{"title":"Algemene En Literêre Fiksie","description":"\u003cp\u003eAll titles in this collection are in stock and available for immediate shipping unless marked for pre-order.\u003c\/p\u003e","products":[{"product_id":"wat-het-geword-van-dinsdag","title":"Wat Het Geword Van Dinsdag?","description":"Author: Tinus Horn \/ Supplier:","brand":"Tinus Horn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302546026674,"sku":"9780798178037","price":310.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141248_611af3433e1604.88163235_9780798178037_84ab0660-58cb-4a1e-8c51-53be38f17892.jpg?v=1640900779"},{"product_id":"valsrivier-paperback","title":"Valsrivier","description":"","brand":"Dominique Botha","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302834221234,"sku":"9781415207468","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781415207468.jpg?v=1748257633"},{"product_id":"toorbos-paperback","title":"Toorbos (Paperback)","description":"Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.","brand":"Dalene Matthee","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40303054291122,"sku":"9780624089179","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141266_6160241a1c0b33.13310569_9780624089179.jpg?v=1665131494"},{"product_id":"kleur-kom-nooit-alleen-nie-paperback","title":"Kleur Kom Nooit Alleen Nie (Paperback)","description":"RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2001). In 'n paar opsigte verskil hierdie digbundel van Antjie Krog se vorige werk: vir die eerste keer beweeg die verse ook buite Suid-Afrika - elders in Afrika en ook Europa. Die verse staan in die teken van 'n soeke na identiteit op die kontinent en die vind van 'n plek binne die Afrika-bestel. Soos in haar vorige bundels hanteer Krog ook in hierdie bundel die persoonlike, die politiese en die land(skap).","brand":"Antjie Krog","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309658550450,"sku":"9780795707773","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141573_61601f8266bd73.20454117_9780795707773.jpg?v=1678888677"},{"product_id":"klimtol-paperback","title":"Klimtol (Paperback)","description":"","brand":"Etienne van Heerden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309660188850,"sku":"9780624057796","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140231_611afdcd872c97.84193884_9780624057796_6540ff64-fb8b-450c-a0e1-9c4297484af4.jpg?v=1659006016"},{"product_id":"hans-steek-die-rubicon-oor","title":"Hans steek die Rubicon Oor (Paperback)","description":"Hans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n\u003ciframe allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" allowfullscreen=\"\" frameborder=\"0\" height=\"315\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/5ZfYJ50mlcc?si=j1dKJs-lyPC3yE4g\" title=\"YouTube video player\" width=\"560\"\u003e\u003c\/iframe\u003e","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310760210610,"sku":"9780795801471","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141571_611af298076697.48920164_9780795801471.jpg?v=1665131561"},{"product_id":"haai-karoo-paperback","title":"Haai Karoo (Paperback)","description":"Verhale uit die hartland.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAl die Karoostories wat Etienne van Heerden tot op hede geskryf het, word vir die eerste keer in een bundel versamel. Dit sluit onder andere in “Die gas in Rondawel Wilhelmina”, een van sy heel sterkste tekste.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHeerlike verhale wat Van Heerden se suiwer aanvoeling vir die woord en sy vermoë tot knap karakterisering en situasietekening demonstreer, almal geplaas binne 'n landskap wat hom besonder na aan die hart lê.","brand":"Etienne van Heerden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310795763890,"sku":"624056155","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140221_611afded669511.97397912_9780624056157_0f47ca78-9047-4c71-ab7b-7445c413cd9e.jpg?v=1678885089"},{"product_id":"griet-skryf-n-sprokie-1","title":"Griet skryf 'n sprokie (New Edition) (Paperback)","description":"Griet skryf 'n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in 'n gasoond druk. 'n Dooie kakkerlak in de oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon. As terapie raak haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En só kry die storie van Griet gestalte, 'n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor.","brand":"Marita van der Vyver","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310851305650,"sku":"9780624079194","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140295_6194cf24a2a5a1.50447987_9780624079194.jpg?v=1640821498"},{"product_id":"geknelde-land-paperback","title":"Geknelde Land (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eHoe gebeur dit dat 'n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek? In Geknelde land gee FA Venter 'n diep-menslike antwoord op die en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat die boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek. Die hooffiguur, Rudolf Dreyer, weier aanvanklik om sy plaas te verlaat, selfs nadat dit verwoes is. Geknelde land is 'n uitbeelding van die konflik in Rudolf se gemoed en die stryd wat hy met sy medemens en met homself voer voordat hy tot 'n besluit gedwing word.