{"title":"Afrikaans","description":"","products":[{"product_id":"zip-nataniel","title":"Zip! (Paperback)","description":"Nataniel is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in Nicky \u0026amp; Lou, en sy jongste blitsverkoper 150 stories, is die verhale in Zip! spitsvondig en baie snaaks, en tog ook so wys. Hoe skryf hy op een plek: As mense na jou staar of jou nie aanvaar nie, is dit heeltemal in die haak. Solank hulle vir jou hande klap. 27 stories is in Afrikaans, en 14 in Engels.","brand":"Nataniël","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40301219709106,"sku":"9780798174244","price":365.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140779_611af79d1d55e5.17664152_9780798174244_19c60113-5fad-4dca-8ad3-1da0ac140d72.jpg?v=1678875046"},{"product_id":"z-is-vir-zackie-2-die-paddapoets-paperback","title":"Z Is Vir Zackie 2: Die Paddapoets (Paperback)","description":"Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers  en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40301270794418,"sku":"9780799397185","price":75.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/167282_611e365aa50fc9.37831238_9780799397185_ed8d7595-711e-4446-b9b6-06e0e5579450.jpg?v=1680084685"},{"product_id":"ys-rudie-van-rensburg","title":"Ys (Paperback)","description":"Kassie Kasselman en Rooi Els bevind hulle in die Spesiale Spookeenheid – ’n elite groep van die SAPD. Maar as oud-stasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ’n Washington-gekonkel, ’n oud-Pollsmoor-gevangene op vrye voet in Kaapstad en duisterhede in hul bevelvoerder se persoonlike lewe.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nEn dan is daar die man met Die Drang . . . en sy kettingsaag. Ysingwekkende oomblikke wag op Kassie en Rooi.","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40301296025778,"sku":"9780795801501","price":345.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140527_61000542728ab4.05306299_9780795801501.jpg?v=1655448610"},{"product_id":"wondersmid","title":"Nimmermeer 2: Wondersmid","description":"Morrigan Crow het van haar dodelike vloek ontsnap. Sy is nou deel van die Wondergenootskap. Maar sy kry nie die verwelkoming waarop sy gehoop het nie. Sy is ’n seldsame Wondersmid, en dit veroorsaak dat almal haar as gevaarlik beskou. Lede van die Genootskap verdwyn, iemand pers Morrigan se nuwe vriende af en laat hulle teen haar draai. En Ezra Stuim - die boosste man wat ooit gelewe het - is vasbeslote om Morrigan uit die Genootskap weg te lok.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40301696483506,"sku":"9780798179744","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140924_61543a9bebda19.95214272_9780798179744.jpg?v=1673192262"},{"product_id":"wie-woon-hier","title":"Wie woon hier?","description":"“Ek woon in 'n gebou met sewe verdiepings. Elke vloer het 'n ander deur. Die eerste deur het baie slotte. Daar woon beslis 'n gesin diewe. Voor die tweede deur is altyd modderige voetspore. Dit is die woning van 'n ou jagter en sy troeteltier.” 'n Fantastiese reis deur die verbeelding van 'n meisie wat elkeen van haar bure probeer voorstel deur net te kyk hoe hul voordeur lyk. Elke bladsy is gevul met eindelose detail en verrassings!","brand":"Einat Tsarfati","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40301974880434,"sku":"9780798178549","price":175.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141794_611af17aac2739.62744442_9780798178549_5fc3e9dc-2ceb-4e75-91e2-cbb537d07b28.jpg?v=1665130439"},{"product_id":"wie-met-vuur-speel-paperback","title":"Wie met Vuur Speel (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eWeens populere aanvraag, die heruitgawe van Deon Meyer se heel eerste spanningsroman! By ’n boekeveiling sien Ragel Bergh vir Dirk Buchner raak. Oornag verander haar bestaan, en ná ’n naweek op Houwhoek weet sy sy is nog nooit so volledig bemin nie. Dan gebeur daar iets so ingrypend dat haar en Dirk se pad móét kruis met dié van Ivan Malan, die man met die sagte stem en emosielose oë, opgelei deur die agente van die semi-militêre Firma om mense te manipuleer of te elimineer. Sy opleiding as misdadiger kom handig te pas – hy het geslaag in vakke soos toneelspel, vermomming, vervalsing, seksuele uitbuiting, omkopery, afpersing, inbraak en swendelary. As dié kennis nie help nie, bly die wapens onder sy huis langs die Weskus nog oor. Daar sal hy die “liasseerkabinet van die dood” ooptrek.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Deon Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40301976715442,"sku":"9780624066095","price":375.