Skip to content

Die Meeste Sterre Is Lankal Dood (Afrikaans, Paperback)

by Johann de Lange
ISBN: 9780798181235
Product in Stock: Yes
Original price R 250.00 - Original price R 250.00
Original price R 250.00
R 250.00
R 250.00 - R 250.00
Current price R 250.00
Add to Wishlist
Die meeste sterre is lankal dood is die bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel. Dit bestaan uit ses afdelings, deurgaans gewy aan vlietende oomblikke vasgevang in 'n vers ("om met woorde die onsegbare te sê"). Die bundel het 'n elegiese toonaard, en word oorheers deur 'n bewustheid van verlies & verganklikheid, van "inskaduwings van die lig". Verse oor die skryfproses figureer as teenvoeter vir die verbygaande aard van mens wees. Dit is verse vir "my mooi dooies". In "Oggendmusiek" beskryf die digter 'n vroegoggendkoor van voëls voor sonsopkoms, elders 'n koorddanser, voetjie vir voetjie oor die spantou. Soos in sy vorige werk is die erotiese verse 'n hoogtepunt in die bundel, bv in "Ode aan die mielie": "Nét so, nog aan die oggend ­­ tussen die syige bene van die dag ­­staan hy, volryp, pittig & reg."

Bloed & sneeu
Bloed op sneeu is ’n pasgebore rooi,
van iets gewond, ’n struikelende spoor.
En die sneeu? Is daar énigiets so mooi,
so prilwit gespits, as ’n haseoor?

x