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"F.A. Venter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40311162405042,"sku":"9781485307273","price":265.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/151032_611a83d90735d4.78027423_9781485307273.jpg?v=1640816739"},{"product_id":"elke-mossie-wat-val","title":"Elke Mossie Wat Val","description":"","brand":"Kas van den Bergh","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312026136754,"sku":"9781485302834","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/161805_6118854f0d4cf8.94436544_9781485302834.jpg?v=1640808612"},{"product_id":"die-uur-van-die-engel-stemme","title":"Die Uur Van Die Engel: Stemme (Paperback)","description":"Author: Karel Schoeman \/ Supplier:","brand":"Karel Schoeman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312768889010,"sku":"9780798178440","price":390.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141196_611af388181e40.95212353_9780798178440.jpg?v=1665130809"},{"product_id":"die-swye-van-mario-salviati","title":"Die Swye van Mario Salviati (Paperback)","description":"\u003cp\u003eIngi Friedländer, 'n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe lê. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos dié van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aandra met haar wondermooi sangstem.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIngi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos 'n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook 'n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat 'n groot geheim met hom saamdra.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie swye van Mario Salviati loop 'n wye, meevoerende draai - van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloë en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wêreldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis 'n roman oor gierigheid en versweë skande; oor die verlede as gevangenis; oor mense wat onder hul andersheid ly. Dit is ook 'n roman oor kunstenaarskap en oor bevryding.\u003c\/p\u003e","brand":"Etienne van Heerden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312793366706,"sku":"9780624044574","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140183_611afe528c4392.61634413_9780624044574_ec2e7ca0-0244-4dd3-9bcd-0883a12914be.jpg?v=1678885093"},{"product_id":"die-bergengel","title":"Die Bergengel 1: Die Bergengel","description":"Author: Carina Stander \/ Supplier:","brand":"Carina Stander","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312874008754,"sku":"9781485307501","price":264.99,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/149146_611a9cf381f0c9.47720385_9781485307501.jpg?v=1676060261"},{"product_id":"die-biblioteek-aan-die-einde-van-die-wereld","title":"Die Biblioteek aan die Einde van die Wereld (Paperback)","description":"Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op ’n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Dié tergend aktuele roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal is.","brand":"Etienne van Heerden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312879251634,"sku":"9780624089126","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141184_6180fe5436c076.41837917_9780624089216.jpg?v=1665131804"},{"product_id":"n-spook-in-die-huis","title":"'n Spook in die Huis (Paperback)","description":"Die spook in sy huis kry alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by ’n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook ’n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewanisaak by die nuuskantoor waar hy werk.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie skaduwêreld van sado-masochisme kom tydens die Dewaniondersoek aan die lig: ’n wêreld goed bekend aan Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkie-broer. Wanneer die gedaante van die vermoorde Anni Dewani lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWat jaag ons, en wat maak ons vry? In ’n Spook in die huis, François Loots se sewende roman, word die kompleksiteite rondom ontvlugting en verlossing op boeiende en verrassende wyse verken.","brand":"Francios Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40588786008242,"sku":"9781415210055","price":168.