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140241_61000623d20b13.36746359_9780624066095_c800fe6f-461f-4944-91cb-6c6e61e8adf9.jpg?v=1650979245"},{"product_id":"wies-jy-mnr-slym","title":"Wie's Jy, Mnr Slym?","description":"Morne is die maatjie wat altyd eenkant op die speelgrond sit terwyl die ander maats heerlik speel. Hy word meer hartseer en eensaam by die dag! Sy verbeeldingsmaat, Mnr Slym, sien dit raak en beraam 'n plan om hom weer gelukkig te maak. Want vriende moet daar wees vir mekaar!","brand":"Zanri Kritzinger","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40301979926706,"sku":"9780624085461","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141746_611af1d3b19185.86872426_9780624085461.jpg?v=1665130288"},{"product_id":"welkom-in-die-gesin","title":"Welkom in Die Gesin","description":"","brand":"Mary Hoffman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302389756082,"sku":"9781485301226","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/323347_6117f761c85940.55805633_9781485301226.jpg?v=1640901561"},{"product_id":"weerlose-meganika-paperback","title":"Weerlose Meganika (Paperback)","description":"Dis iewers in die nabye toekoms. Kolonel “Rooipiet” Moolman se lieflingprojek is die jaarlikse Versoeningsfees­opvoering, ’n eietydse weergawe van die Slag van Bloedrivier, wat by ’n inryteater bo­op Welkom se mynhoop gehou word. Enkele seisoene tevore is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die destydse veldslag geneem is . . en dit wys drie engele teen die oggendmis!\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNet daar besluit Rooipiet dat die engele deel moet word van sy toneelstuk. Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die opvoering, en vanjaar is daar ’n spesiale engel wat almal se asem wegslaan. Rooipiet is heimlik verlief op haar. Toe sy egter tydens die kleedrepetisie oënskynlik vermoor word en die koperplaatfoto boonop verdwyn, word Rooipiet se kultuurryk tot in die fondamente geskud.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nEn hiervandaan raak die intrige net méér interessant. Weerlose meganika is ’n heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire.","brand":"Anton Roodt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302418690226,"sku":"062409135X","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141101_618b95a8528886.16688124_9780624091356_2fc728b9-634b-4767-bc37-c89a9b9a0413.jpg?v=1665129237"},{"product_id":"weefselsoute-vir-heilsaamheid-paperback","title":"Weefselsoute Vir Heilsaamheid (Paperback)","description":"Hierdie boek is waarskynlik een van die mees ongewone wat jy ooit sal lees - een wat jou denke oor gesondheid en jou hantering van stres in die daaglikse lewe sal verander. Weefselsoute - ook bekend as sel- of biochemiese soute - is 'n groep van 12 minerale wat perfek gebalanseerd in ons liggame teenwoordig behoort te wees sodat ons heeltemal gesond kan wees. Die soute word in die natuur in die aarde se gesteentes en grond aangetref en kom natuurlik voor in gewasse wat organies in mineraalryke grond gekweek is.","brand":"Margaret Atwood","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302420689074,"sku":"9781770077744","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/38904_611e95b1caa144.51510058_9781770077744_ad5e6e34-d819-4d78-9049-47937f2823d3.jpg?v=1647961451"},{"product_id":"weber-braaibybel-hardcover","title":"Weber Braaibybel (Hardcover)","description":"Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nLeer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAs braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!","brand":"Jamie Purviance","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302431699122,"sku":"9781432304089","price":500.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/23550_611d2ef5a73719.15085625_9781432304089_c05bd5c6-bdb6-4521-b1d2-7e8d1819d88b.jpg?v=1665132925"},{"product_id":"wat-het-geword-van-dinsdag","title":"Wat het geword van Dinsdag?","description":"","brand":"Tinus Horn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302546026674,"sku":"9780798178037","price":310.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141248_611af3433e1604.88163235_9780798178037_84ab0660-58cb-4a1e-8c51-53be38f17892.jpg?v=1640900779"},{"product_id":"wat-n-ramp-doktor-de-goede-en-die-hipno-zirts-boek-3","title":"Wat 'n ramp!: Doktor de Goede en die hipno-zirts (Paperback)","description":"'n Mal wetenskaplike werk aan 'n nare plan om die wereld oor te neem met sy tuisgemaakte breinspoel-toestel! Is Sam, Arty en Emmie dapper genoeg om weer die dorp te red?","brand":"R. McGeddon","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302559101106,"sku":"9780799366600","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/152323_611a7992b02b67.99626038_9780799366600.jpg?v=1667984979"},{"product_id":"waldo-02-en-die-draak-met-die-groen-ton","title":"Waldo En Die Draak Met Die Groen Tong (Paperback)","description":"Is jy gereed vir 'n skubberige avontuur?