{"title":"Afrikaans Non-Fiction","description":"","products":[{"product_id":"hierdie-land-ikone-van-suid-afrika-paperback","title":"Hierdie Land: Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Paperback)","description":"Daar is iets aan Suid-Afrika 56 skrywers vertel. Wat is vir jou uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? Wat laat jou verlang? Wat laat jou lag? Wat maak jou trots? Is dit 'n spesifieke landskap, landmerk, kos, dier, plant, liedjie of tradisie? Vir elkeen is dit iets anders. In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse (1000 woorde of minder) en enkele gedigte. 'n Verskeidenheid van perspektiewe op wat belangrik en spesiaal aan Suid-Afrika is, word van mense van verskillende ouderdomme en agtergronde gegee. Dit sluit nostalgiese herinneringe uit die verlede, reisbeskrywings, 'n komiese bespreking van die ikoniese Suid-Afrikaanse\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003emelktert, 'n essay oor die merkwaardige fossielvondste van die land, en nog vele meer, in.","brand":"Various","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42224505979058,"sku":"9781485313793","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/379828_64467da8cd5611.11401697_9781485313793_9e1853e6-9a5c-46c5-95cd-8d9813908f33.jpg?v=1682345556"},{"product_id":"blou-bloed-koninklike-spore-in-suid-afrika-paperback","title":"Blou Bloed: Koninklike Spore In Suid-Afrika (Paperback)","description":"\u003cp\u003eSuid-Afrika se skoonheid en koloniale geskiedenis het seker gemaak dat verskeie bloubloediges deur die eeue heen sterk bande met die land ontwikkel het. Só is daar byvoorbeeld die Nederlandse prinses Irene van Lippe-Biesterfeld, met haar groot liefde vir die Karoo, wat hard baklei het teen skaliegas-ontginning deur die Nederlandse petroleummaatskappy Shell.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAs godsdienstige of politieke leiers - dikwels van adellike afkoms - in die Oosterse kolonies té veel geluide begin maak het, is hulle na die Kaap verban, wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die land se slawegeskiedenis: Hiervan getuig die verhale van sjeg Joesoef en die radja van Tambora. Watter spoor het die Napoleons in Durban agtergelaat? En George Rex, stigter van Knysna, wat dan nou op 'n druppel water soos koning George III van Engeland gelyk het?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHoe het dit gekom dat prinses Anne van Brittanje se oorkrabbetjie dwarsdeur 'n volstruis se pens gegaan het? Konstantyn II, die laaste Griekse koning, prinses Charlotte van Liechtenstein en die Karadjordjević's van Serwië het hulle eie bande met Suid-Afrika - en die kroonprins van Albanië praat Afrikaans! Hoe het dit alles gebeur? En hoekom lui die naam lady Juana Smith 'n klokkie?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBlou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika gaan soek antwoorde op hierdie en nog baie ander vrae.\u003c\/p\u003e","brand":"Daniel Lötter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43291591311538,"sku":"9781485315421","price":365.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781485315421.jpg?v=1715421624"},{"product_id":"laaitie-mettie-biscuits","title":"Laaitie Mettie Biscuits (Paperback)","description":"\u003cp\u003eHierdie meesleurende drama vertel die storie van Noah, ’n jong seun wat daarvan droom om eendag ’n polisieman te word en na sy ma en sy gemeenskap om te sien. Op ’n noodlottige dag is hy op pad om sy daaglikse pakkie Lemon Creams te gaan koop …\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn hierdie aangrypende drama pak die bekroonde Christo Davids temas wat elke Suid-Afrikaner raak. Laaitie mettie biscuits is opgedra aan Nathaniel Julies, die 16-jarige seun met downsindroom wat in 2020 na bewering deur polisielede in Eldorado Park doodgeskiet is. \u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Christo Davids","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47081143337138,"sku":"9781485316053","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/omslaglaaitiebiscuitsABF01voorplat.jpg?v=1773843570"}],"url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/afrikaans-non-fiction.oembed","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}