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/54303_61371da604fb06.36229635_9781415210055.jpg?v=1662727851"},{"product_id":"hans-bars-die-bioborrel-paperback","title":"Hans Bars Die Bioborrel (Paperback)","description":"Dis 2020, en Huis Madeliefie betree die grendeltyd, gewapen met kilogramme seep. Vasie weet nie hoe hy gaan oorleef sonder ’n sopie nie, Skoorsteen Pelser is diep beswaard oor die tabakverbod, en die beheerraad se summiere inperking, sommer nog voor Vlak 5 ’n aanvang neem, en drakoniese reëls stuit Hans lynreg teen die bors. Dis dan Matrone Van Dussen van voor af! Hans is sommer spyt hy’t uit die beheerraad bedank.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar wat, Hans en trawante is mos óú vryheidstryders. Sy destydse versetkabinet teen die Van Dussenonderdrukkingsregime is egter nie meer voltallig nie: twee van die oues is nou in die versorgingseenheid, en Liesbet loop boonop oor na die vyand wanneer die nuwe hoof van die inwonersraad, Altoon Ahlers, haar ’n rol gee in sy tehuistoneelstuk en sy pens en pootjies val vir sy vername aansitterigheid.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHans en kie gaan oor tot lydelike verset in die vorm van pynappelbier, reddingsbesoeke aan Covidsiekes, en ’n algemene vinger in die oog vir Altoon en sy gespuis.","brand":"Rudie Van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40607989661874,"sku":"9780795802255","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/348071_60fa68b0aa5d38.71923042_9780795802256_6f7ac440-7438-4d3d-af8a-7faf97c4a646.jpg?v=1683299618"},{"product_id":"in-salvenhuis-39","title":"In Slavenhuis 39 (Paperback)","description":"In Slavenhuis 39 is 'n drama wat handel oor vier bruin eerstejaarstudente wat 'n woonstel op Stellenbosch deel wat jare gelede slawe gehuisves het. Die vier probeer die verlede versoen met hedendaagse kwessies soos manlikheid, bendes, geloof, rassisme, kultuur, homoseksualiteit en doodeenvoudige menslikheid. Hulle sukkel in die dorp waar hulle kom studeer, en hulle sukkel om oor die weg te kom met mekaar. Maar iewers tussenin is daar tog iets wat hulle saamsnoer. Nie net probeer hulle hulle eerste studiejaar slaag nie, maar ondersoek wat bruinwees nou eintlik beteken in hedendaagse Suid-Afrika.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIn Slavenhuis 39 het by die Woordfees gedebuteer en is benoem vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks by die Fiësta-toekennings. Die toneelstuk het ook die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaars ontvang het.","brand":"Herschelle Benjamin","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40668557541554,"sku":"9781485313069","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/348154_61138045218650.19680022_9781485313069_4c615d92-fc4f-4dc7-a876-571cecadb7fd.jpg?v=1662726884"},{"product_id":"kloof","title":"Kloof (Paperback)","description":"\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e'n Regter bring sy mooi, jong vrou saam na 'n jagplaas om sy laaste trofee te kom skiet. So word vyf mense saamgegooi vir 'n naweek. Jaloesie, konkelary, wedywering en twis oor grondbesit is aan die orde van die dag – en nog 'n verhouding wat nooit sy le kon kry nie. 'n Misterieuse bok maak sy verskyning. Meteens raak die verlede deel van die hede. Nie almal op die plaas weet van die vloek wat oor die grond hang nie. Die omgewing word 'n medespeler wat jare se intrige op die spits dryf.\u003c\/span\u003e","brand":"Alexander Strachan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40718472085682,"sku":"9781869190255","price":20.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/348135_6113817a300f56.24121872_9781869190255.jpg?v=1662729617"},{"product_id":"n-klein-wonderwerk","title":"'n Klein Wonderwerk","description":"Onder die talle boeke met 'n donkie as hoofkarakter, is Paul Gallico se A Small Miracle een van die mees bekoorlike. Dit is die roerende verhaal van 'n Italiaanse oorlogswesie, Pepino, wie se liefde vir sy donkie, Violetta, en sy geloof in Sint Franciskus hom van Assisi na die Vatikaan in Rome neem. Gallico is veral bekend vir sy Dunkirk-verhaal, The Snow Goose.","brand":"Paul Gallico; Naomi Morgan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40901893423282,"sku":"9781928530572","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/352881_613770fd26b533.81484741_9781928530572.jpg?v=1641817184"},{"product_id":"vegters-afrikaans-paperback","title":"Vegters (Paperback)","description":"Hoe gemaak as jy vastrapplek moet kry tussen die Hemel en die Hel? Kliek. En jou lewe verander. Onomkeerbaar. So sal Markus Meyer en Regardt Muller, twee avontuurlustige vriende wat ná matriek by die Britse Weermag aansluit en as lede van die gerespekteerde 3 Valskermregiment in Afghanistan diens doen, weldra leer. Dit is egter eers wanneer stilte oor die slagveld neersif en die gevolge van konflik beredder moet word, dat die wáre vegters na vore sal tree. En daardie slagveld is nie noodwendig in ŉ oorlogsgeteisterde gebied waar die droë hitte iets lewendigs is nie; soms lê dit ook tussen kamerade, gesinslede en verál midde-in die liefde. Want selfs ŉ soen is by tye ŉ landmyn wat afgetrap word ...