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWaldo en Connie is warm op die spoor van 'n inbreker. 'n Kosbare voorwerp word uit 'n antiekwinkel gesteel. Kan Waldo sy geheimsinnige nuwe talent gebruik om dit te probeer terugkry? Kort voor lank is hy en Connie deel van 'n holderstebolder-avontuur - en hulle ontdek 'n eeue oue geheim wat ten alle koste bewaar moet word ...","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302655406258,"sku":"1776250184","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/29295_6406a038e72d07.37368426_9781776250189_8ace35b7-d3b6-4c17-9de9-0b77f9e830c6.jpg?v=1681203296"},{"product_id":"waldo-01-en-die-weewolf-met-die-rooi","title":"Waldo En Die Weerwolf Met Die Rooi Tekkies (Paperback)","description":"Wat sluip daar in die maanlig rond?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWaldo en Connie bly in dieselfde woonstelblok - en hulle krap behoorlik kop. Oral in hulle buurt verskyn plakkate en pamflette oor vermiste troeteldiere. En boonop is daar iets vreemds met Waldo aan die gang ... hy sien helder oordag dinge wat nie bestaan nie! 'n Nat, slymerige bol hare lei Waldo en Connie op die spoor van 'n onvergeetlike (en gevaarlike) avontuur - een wat jou sal laat tjank van lekkerkry!","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302655897778,"sku":"1776250168","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/29294_6406a03ec71915.88488998_9781776250165_117fc2b6-e773-41d1-91e1-94832c9d3724.jpg?v=1681203308"},{"product_id":"waarom-mans-altyd-reg-is-en-ander-onnoselhede","title":"Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) (Paperback)","description":"Dié boek bevat van die laaste (en skreeusnaaksste) rubrieke wat André le Roux vir Sarie geskryf het. Wat is dit met vrouens en alewig inkopies doen? En hoekom wil mans nooit dokter toe gaan nie? En vir wat moet 'n mansmens dan nou 'n huweliksherdenking onthou, of o wee, eintlik was dit haar verjaarsdag! Met dié jongste bundel sketse kry 'n mens opnuut lag vir die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue. En waarom die liefde steeds blind is.","brand":"Andre le Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302667858098,"sku":"9780798176941","price":179.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140846_611af672523812.94043725_9780798176941.jpg?v=1667985181"},{"product_id":"waarom-lewe-ek","title":"Waarom Lewe Ek (Paperback)","description":"\u003cp\u003eIn hierdie werk beskryf Viktor Frankl hoedat die lewe in ‘n Duitse konsentrasiekamp  antwoord gebring het op die vraag wat hy so dikwels gestel het: Waarom pleeg mense wat swaar beproef word of gebuk gaan onder kwellings nie selfmoord nie?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar elkeen moet self uitvind wat die betekenis van sy lyding is. Die verantwoordelikheid  hiervan kan nie op ‘n ander afgeskuif word nie. Vir Frankl beteken so ‘n verantwoordelike,  sinvolle lewe: Wie ‘n waarom besit waarvoor hy kan lewe, kan byna elke hoe verwerk.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSO ‘n wyse van lewe beteken ‘n radikale omkering in die vraag na die betekenis van die lewe: jy vra nie meer wat is die betekenis van die lewe vir my nie, maar watter sin gee ek  aan die lewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eNelson Mandela tuur vir 27 jaar deur die tralievensters... Wat het hom geïnspireer om voort te gaan?\u003c\/p\u003e","brand":"Viktor Frankl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302671331506,"sku":"9780620382687","price":126.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780620382687.jpg?v=1733235829"},{"product_id":"vriende-en-verraad-boek-1","title":"Karatekas 1: Vriende en Verraad (Paperback)","description":"Warren en Divan is, vandat hulle kan onthou, al vriende. Dan begin Divan karate doen, en nie lank daarna nie sluit Warren ook by die karate-klub aan. Nou is hulle al twee karaktekas. Maar die einste karate is besig om n stok in die wiel van hulle vriendskap te steek. Hulle vertrou mekaar skielik nie meer nie. Om sake te kompliseer, sluit Kyla van die Martial Arts dojo ook by hulle dojo aan. Die twee vriende verstaan haar glad nie: n meisie wat ewe goed ballet doen as karate-skoppe uitvoer. Gaan hulle vriendskap die karate en Kyla oorleef of gaan dit die vriendskap vernietig? Die boek: Vriende en verraad Warren het in die laaste kampioenskappe die beste in die dojo gevaar. Hy ontdek dat sy beste vriend, Divan, wat al n rooi gordel het, bedreig voel deur hom. Die verhouding tussen hulle versleg toe Warren ook gekies word om na die groot kampioenskap in Durban te gaan. Warren vind uit dat sy ma nie genoeg geld het om die inskrywingsgeld te betaal nie. Hy wil sterf van teleurstelling. Kyla bring al hoe meer tyd by Warren deur en hy vertrou Divan al hoe minder. Gaan Warren by die kampioenskap in Durban uitkom? Hoe gaan hy kies tussen Divan en Kyla?","brand":"Anzil Kulsen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302691254450,"sku":"1432304119","price":39.