{"title":"Afrikaans Self-Help \u0026 Popular Psychology","description":"","products":[{"product_id":"waarom-lewe-ek","title":"Waarom Lewe Ek (Paperback)","description":"\u003cp\u003eIn hierdie werk beskryf Viktor Frankl hoedat die lewe in ‘n Duitse konsentrasiekamp  antwoord gebring het op die vraag wat hy so dikwels gestel het: Waarom pleeg mense wat swaar beproef word of gebuk gaan onder kwellings nie selfmoord nie?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar elkeen moet self uitvind wat die betekenis van sy lyding is. Die verantwoordelikheid  hiervan kan nie op ‘n ander afgeskuif word nie. Vir Frankl beteken so ‘n verantwoordelike,  sinvolle lewe: Wie ‘n waarom besit waarvoor hy kan lewe, kan byna elke hoe verwerk.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSO ‘n wyse van lewe beteken ‘n radikale omkering in die vraag na die betekenis van die lewe: jy vra nie meer wat is die betekenis van die lewe vir my nie, maar watter sin gee ek  aan die lewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eNelson Mandela tuur vir 27 jaar deur die tralievensters... Wat het hom geïnspireer om voort te gaan?\u003c\/p\u003e","brand":"Viktor Frankl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302671331506,"sku":"9780620382687","price":126.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780620382687.jpg?v=1733235829"},{"product_id":"kalmte-in-die-malle-gejaag-paperback","title":"Kalmte in die malle gejaag (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eJy wil asem skep en die mooi dinge raaksien. Maar soms raak die lewe dol en jy erg gestres. Bewustelikheid (\u003c\/span\u003e\u003cem\u003emindfulness\u003c\/em\u003e\u003cspan\u003e) en meditasie kan mens help om met nuwe oë na die wêreld te kyk. Johannes de Villiers vertel die stories van gewone mense wat geleer het hoe om beter interpersoonlike verhoudings te hê, 'n positiewe bydrae tot die wêreld te maak, hul woede en stres beter te bestuur en die wonderskone in elke oomblik - ook die moeilikes - raak te sien. Dit kan ook jou storie wees.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Johannes Bertus de Villiers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309773992114,"sku":"9780798175883","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140816_611e5f808b1462.43683966_9780798175883.jpg?v=1678720260"},{"product_id":"blinde-mol-of-wyse-uil-hoe-om-met-integriteit-te-leef-paperback","title":"Blinde Mol of Wyse Uil?: Hoe Om Met Integriteit te Leef (Paperback)","description":"\u003cp\u003e“Met hierdie boek wil ek almal aanmoedig om minder blinde mol en meer wyse uil te word.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaar is ’n groot behoefte aan mense met integriteit – mense met die volledige stel goue eienskappe wat hulle veelsydige, standvastige en betroubare wyse uile maak. Mense op wie jy kan peil trek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSusan Coetzer, bekende skrywer en motiveringsspreker help jou op haar skreeusnaakse maar eerlike manier om jou eie lewe te ondersoek en seker te maak dat jy met integriteit leef.\u003c\/p\u003e","brand":"Susan Coetzer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41941966291122,"sku":"9780796322388","price":285.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/371446_627e106aecc6a1.53116017_9780796322388_236ea3d5-e8b8-4d8c-b264-81cc20599a97.jpg?v=1677350571"},{"product_id":"jou-kind-en-verlies","title":"Jou kind en verlies: Spel-,aktiwiteits-,lees-, en gespreksidees vir alle ouderdomsgroepe","description":"’n Mens wil glo dat kinders nie verdriet ervaar nie, maar hulle beleef dit wel.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nSelfs as ’n mens dit regkry om kinders teen die ergste hartseer te beskerm, sal daar tog ’n keer kom wat hulle een of ander vorm van verlies ervaar en daaroor sal rou.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie dood van hetsy ’n maat, familielid of troeteldier, is nie die enigste vorm wat verlies aanneem nie. Ook as ouers skei, verander ’n kind se lewe dramaties en kan sy nét sulke heftige emosies beleef soos wanneer iemand sterf.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nKinders is veerkragtig en kan met hulp weer hul lewens voortsit. Dié boek bevat wenke, idees en ’n leesgids vir ouers, onderwysers, familie en vriende van kinders van alle ouderdomme. Die aktiwiteite in die boek help om spelenderwys ’n ruimte vir heling vir kinders te skep. Die pragmatiese en sensitiewe raad het ook ten doel om volwassenes ’n woordeskat te gee wanneer verdriet hulle tot stilte ruk.","brand":"Lapa Publishers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41966854242482,"sku":"9781776354887","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/373705_62f35f169aeae1.31202670_9781776354887.jpg?v=1673536343"},{"product_id":"seks-skoonmas-en-skuld","title":"Seks, Skoonma's en Skuld","description":"Seks, skoonma's en skuld - 'n Troostante se gids vir gesonder verhoudings is 'n blik op eietydse verhoudings se grootste uitdagings en oplossings deur iemand wat die seerder kant van die lewe en die liefde ken. Elize Parker kyk met wysheid en insig na die tipiese uitdagings wat in briewe aan haar troostantekolom sowel as in navorsing en onderhoude vir\nverhoudingsartikels na vore gekom het. \n\n Seks, skoonma's en skuld is van die grootste brandpunte en sy spreek die fynere detail hiervan aan. Lees oor: Verhoudings met ekse en hoe om na