\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVegters is die merkwaardige verhaal van uitdaging, lojaliteit en deursettingsvermoë. ŉ Verhaal wat die leser deur drie valleie sal neem: van die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap na die Sanginvallei langs die Helmandrivier in Afghanistan, tot die Vallei van ŉ Duisend Heuwels in KwaZulu-Natal waar die wêreldbekende Dusi-kanomarathon die twee vriende tot die uiterste sal beproef. Wees gereed om oorbluf te word. Hierdie boek is nie 'n Sondagmiddagpiekniek nie - dis `n ontsnappingsroete deur `n slagplaas. Vegters moet nie verwar word met 'n hedendaagse oorlogboek nie. Die kontraste tussen die drie wêrelde in die teks is hemelsbreed.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie leser word gelawe met die idiliese Gamtoosvallei, net om weer om sy gemaksone geruk te word na die hel van 'n oorloggeteisterde Afghanistan. Nog min het twee werelde so baie verskil waar die skrywer dit regkry om beide te versoen. 'n Nuwe blik word gegee oor die oorlog in Afganistan, uit die oogpunt van twee Afrikaanse soldate in die Britse leer. Dis'n verhaal van hoop en versoening. Dis mooi. Dis bitter. Dis `n emosionele wipplankrit. Daar is oomblikke van teerheid,maar voor jy te gemaklik raak, word jy aan die bek geruk deur die twee hoofkarakters se ervarings in Afghanistan. Maar dat dit jou gaan by bly en uit jou gemaksone ruk, is gewis.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nRedigeerder Louis Esterhuizen - ”Hierdie werk is by verre een van die mees indrukwekkende tekste wat ek tot nog toe die voorreg gehad het om te hanteer.”","brand":"Lucia Prinsloo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41267367379122,"sku":"9780799397246","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/150895_6183f637c10a28.14921605_9780799397246_5e6fcd2b-2366-422c-83ad-b93d1694a06c.jpg?v=1673269207"},{"product_id":"geboortereg-paperback","title":"Geboortereg","description":"Geboortereg se tema handel oor die feit dat elke baba die reg het tot ouers, twee oumas en oupas. Ruan die hoofkarakter se grootouers aan vaderskant weier om hom te aanvaar as hul kleinkind. Ruan word groot by sy ma en haar man, wat nie die grootouers se seun is nie. Albei sy ouers sterf. Ruan ontmoet twee vroue tot wie hy aangetrokke voel. Die verhaal stel die leser bekend aan die families en stories van die twee vroue. Die boek is geskik vir manlike en vroulike lesers.","brand":"Naledi","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41398182445234,"sku":"9781928530787","price":240.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/359625_61af3b912ab415.63488422_9781928530787.jpg?v=1676684995"},{"product_id":"n-bekkersdal-marathon-en-ander-voorkamerstories-paperback","title":"'n Bekkersdal-Marathon: En Ander Voorkamerstories (Paperback)","description":"Jurie Steyn het 'n probleem. Nie net moet hy 'n bestaan probeer voer uit boerdery in die Marico nie, maar boonop dien sy voorkamer as die Drogevlei-poskantoor  en Jurie as die posmeester. \"Tussen posorders en bloutong weet ek nie watter werk die ergste is nie. Ek moet wa-ghries op my muilkar smeer en seelwas op die possak sit. Partykeer raak ek deurmekaar. Eendag gaan ek nog 'n inkomsteseel op my hotkantmuil plak en die Bekkersdal-possak met 'n halfmaan en 'n streep brandmerk. Dan sal daar moeilikheid wees,\" se Jurie. \"Met my hotmuil, bedoel ek.\" Elke week kom die halfdowe Oupa Bekker, At Naude (wat 'n draadloos besit), buurman Gysbert van Tonder, die berese Johnny Coen, wat eens op 'n tyd 'n railway shunter op Ottoshoop was, en ander kleurryke karakters in Jurie Steyn se voorkamer bymekaar om te wag vir die Goewermentlorrie van Bekkersdal, wat hul pos en melkkanne moet bring. Sake van die dag word druk bespreek, en die gesprekke waartoe dit lei, is gewoonlik skreeusnaaks. Herman Charles Bosman het in die laaste 18 maande van sy lewe sowat 80 stories vir die reeks In the Voorkamer in die nuusblad The Forum geskryf. Bosman het dit self bestempel as die beste werk wat hy ooit gelewer het. 'n Bekkersdal-marathon en ander voorkamerstories volg op die sukses van In die withaak se skadu, die eerste Afrikaanse versameling Oom Schalk Lourens-stories.","brand":"Herman Charles Bosman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41581724991666,"sku":"9781920608002","price":194.9,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/362272_61f3a9e81e02f1.55675458_9781920608002_693e1227-383c-4520-b35d-f47374f562b0.jpg?v=1656078040"},{"product_id":"stella-se-dogters-paperback","title":"Stella se Dogters (Paperback)","description":"Stella Bennet van die plaas Ommekeer het drie dogters en hulle het probleme.