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/158322_6118ad489d46a4.51911632_9781432304119.jpg?v=1667984555"},{"product_id":"vuilspel-en-nat-voete-boek-8","title":"Vuilspel en nat voete: Boek 8","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302693515442,"sku":"798166541","price":135.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140690_611af8ef09df65.29141103_9780798166546.jpg?v=1643174319"},{"product_id":"vuurwarm-paperback","title":"Vuurwarm (Paperback)","description":"\u003cp\u003eSuid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. 'n Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie. Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is 'n man bekend as Jan Braai.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die boek gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors. Beslis 'n moet vir alle braailiefhebbers!\u003c\/p\u003e","brand":"Jan Braai","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302699643058,"sku":"9780798178174","price":450.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140892_611af5bf4d2cd4.10942508_9780798178174.jpg?v=1681985507"},{"product_id":"vuurwerke-paperback","title":"Vuurwerke (Paperback)","description":"\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eAs daar nou iemand is wat 'n braaitang met gesag saai, dan is dit Jan Braai. Hy ken elke slaggat wat oor 'n braaier se pad kan kom - en hy weet hoe om dit te omseil. Jan skroom nie om te se presies wat werk en wat nie werk nie: Hoe warm, hoe hoog, hoe lank, hoeveel van wat, en wanneer (indien jy anders dink, is dit jou probleem). \u003c\/span\u003e\u003cem data-mce-fragment=\"1\"\u003eVuurwerke\u003c\/em\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003e, nou vir die eerste keer in sagteband beskikbaar, is deur \u003c\/span\u003e\u003cem data-mce-fragment=\"1\"\u003eCape Argus\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003e \u003c\/span\u003e\u003c\/em\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003ebeskryf as 'die beste braaiboek ooit' - en meer as 23 000 eksemplare is reeds opgeraap.\u003c\/span\u003e","brand":"Jan Braai","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302699741362,"sku":"9780798176033","price":435.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140819_611af6fe0c3795.06838362_9780798176033_0c9b8048-3cb5-4c2c-a520-6182b8952e10.jpg?v=1681985498"},{"product_id":"voorouer-pelgrim-berg","title":"Voorouer. Pelgrim. Berg.","description":"\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk. \u003c\/span\u003e","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302704066738,"sku":"9780798181945","price":345.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/331371_60fa5a107d7914.87250970_9780798181945_801c4c4c-822c-41ff-b928-97d5f9d2c623.jpg?v=1643063391"},{"product_id":"vlerkdans-11-14","title":"Vlerkdans","description":"So reg in vandag se tienertaal vertel die bekroonde Barrie Hough die verhaal van Wolfie, die sensitiewe standerd nege-seun wat vir hom 'n oorbel laat insit sodat hy soos 'n regte kunstenaar kan voel. Hy ontmoet vir Anton met die mooi lyf, 'n skitterende balletdanser. Maar dan word Anton siek. Die diagnose is vigs.","brand":"Barrie Hough","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302735884466,"sku":"624031861","price":175.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140152_615ca6aa5d1327.43571907_9780624031864.jpg?v=1640899913"},{"product_id":"vervleg","title":"Vervleg","description":"Hierdie rubrieke is liries, evokatief, diep menslik, met humor en ŉ plattelandse ambience. Petro skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was voltyds vir vier jaar lank die Dinsdag-rubriekskrywer vir Beeld. Verskeie van haar artikels is in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. Sy word in 2019 deur die Cordus-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie vir “haar besondere bydrae tot Afrikaans met unieke onderwerpe waarmee sy die kuns vervolmaak het om sinvol te skryf oor die mens en alledaagse stories van die gewone lewe.”","brand":"Petro Hansen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302807089330,"sku":"9781485310822","price":184.