Skip to content

man langsaan, Die

by Wordsworth Books
ISBN: 9780639600314
Product in Stock: Yes
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
R 300.00
R 300.00 - R 300.00
Current price R 300.00
Add to Wishlist

Dié lelike eendjie moet oortuig word van haar eie waarde ...

Paloma het 20 jaar gelede alle mans afgesweer toe sy die dag voor haar troue uitvind dat haar verloofde haar verkul. Dit is net té seer, veral wanneer gene vir jou 'n peervormige lyf gegee het en jy net nie goed genoeg is nie. Sy lewe rustig saam met haar honde, hoenders en koffiewinkel klante vir geselskap. Haar familie het geëmigreer; gaan sy ry of gaan sy bly? Maar dan trek daar nuwe bure in aan weerskante; die baie aantreklike en geskeide Arno, en die ongelooflik sexy Sindisiwe aan die ander kant. Beide het lesse vir Paloma om te leer ...

Arno raak betrokke by sy eiesoortige buurvrou met haar lang geblomde rompe en mooier-as-mooi kaal voete. Hy help haar toe haar hond uitgesit moet word, en maak vrede met haar astrante hoenderhaan Kallie wat tydig en ontydig by hom kom kuier.

Paloma ontmoet sy familie, en vind uit dat alle families maar vreemd is op hul eie manier. Haar nuwe buurvrou dwing haar om 'n make-over te doen, en vir die eerste keer begin sy besef dat mens nie volmaak hoef te wees om liefgehê te word nie.

Die man langsaan is 'n verhaal oor self-aanvaarding, en liefde en vriendskap op onverwagse plekke.

x