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNiemand sal Julia glo dat sy in haar huwelik verbaal mishandel word nie. Niemand sal begryp dat Pauli verlief is op die verkeerde man nie. Veral aangesien sy so 'n verstandige man aan haar sy het. Niemand sal ooit weet hoe broos Teresa is nie. Want sy is hierdie hardekwas advokaat wat geen man nodig het nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie drie dogters se lewens word verder gekompliseer deur vier manne: Frans de Wet, wat langsaan op Genotsfontein boer, Martin Joubert, die prokureur op die dorp, 'n plaaslike dokter James Cameron, en dokter Michael de Waal 'n chirurg wat vanuit die buiteland terugkom om op sy tuisdorp te praktiseer.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAl drie Stella se dogters ly tot 'n mate aan ontkenning, ontkenning van wat werklik is en van wat hulle regtig wil he. Maar die lewe het 'n manier om die erkenning van waarhede af te dwing.","brand":"Helene de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41651417809074,"sku":"9781776352654","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/362953_620ce0fc333672.37750187_9781776352654.jpg?v=1674809654"},{"product_id":"dertig-nagte-in-amsterdam","title":"Dertig Nagte in Amsterdam (Paperback)","description":"Henk Andreas de Melker, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geerf het. Tante Zan met die geheime lewe, waarvan Henk in Amsterdam gaan uitvind. Ook Tante Zan, die aktrise met die onverwoesbare erotiese drif en die politieke aktivis met die voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die Luandese straatmusikant van die Leidse plein. Ten slotte moet Henk kies of hy in Amsterdam gaan woon, en of hy na Suid-Afrika gaan terugkeer. Maar eers moet hy alles oopvlek wat van hom weggesteek is, en sy eie lewe opnuut leer ken. Sy dertig nagte in Amsterdam verander die besadigde Henk de Melker se lewe vir altyd.","brand":"Etienne van Heerden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41691371471026,"sku":"9780624049326","price":395.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/364859_624c01dabd8800.80935202_9780624049326.jpg?v=1653379472"},{"product_id":"die-vroue-van-kosmoslaan-paperback","title":"Die Vroue van Kosmoslaan (Paperback)","description":"Die vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in ’n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is ’n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem ’n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer ’n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word ’n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het.","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41966855585970,"sku":"9781776351473","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/373707_6284c8ce895022.84226097_9781776351473.jpg?v=1673309440"},{"product_id":"zeus-van-wyngaardt-en-die-skrikgodin-paperback","title":"Zeus van Wyngaardt en die Skrikgodin (Paperback)","description":"In Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin word Zeus se buurman, Atif Dinali, se tienerdogter Tahina vermis. Zeus vermoed dat mensehandel en prostitusieringe iets met haar verdwyning te doen het. Sy ondersoek lei hom na die verleidelike Wildene du Bois, 'n courtisane wat eens op 'n tyd betrokke was by 'n mensehandelsindikaat. Zeus besef egter gou dat hierdie saak maar net een tentakel van 'n groter monster is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDit is die tweede boek in die Zeus van Wyngaardt-reeks. Die eerste boek, Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag, word besonder goed ontvang:\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVolgens Emile Joubert (Rapport, 24 Oktober 2021) kan mens die roman in een woord opsom en dit is “bef*k”: “Die ware Zeus was die opperste van alle Griekse gode, maar nie eens die uiterstes van sy bomenslike kragte sou die ontknoping van hierdie vernuftige plesierrit van 'n speurverhaal kon voorspel nie.” Hy wys verder daarop dat die “skryfstyl vernuftig” en die “plot behendig saamgestel” is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nThys Human (Netwerk24, 15 November 2021) beskryf Agrella se debuut as “'n onderhoudende roman wat baie lesers verdien”: “Een van die verkwiklike aspekte van Agrella se roman is dat dit net so min in 'n netjiese boksie pas as die eiesoortige titelkarakter, Zeus (Zet) van Wyngaardt.” En: “Agrella […] kán skryf en weet hoe om met maksimum effek 'n fyn balans tussen humor en erns te handhaaf.”\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nJulio Agrella is in Springs gebore en het daar en in Brakpan grootgeword. Dit verklaar baie. Ná dekades in die (veral Engelse) korporatiewe wêreld tree hy op 50 af en lei 'n semi-kluisenaarslewe saam met sy vrou, honde en katte op 'n piepklein plasie by Dieprivier in die Outeniekwas.","brand":"Julio Agrella","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41968951034034,"sku":"9781485313731","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/374271_6308730c1a8477.31144531_9781485313731.jpg?v=1676748749"},{"product_id":"murasie-paperback","title":"Murasie (Paperback)","description":"\u003cp\u003eMoles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel. Die Strandveld loop dik van die stories. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters - die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste 'n bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop. Ras Erasmus ken feitlik elkeen van hierdie Verlatenfontein-stories soos oorvertel deur sy ouma Kate. Op haar doodsbed laat sy hom drie beloftes afle. Die kans doen hom voor om hierdie beloftes na te kom toe hy 'n kwotasie moet uitwerk vir die restourasie van die opstal op Verlatenfontein nadat dit vir die vierde keer in honderd en twintig jaar net halfpad afbrand - raaiselagtig genoeg, telkens op 'n betekenisvolle datum. Maar hy het nie rekening gehou daarmee dat daar 'n huurpag op 'n gedeelte van die plaas bestaan nie. Die huurpag is duur gekoop - nie soseer met geld nie, maar met 'n veel duurder kommoditeit. Eers toe Georgie Rabie Verlatenfontein toe moet vlug na 'n twiet wat haar baie suur bekom het, hoor sy wat die ware storie is agter die huurpag wat haar peetma hou. 'n Huurpag waaragter Ras Erasmus aan is, en nie net hy nie.\u003c\/p\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42044578169010,"sku":"9781776352357","price":390.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/375442_62a9ac1d19eb91.97967541_9781776352357_6f96b41e-29bd-4b3b-be86-be766da0b845.jpg?v=1678370071"},{"product_id":"die-lang-papawer-paperback","title":"Die Lang Papawer (Paperback)","description":"\u003cp\u003eDeur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLibbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wêreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van ’n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van ’n pastoor van ’n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus ’n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman – en sit steeds met ’n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTydens Covid kry die komplikasies rondom haar liewe, halfheilige pa, Beer en haar gesin net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?\u003c\/p\u003e","brand":"Kristel Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42126524842162,"sku":"9781776352630","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/376705_62cd254a9d0f39.49769439_9781776352630_6be540f9-a2c6-4438-b180-8ca690148dae.jpg?v=1678439508"},{"product_id":"die-lewe-wat-ek-jou-gegee-het-paperback","title":"Die Lewe wat ek jou Gegee het (Paperback)","description":"Berdine se ma en ouma kom saam tot die gevolgtrekking dat hulle hul eie drome deur Berdine, hul dogter en kleindogter wou uitleef. Berdine word groot met die idee dat sy gebore is om ander tevrede te stel. Sy beland in ’n verhouding waar sy ten spyte van haar professionele rol as dokter tuis onderdanig moet wees en deur haar lewensmaat gemanipuleer word.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNá jare van sielkundige teistering begin sy besef dat dit nie die soort lewe is waaroor sy gedroom het nie. Haar ma en ouma Bertha sit koppe bymekaar om Berdine terug te lok na die goeie waardes waarmee hulle haar wou opvoed. Die geleentheid kom gouer as wat hulle beplan het. Daar wag nie net vreugdevolle weersiens nie, maar ook verrassings wat haar lewe drasties verander en haar voor moeilike keuses stel. Berdine is onseker, maar sy kry helderheid nadat haar ouma haar die waarheid oor haar grootouma en dié se niggie Emma vertel – en die eintlike lewe wat ouma Breggie haar gee.","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42132207960242,"sku":"9780796322647","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/376800_62ce9c8ccc4637.62278939_9780796322647.jpg?v=1678439527"},{"product_id":"marilyn-large-print-paperback","title":"Vywervrou 4: Marilyn (Large Print) (Paperback)","description":"Vywervrou? Nee, ŉ kaivrou. Dis wat sy is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nOmring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ŉ kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMet die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterfl ikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terug voeter na die verlede toe. So ver terug ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het. Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ŉ mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ..","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42174344036530,"sku":"9780637000048","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/377059_62da5562a71640.98429995_9780637000048_4f922fec-1f84-488f-aea5-378f2e3c582c.jpg?v=1682424672"},{"product_id":"aurora-trade-paperback","title":"Aurora (Paperback)","description":"Dawid Uys, ’n jong dominee op die platteland word gekonfronteer met vrae oor sy oorsprong en ook sy geloof wanneer daar skielik geleenthede en uitdagings oor sy pad kom. Hy kom ook te staan voor moeilike keuses wanneer hy ’n onverwagse oproep van ’n prokureur kry en hoor dat hy Oom Boela se plaas, Aurora, geërf het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDawid het Oom Boela skaars geken en nou kom die plaas nog met ‘n klomp bepalings en voorwaardes. Die plaas en die kerk sorg vir eindelose struikelblokke en dan is daar nog Dawid se liefdeslewe ook. Hy moet konfrontasies op die kerkraad en moeilike plaaswerkers hanteer en intussen raak hy verlief op die buurman se dogter. Daar is ook ’n nuwe intrekker op die dorp, ’n beeldskone enkelma met ’n misterieuse verlede.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAurora neem vir Dawid en die leser op ’n geestelike reis soos min en die uiteinde van die verhaal is amper so onvoorspelbaar soos die lewe self.","brand":"Tertius Janse van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42403038494898,"sku":"9781776351510","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/382908_632aba537684c9.34124840_9781776351510.jpg?v=1678439519"},{"product_id":"die-reis-paperback","title":"Die Reis (Paperback)","description":"\u003cp\u003eMariza, 'n bekende historiese romanskrywer, het haar woorde verloor nadat 'n brand haar huis byna in puin gelê het. Daarna sterf haar man en nou, 'n jaar later, haar Jack Russell wat 16 jaar haar metgesel was.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSy ontmoet Joubert Hofmeyr, en hulle vertrek op 'n reis na die Kgalagadi: Sy om haar woorde terug te kry en hy om meer vir sy navorsing oor sy voorgeslag se skades en skandes by haar uit te vind. Mariza en Joubert verskil soms, is 'n klankbord vir mekaar en ryg mekaar se stories aanmekaar, maar besef dat die verlede soms jou toekoms bepaal. Die goue draad deur die storie van vyf geslagte vroue is dat hul probleme universeel is. Dat die kollektiewe geheue van die vroue mekaar van geslag tot geslag beïnvloed.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie reis is alles is nie so eenvoudig nie. Dit is die medereisigers wat alles die moeite werd maak. Selfs die voorgeslagte oor eeue heen.\u003c\/p\u003e","brand":"S.D. Fourie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42433947205810,"sku":"9781485314455","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/383423_64373cbfc6af36.26605356_9781485314455_9430b626-4b22-4565-8320-88db86f46745.jpg?v=1681344969"},{"product_id":"liefde-in-konflik","title":"Liefde In Konflik","description":"","brand":"Louis Rautenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42701808533682,"sku":"9871928530068","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]},{"product_id":"sagie-se-storie-n-drieluik-paperback","title":"Sagie se Storie: 'n Drieluik (Paperback)","description":"Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIn die eerste boek word ons betower deur die weerloosheid en onskuld van Sagie se half-verstaan. Tog weet hy baie van boerdery. En wanneer hy Ansie ontmoet, word sy wêreld volmaak. Hy leer Ansie van die veld en die wonder van die Klein-Karoo. En oplaas loop hy verlies op die lyf.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIn Is weer Sagie beleef Sagie opnuut eensaamheid. Klip vir klip begin hy bou aan ‘n huis langs die kleidam vanwaar hy die Dwarsriviervallei en Towerkop mooi kan sien. Hy glo Ansie sal terugkom na hom toe sodra daar rook uit die skoorsteen trek.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nEn dan, Sagie is. Sagie boer nou alleen op Greundal en kry meer te doen met die goed en kwaad in ander mense. Maar deurentyd bly Ansie in sy kop, al is daar die vertroostende teenwoordigheid van Sofia. Eendag sal hy op die Makkadas-trein klim en na Ansie soek tot hy haar kry.","brand":"Jan van Tonder","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42779671756978,"sku":"9780798183635","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/388818_63c42145bedc66.05819175_9780798183635.jpg?v=1678720356"},{"product_id":"konkel-paperback","title":"Konkel (Paperback)","description":"Maat Niekerk is bedryfsielkundige en gewese staandemaglid. Hy is geskei en 'n geswore alleenloper. Hy het voorheen gekonkel vir groot maatskappye en die kapitalistiese bestel. Hy het 'n ommeswaai gemaak en is nou 'n groene - 'n lid van die geheime organisasie NEST (New Earth Settlement Territories), wat bekommerd is oor die vernietiging van hulpbronne, virusse en ekstreme weerstoestande. Dié organisasie het 'n duisend plekke op aarde geïdentifiseer wat geskik sou wees vir oorlewing ná 'n ramp. Die dorpie Joegaai, aan 'n rivier en die see, is een van daardie plekke. Maat verhuis daarheen om aanvoorwerk te doen.