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/152840_61370f712115b3.58730200_9781485310822_d5efb527-19fb-4948-beba-70029a7988ba.jpg?v=1666599742"},{"product_id":"veronika-besluit-om-te-sterf-paperback","title":"Veronika Besluit om te Sterf (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eVeronika het alles wat sy kan begeer – sy is jonk en mooi, met oorgenoeg aantreklike kêrels, ’n vaste werk, ’n liefdevolle familie. Nogtans is Veronika ongelukkig, en een winteroggend besluit sy om ’n oordosis slaappille te drink, maar word dan ’n ruk later in die plaaslike hospitaal wakker. Daar vind sy uit dat hoewel sy lewe, haar hart onherstelbaar beskadig is en dat sy slegs ’n paar dae oor het om te lewe … Die verhaal volg haar deur hierdie intense tyd terwyl sy al haar idees oor die lewe begin bevraagteken. Sy besef spoedig dat elke sekonde van ons bestaan ’n keuse tussen lewe en dood is. Dis ’n roerende en besielende lied aan die lewe, wat ons daaraan herinner dat elke oomblik in ons lewe spesiaal en kosbaar is.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Paulo Coelho","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302809252018,"sku":"1485310385","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/149166_64069588c5c713.89016474_9781485310389_785d2cbf-1277-42dd-93eb-8f0a76253c7c.jpg?v=1678155276"},{"product_id":"verliesfontein-paperback","title":"Verliesfontein (Paperback)","description":"\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eVerliesfontein was beoog as die eerste roman in die drieluik Stemme, maar is laaste voltooi. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dié roman van Schoeman oor die Suid-Afrikaanse verlede. Hier is die sentrale gegewe die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900–1901, tydens die Anglo-Boereoorlog.\u003c\/span\u003e","brand":"Karel Schoeman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302811971762,"sku":"9780798178433","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141250_6184d09eb12539.24297883_9780798178433_950b98a2-07fd-44f6-a6c3-5224e735e4e1.jpg?v=1665128493"},{"product_id":"vegetaries-afrikaans-edition-paperback","title":"Vegetaries: Afrikaans Edition (Paperback)","description":"'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters terugkom vir nog 'n skeppie!","brand":"Jan Braai","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302815281330,"sku":"9780798179379","price":450.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140919_63454f88accd96.35677097_9780798179379.jpg?v=1681985511"},{"product_id":"vaselinetjie-1","title":"Vaselinetjie (Paperback)","description":"\u003cp\u003eShe is Helena Bosman and she lives with her Oupa and Oumie in the Northern Cape. She is their little Vaselinetjie. But everything changes when the Welfare sends her away to the children's home in Gauteng. It is 1993 and everyone talks about a \"new\" South Africa. As the country struggles through changes, Vaselinetjie too must make the transition from sheltered young girl to independent woman in her harsh new world.\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Anoeschka Von Meck","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302824521906,"sku":"9780624084181","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140346_611afc5eca3e04.60187484_9780624084181_f1546a33-4e6f-486f-8f00-f831b14ac592.jpg?v=1682687354"},{"product_id":"valsrivier-paperback","title":"Valsrivier (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003e“Jy is te naby aan die water,” fluister Paul. “Babers slaap in die modder. Hulle sal wakker word as jy op hulle trap.” \u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003ePaul en Dominique se sorgelose kinderdae op ’n Vrystaatse plaas is vir ewig verby wanneer hul ouers se linkse politiek die skoollewe op die dorp onmoontlik maak. \u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eHulle word weggestuur na kosskole in Natal. Paul is ’n belowende jong digter, sy suster sy vertroueling. \u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eMaar Paul is vol woede en sy ontwaking word ’n afwaartse spiraal. Hulle vlieg London toe om die bedrukking van Suid Afrika te ontsnap, maar hy gaan ook sy dood tegemoet. \u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eDominique Botha se roerende debuutroman is ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer. Die boek is op ware gebeure gebaseer.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Dominique Botha","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302834221234,"sku":"9781415207468","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781415207468.jpg?v=1748257633"},{"product_id":"valk-in-die-kraaines-paperback","title":"Valk In Die Kraaines (Paperback)","description":"Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.","brand":"Gerrie Radloff","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302835564722,"sku":"9781919765242","price":39.