die opbreek van verhoudings te herstel. Die invloed van tegnologie op verhoudings soos Facebookaffairs. Hoe om familiekrisisse af te weer en skoonfamilies te hanteer. Hoe om ouers en kinders se soms stormagtige verhoudings te navigeer. Hoe om veilig uit die greep van verslawings te kom. Hoe om te maak as dinge in die slaapkamer verkeerd loop","brand":"Naledi","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42508182323378,"sku":"9781776172573","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/384672_636baff0f0ddc0.26413698_9781776172573_5bf00098-b862-4d8c-8c6b-c41b14e54c2b.jpg?v=1668035403"},{"product_id":"blydskap-mindfulness-wenke-vir-n-vreugdevolle-lewe-paperback","title":"Blydskap: Mindfulness-Wenke Vir 'n Vreugdevolle Lewe (Paperback)","description":"Dit is nie noodwendig maklik om bly te wees nie – maar Johannes de Villiers wys hoe dit ’n haalbare doel is vir enigiemand. Vind in hierdie boek ’n omvattende blik op lewensvreugde; alles van teorieë oor wat presies blydskap behels tot praktiese wenke om dit te bereik, met inligting van spiritueles sowel as sielkundiges. Ware verhale staaf sy voorstelle, soos dié van die man wie se pad na blydskap begin het toe Geheime Polisie hom skiet.","brand":"Johannes de Villiers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42708995866802,"sku":"9780798179775","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140925_618a15e081ec05.67826501_9780798179775_309dba0c-44d4-4977-906d-e612465592c5.jpg?v=1681808157"},{"product_id":"hoe-ver-nog","title":"Hoe Ver Nog? (Paperback)","description":"\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eVir dertien Saterdae was Op Reis saam met Christine en Jacques ? ongelooflike reis saam met Jacques Botes en die luisteraars van Pretoria Fm. Hoe ver nog? is ? samevatting, maar ook ? voortsetting van hierdie reis. Dit bevat ? versameling kort vertellings en sketse, baie waarvan in Op Reis gedeel is, maar ook ? paar ander uit praatjies en skrywes wat elkeen iets wil vertel en ? prentjie probeer teken van ? reis. Hoe ver nog? vertel van reise van ? \" na een of ander \" Van ? aankom, ? afdraai, ? doodloopstraat, ? pletterlanding crash landing) van drome en reisplanne, van wag en wonder met baie vrae. Ons wonder dikwels, buiten \"hoe ver nog?\" en \"is ons amper daar?\", oor wat doen ek wanneer daar niks is wat ek kan doen nie? Elke vertelling in Hoe ver nog? is ? reis op sy eie wat gebeur onder die genade sambreel van ? groter prentjie, ? groter storie ? reis van beplan en begin, van val en opstaan en weer begin, van herbereken, van heelword en herstel H oe ver nog? laat elke leser op nuwe paaie en plekke reis en aankom.\u003c\/span\u003e","brand":"Christine Shaw","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43175284474034,"sku":"9781991256195","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781991256195.jpg?v=1692618376"},{"product_id":"dink-jouself-gelukkig-paperback","title":"Dink Jouself Gelukkig (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eGelukkige mense leef langer en is meer suksesvol in alles wat hulle aanpak. Die wonderlike is dat geluk nie daar buite is nie, maar binne-in jou! Dit is ŉ ingesteldheid: Verander jou ingesteldheid en jou lewe verander! Met Dink jouself gelukkig wys Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Daar is praktiese, eenvoudige oefeninge wat jy kan doen om jou gelukkiger te maak. Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Pieter van Jaarsveld","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45069562708146,"sku":"9780796323521","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780796323521.jpg?v=1740564734"},{"product_id":"van-kettings-tot-keuses-nege-gesigte-van-menswees-paperback","title":"Van Kettings Tot Keuses: Nege Gesigte Van Menswees (Paperback)","description":"\u003cp\u003eVan Kettings tot Keuses deur Savnola Goldridge en Jacques Engelbrecht is ’n  transformerende Afrikaanse boek wat die Enneagram gebruik om die nege fundamentele  maniere te belig waarop mense hulself onbewustelik bind — en hoe daardie selfde  patrone die beginpunt van vryheid kan word.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie boek wys hoe ons van vroeg af oorlewings- en aanpas singstrategieë ontwikkel om  veilig, geliefd of in beheer te voel. Mettertyd word hierdie strategieë outomatiese patrone  van denke, emosie en gedrag. Wat eens beskerming was, word dikwels ’n beperking. Deur  nege herkenbare verhale maak Van Kettings tot Keuses die Enneagram toeganklik en  prakties, en wys hoe elke tipe nie net ’n vorm van gebondenheid dra nie, maar ook ’n  unieke pad na integrasie, volwassenheid en bewuste keuse.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eVan Kettings tot Keuses is nie bloot ’n boek oor persoonlikheid nie. Dit is ’n uitnodiging tot selfondersoek en transformasie — ’n reis van onbewuste herhaling na bewuste keuse.  Deur die nege gesigte van menswees te verken, word lesers genooi om hul eie kettings te  herken en die moed te hê om anders te kies.\u003c\/p\u003e","brand":"Savnola Goldridge, Jacques Engelbrecht","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46987151212722,"sku":"9781997476160","price":345.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781997476160.webp?v=1776690958"}],"url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/afrikaans-self-help-popular-psychology.oembed","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}