholis-pa en later in die greep van ’n gewelddadige man. Sy en haar vierjarige seuntjie moes vroeg op die stormwaters van die lewe loop.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIs dit moontlik dat een mens soveel hardheid kan beleef en steeds haar geloof behou?\u003c\/p\u003e","brand":"Petro Kotzé-Odendaal","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45490261065906,"sku":"9781067234652","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/194389_435708_68404b32897e21.15398200_9781067234652.png?v=1749044747"},{"product_id":"kalarie-kind-paperback","title":"Kalarie Kind (Paperback)","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46073817366706,"sku":"9781037091711","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"die-sleutels-tot-n-gesonde-huiswelik","title":"Die Sleutels Tot 'n Gesonde Huiswelik (Paperback)","description":"","brand":"Joyce Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46621456793778,"sku":"9780796323934","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"klipkoud-trade-paperback","title":"Klipkoud (Trade Paperback)","description":"\u003cp\u003eIn Klipkoud kyk sy weer na die dossiere van vermiste mense. Sy heroorweeg die leidrade en luister weer na die onderhoude wat sy gevoer het. Baie van hierdie inligting is nog nooit voorheen bekendgemaak nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn ’n poging om ’n mate van afsluiting te bied aan die slagoffers se geliefdes, laat val Engelbrecht die soeklig op sowel ou as nuwe onopgeloste sake. Hierdie sake wissel van ’n onbekende vrou wie se oorskot onder ‘n swembad ontdek is tot ‘n jong man wat deur\u003cbr\u003edie gevangenisstelsel se krake geval het; van ‘n sakereis wat dodelik ontaard het tot ‘n meisie wat reg voor haar huis ontvoer is.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eEngelbrecht neem die leser saam in haar deurtastende soeke na die waarheid.\u003c\/p\u003e","brand":"Nicole Engelbrecht","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46718199333042,"sku":"9781776195510","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781776195510.jpg?v=1770275536"},{"product_id":"raai-raai-riepa","title":"Raai Raai Riepa","description":"","brand":"G. H. van Rooyen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46895502524594,"sku":"9781869197254","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"terugblik-3","title":"Terugblik 3: ‘n Verdere 80 sketse van ons geskiedenis (Paperback)","description":"\u003cp\u003eDie derde versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika wat op Netwerk24 verskyn het. Maak kennis met nog helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste oomblikke in ons geskiedenis asook ’n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.\u003c\/p\u003e","brand":"Fransjohan Pretorius","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46976450953394,"sku":"9781485316107","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/omslagterugblik3ABF01_002_-Copy.jpg?v=1773844572"},{"product_id":"die-hoop-van-paasfees","title":"Die Hoop Van Paasfees","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47188958347442,"sku":"2300000053234","price":20.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}]},{"product_id":"die-vreude-van-paasfees","title":"Die Vreude Van Paasfees","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47188958838962,"sku":"9781431611577","price":39.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}]},{"product_id":"wond-plaasmoorde-paperback","title":"Wond: Plaasmoorde - dis my mense (Paperback)","description":"Gerhard Pietersen discusses the traumatic double murder of his parents-in-law, Tewie and Eurika Human, at their home in Great Brak River in June 2016, and how as a pastor he struggled with pious words of comfort, the church's silence, his colleagues' absence - and how there are wounds that refuse to heal.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n\"As joernalis het ek onbetrokke verslag gedoen oor die hofsaak na die wrede plaasmoord op die Human-egpaar van Groot-Brakrivier. Hul skoonseun skryf rou en eerlik oor die eggo's wat weier om stilgemaak te word en wonde wat nie ophou bloei nie. Roerend. Aangrypend.\" Susan Puren, freelance journalist","brand":"Gerhard Pietersen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47207885439154,"sku":"9781920188580","price":390.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781920188580.avif?v=1773916737"},{"product_id":"skadumeisie","title":"Skadumeisie (Paperback)","description":"Skadumeisie is 'n rou, eerlike en diep aangrypende getuienis van 'n vrou wat deur die donkerste moontlike menslike ervarings gegaan het - en tog die lig weer leer vind het. Van 'n mishandelde kind op 'n Vrystaatse plaas wat 'n wreedaardige verkragting oorleef, tot 'n gebroke volwassene wat uitdagings soos verslawing, selfvernietigende gedrag en die dood in die oe moet kyk, ontvou Anita se verhaal as 'n stille kreet vanuit die skadu's. Met die gevolge van byna onnoembare trauma wat soos 'n swaard oor haar hang, navigeer sy haar lewenspad in 'n onwrikbare soeke na betekenis, volwaardige menswees en genade. Hierdie boek is nie net 'n oorlewingsverhaal nie; dit is 'n getuienis van hoop vir elke verwonde siel: jy is nie onsigbaar nie, en selfs uit die diepste skadu's kan lig weer gebore word. Skadumeisie sal jou skok en pynlik meevoer, maar dit sal jou ook herinner aan die onvernietigbare krag van die menslike gees. ************************ Skadumeisie is the raw, honest and deeply poignant testimony of a woman who lived through the darkest possible human experiences - and yet managed to seek out the light. From an abused child on a Free State farm who survived a violent rape, to a broken adult who faced challenges such as addiction, self-harm and even death, Anita's story unfolds as a silent cry from the shadows. With the consequences of almost unmentionable trauma hanging over her, she navigates her life journey in a determined quest to find meaning, mercy and her own humanity. This book is not only a story of survival; it is a testimony of hope for every wounded soul: you are not invisible, and even from within the deepest darkness, a light can shine forth. Skadumeisie will both shock and move you, but it will also remind you of the indomitable spirit of the human soul.","brand":"Anita van Niekerk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47276771180722,"sku":"9781776393183","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]}],"url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/afrikaans-handicrafts.oembed?page=3","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}