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/323247_6117f8681af325.95684175_9781919765242_49b9f369-d1f7-4cf0-a2fb-b7a05cb8fb34.jpg?v=1667983058"},{"product_id":"twee-kinders-later-n-ma-se-storie-van-liefde-lag-geloof-en-wonderwerke","title":"Twee Kinders Later: 'n Ma se Storie van Liefde, Lag, Geloof en Wonderwerke (Paperback)","description":"Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van oorlewing van elke modern ma. Charmé se storie help ons om te weet dat ons nie alleen is nie, die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302937276594,"sku":"9780796321831","price":240.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141605_640698bb364d60.79101387_9780796321831.jpg?v=1678154227"},{"product_id":"tuin-vir-tessa-n","title":"'n Tuin vir Tessa","description":"Ná ’n aanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familieplaas en trek stad toe. Eers gaan dit goed, maar die een ramp na die ander tref Altus se besigheid. Hy raak toenemend gespanne en onttrek hom van haar en hul seuns. Uiteindelik speel Altus oop kaarte met Tessa. Die balju slaan toe en Tessa en die seuns staan alleen. Hulp kom van haar vriendin en die gemeente af. Tessa kry egter 'n groot skok toe sy teruggaan om vir laas deur haar huis te loop.","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302949793970,"sku":"9780796321084","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141645_616009fd2255e9.22147166_9780796321084_b35e0942-8ec7-478d-9840-6b7cb1637c00.jpg?v=1665127512"},{"product_id":"trompie-omnibus-1-paperback","title":"Trompie Omnibus 1 (Paperback)","description":"In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Trompie-reeks bevat, ontmoet ons vir Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en sy vriende Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ’n kerel te kry, loop lelik skeef. Trompie wil ook baie graag ’n hond he en het sy oog op ’n basterbrak genaamd Boesman. In Trompie die stouterd trek Trompie vir die nuwe seun wat al die onderwysers se witbroodjie is, ’n lelike streep. In Trompie die soet seun besluit Trompie hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein kondig aan dat dit tyd geword het om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!","brand":"Topsy Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302970142898,"sku":"9780798163934","price":235.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140673_611a1f5985aeb0.40201436_9780798163934_7c58fd28-2f54-4a31-a7ec-9173d08b572d.jpg?v=1683299507"},{"product_id":"trompie-omnibus-5-paperback","title":"Trompie Omnibus 5 (Paperback)","description":"In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie wil 'n seun se krieketkolf leen, maar hy moet mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hom te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel.","brand":"Topsy Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302971945138,"sku":"9780798174602","price":235.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140787_611af77e3d02b1.92439421_9780798174602.jpg?v=1656082247"},{"product_id":"trompie-omnibus-8-3-in-1","title":"Trompie Omnibus 8 (3-in-1)","description":"Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompie-stories. Die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit en Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding mee teen sterk kompetisie in die atletiekspan.  ","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302973583538,"sku":"9780798180375","price":189.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141729_61543b514a9b84.30770684_9780798180375_3142b0dc-95fa-43f9-9fa7-b1e43b91050f.jpg?v=1665131214"},{"product_id":"trompie-omnibus-7-paperback","title":"Trompie Omnibus 7 (Paperback)","description":"In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skryf in vir 'n kompetisie wat 'n reis Kaap toe as prys aanbied.","brand":"Topsy Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302973681842,"sku":"9780798178648","price":235.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140905_611af5a15be991.09628119_9780798178648_fcb6cd5b-15f2-4559-b603-a97e4d5292e9.jpg?v=1683299494"},{"product_id":"trompie-omnibus-6-paperback","title":"Trompie Omnibus 6 (Paperback)","description":"In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word. Hierdie omnibus bevat nog drie gewilde Trompie-stories.","brand":"Topsy Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302973812914,"sku":"9780798176620","price":235.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140838_611af69dc849e8.32496562_9780798176620.jpg?v=1656083059"},{"product_id":"trompie-omnibus-4","title":"Trompie omnibus 4","description":"In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Trompie samel geld in vir 'n bedleende seun, Trompie word verkies as junior leerderraadslid en die rugbyseisoen begin - wat beteken dat Trompie en sy maats se lewe net om een ding draai.","brand":"Topsy Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302973911218,"sku":"9780798171687","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140735_611af82ce0ef22.34812843_9780798171687_36edf18e-a73a-4b6c-8c08-3e7179119831.jpg?v=1683299519"},{"product_id":"trompie-omnibus-3","title":"Trompie omnibus 3","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"color: rgb(34, 34, 34); font-family: 'Open Sans', sans-serif; font-size: 14px;\"\u003eThis omnibus contains three more popular Trompie stories. The crazy adventures of the famous Boksom gang and their fearless leader will entertain and delight young readers once again.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Topsy Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302974009522,"sku":"9780798166829","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140698_611af8c4792707.44136806_9780798166829_705bf2e4-398c-449c-aba6-6b9bc48dbdd3.jpg?v=1683299513"},{"product_id":"trompie-omnibus-2-paperback","title":"Trompie Omnibus 2 (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eNóg drie stories uit die gewilde Trompie-reeks. In Trompie die hoërskoolseun begin die nuwe skooljaar en Trompie, Blikkies, Dawie en Rooie gaan hoërskool toe. Die vier moet gewoond raak aan nuwe reëls, nuwe onderwysers en ouer boelies wat poetse vir hulle bak. In Trompie die dromer word die Boksombende bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. En in Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg hulle en beland in ’n groot penarie. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Topsy Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302974140594,"sku":"9780798163965","price":235.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140674_611af9290ba165.26435635_9780798163965.jpg?v=1656322501"},{"product_id":"toorbos-paperback","title":"Toorbos (Paperback)","description":"Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.","brand":"Dalene Matthee","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40303054291122,"sku":"9780624089179","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141266_6160241a1c0b33.13310569_9780624089179.jpg?v=1665131494"},{"product_id":"toe-my-kat-nog-klein-was-boek-2-hardcover","title":"Toe My Kat Nog Klein Was: Boek 2 (Hardcover)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eWat is meer hartroerend as 'n klein katjie se soeke na moedersmelk met sy klein slurpie?\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAs die gedagte hieraan jou laat verteder, ontdek hoe een van hierdie klein katjies my kat geword het - die mees saggeaarde, die grootste en die mees verspotte kat ter wereld.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Gilles Bachelet","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40303074574514,"sku":"9781485301950","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/323370_6117f724630739.56752774_9781485301950_bb9f9060-4f73-466e-a420-c4d21e0189c1.jpg?v=1670851549"},{"product_id":"tjoppie-en-die-muskiet-paperback","title":"Tjoppie en die Muskiet (Paperback)","description":"\u003cp\u003eTjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eTjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.\u003c\/p\u003e","brand":"Liz De Villiers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40303097282738,"sku":"9780798181020","price":125.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/331404_61543cf65c03a1.67294542_9780798181020_8853ba3a-4cff-4dd6-b186-ee62944ddb78.jpg?v=1665133008"},{"product_id":"thomas-geraamte-net-boek-7","title":"Thomas@geraamte.net: Boek 7 (Paperback)","description":"'n Skooltoer na Namibie saam met al sy pelle. Thomas kan skaars aan iets cooler dink. Boonop gaan hulle die geheimsinnige Kolmanskop besoek - 'n ou spookdorp wat byna onder die woestynsand begrawe le. Maar as Thomas in die omtrek is, loop dinge dikwels skeef. Dit lyk sowaar of hy hierdie keer by die huis sal moet bly terwyl Hannes, Alex, Lukas en Lilian sonder hom pret het. En boonop hoor Thomas 'n geheimsinnige telefoongesprek  'n gesprek wat groot moeilikheid vir die toer voorspel.","brand":"Carina Diedericks-Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40303146795186,"sku":"9780799349511","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/152286_611a7a354fbd90.68551563_9780799349511_32407f56-e169-4c2a-a16c-af35778dea05.jpg?v=1667984858"},{"product_id":"thomas-rock-ster-net","title":"Thomas@Rock-ster.net (Paperback)","description":"Thomas@rock-ster.net is 'n radikale boek wat rock! Dit teiken jong lesers met tegnologiese behoeftes en belangstellings. Maar die boek is anders as enige jeugboek wat al ooit in Afrikaans verskyn het. Dit bring aan die leser 'n geïntegreerde leeservaring met opwindende ekstras soos: QR-kodes wat jou lei na 'n foto, klankgreep en video; 'n Spesiale MXit-kanaal net vir Thomas en sy vriende; Thomas en Thabo se nuwe gunstelingspeletjie, Fangs; die Radikale Rockfees se webblad waar jy self 'n rock-ster kan word en jou eie musiek kan meng; die gedrukte boek lei die leser na elektroniese platforms wat die storie en teks ondersteun en die leeservaring verryk. Die teks kry lewe.","brand":"Carina Diedericks-Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40303147745458,"sku":"9780799350807","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/150471_611a8a60dfe442.74006969_9780799350807_aa35b468-7633-44cd-9f9b-b04b7178e47b.jpg?v=1667985115"},{"product_id":"ter-wille-van-die-vaders-zechut-avot","title":"Israel-reeks 10: Ter wille van die vaders (Zechut Avot) (Paperback)","description":"Henok kry ’n verrassing wanneer sy vrou in Israel kom kuier. Re’uven se pyn oor sy eersgeborene se dood lê nog vlak. Dit laat Marc wonder of hy Adonai nog sal kan liefhê as dit hom sou tref. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.","brand":"Marzanne Leroux-Van der Boon","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40305436623026,"sku":"9780796320841","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140570_611e5f458651e3.37919253_9780796320841_b90a7b9c-4e13-4d18-a005-5d5b9e9b225f.jpg?v=1657614847"},{"product_id":"sweepslag","title":"Sweepslag","description":"Paul en Alicia was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd - Paul het 'n moord aanskou en Alicia het vir die eerste keer in haar lewe skool ge- bunk omdat sy ontsteld was oor iets wat gebeur het. Die twee hoërskoolleerders van Bloemfontein word saam met ander jongmense gevange gehou in 'n luukse huis vol gruwels. Uitkomkans is daar nie, maar dinge raak so erg dat hulle hul lewens gaan waag om weg te kom. 'n Spanningsvolle verhaal met temas mensehandel, dwelmhandel en moord.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40305549705394,"sku":"9780624086772","price":235.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141654_615ca4503fd904.97743283_9780624086772.jpg?v=1665131141"},{"product_id":"swart-swaan","title":"Swart Swaan (Paperback)","description":"’n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak – ’n ondier met ’n dodelike aptyt.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIn die skadu van die dobbelhuis waar Fabian ’n veiligheidswag is, werskaf hy en Mossie, pas uit die tronk, om vir dié gedierte ŉ hok te bou en hom te versorg.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar net Fabian weet van die trommel wat hy vroeër in die tuin begrawe het – daar waar die dier nou lê. ’n Trommel wat hom sal help om sy vrou Merinda, wyndrinker van formaat, vir ’n wyle te help vergeet van die skade aan haar gesig en in haar hart.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWilken Calitz se Swart swaan is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.","brand":"Wilken Calitz","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40305549934770,"sku":"9781415210499","price":119.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/55031_611e4582ad0f24.35646030_9781415210499.jpg?v=1667984807"},{"product_id":"stormkind-paperback","title":"Stormkind (Paperback)","description":"","brand":"Riana Scheepers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40305643061426,"sku":"9780624084303","price":345.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140347_611afc598e0f51.37231919_9780624084303.jpg?v=1651832371"},{"product_id":"storieman-omnibus-5","title":"Storieman omnibus 5","description":"This omnibus edition presents some of the most popular stories from the famous Storieman part works. The book includes two audio CDs with the original recordings, so that children can read and listen together. A gong sounds whenever you should turn the page, so that the story can be followed easily and even very young children can enjoy this book. At home or in the car . . . Storieman is there! Stories included in this edition are: “Wikus te Goede”, “Die astrante snyertjie”, “Die keiser se nuwe klere”, “Liewe Heksie en die Koekoekie”, “Spokie van Boosgelegen” and many more!","brand":"Leon Rousseau","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40305661083826,"sku":"9780798159920","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140667_611af9434bdfd3.21384759_9780798159920.jpg?v=1683299503"}],"url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/afrikaans.oembed?page=87","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}