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDaar is nog 'n inkommer op die dorp: die geheimsinnige Hannes Lubbe - 'n alias. Sy geheime bynaam is Assegaai omdat hy al wat lem is so flink kan gooi. Hy is 'n moordmasjien. Hy was in die weermag en daarna sluipmoordenaar vir allerlei geheime organisasies. Hy het opdrag ontvang om Maat te elimineer - hy werk vir Groot Kapitaal wat NEST en die groenes wil ondermyn. Hy woon in 'n karavaan op die strand. Die dorpie is vol kleurvolle karakters met geheime agendas. Dis 'n soort eietydse Koöperasiestories - uiters onderhoudend, dikwels skreeusnaaks en boonop spannend.","brand":"Pieter Marais","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42928558604466,"sku":"9781485314479","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/390932_64467a3322a385.04782461_9781485314479.jpg?v=1682341894"},{"product_id":"die-davelvroue-7-fleur-paperback","title":"Die Davelvroue 7: Fleur (Paperback)","description":"HERDRUK - Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42980892672178,"sku":"9780799351545","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/392272_641db049876ac2.62143338_9780799351545_258fcfb7-6749-4a22-946d-27133794f9bc.jpg?v=1683013156"},{"product_id":"diana-se-dag-paperback","title":"Diana se Dag (Paperback)","description":"\u003cspan\u003eToemaar, jou dag sal kom . . .\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003e​\u003c\/span\u003e\u003cspan\u003eDis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jong meisie erf sy die las vir ’n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot ’n studiebeurs haar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik. Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.\u003c\/span\u003e","brand":"Helene de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43023364554930,"sku":"9780798183857","price":365.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780798183857.jpg?v=1684663125"},{"product_id":"offers-vir-genade","title":"Offers vir Genade (Paperback)","description":"\u003cspan\u003eIn Offers vir Genade word van elk van die verskillende karakters gevra om persoonlike offers te maak. 'n Gesin boer op 'n droë Karooplaas, Boesmansrand, in die Brandvlei-distrik - Marinus, Sophie en hul seuns, Kosie (17) en Gerrit (15) - saam met hul huishulp, Mina, haar man, Oujan, en die plaasbestuurder, Pieter. Almal wat hier woon, word deur die droogte uitgedaag om te oorleef. Marinus, die man aan die stuur, se invloed op hoe hulle die plaaslewe hier ervaar, moet egter nie onderskat word nie.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eDan gebeur iets wat almal se lewens onherroeplik verander …\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eHierdie driedelige verhoudingsroman belig die kompleksiteit van persoonlike verhoudings oor generasies heen en ondersoek die trauma van paternalistiese gesinsverhoudings.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003e​\u003c\/span\u003e\u003cspan\u003eSal Sophie dit regkry om ná baie jare in afsondering en eensaamheid 'n sielsverbinding te maak, of sal sy weer 'n offer moet bring - 'n offer vir genade?\u003c\/span\u003e","brand":"Irize Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43024565010610,"sku":"9781776172849","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781776172849.jpg?v=1684737582"},{"product_id":"laaste-kans-paperback","title":"Laaste Kans (Paperback)","description":"\u003cspan\u003e​\u003c\/span\u003e\u003cspan\u003e’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se verjaardag te vier. Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis aan die Weskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag van kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party van lewensmaats en drome afskeid neem; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie.\u003c\/span\u003e","brand":"Marita van der Vyver","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43109787959474,"sku":"9780624094043","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780624094043.jpg?v=1692105920"},{"product_id":"gebeente-paperback","title":"Gebeente (Paperback)","description":"Met ’n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman aan op Gebeente, ’n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur ’n opspraakwekkende plaasmoord, maar ’n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg. Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag. Historie, mite, allegorie en magiese realisme word sjarmant verweef in dié meeleurende roman.","brand":"Etienne van Heerden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43109814468786,"sku":"9780624094678","price":399.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780624094678.jpg?v=1692108004"},{"product_id":"toorberg-klassiek","title":"Toorberg: Klassiek (Paperback)","description":"In die wilde nagte of bedags as die son bloed uit ’n klip wil trek en ’n mens se gedagtes koorsig maal - dan loop waarheid en verdigsel, geskiedenis en toekoms, lewe en dood deurmekaar op Toorberg, erfgrond van die Moolmans. Hiermee moet die magistraat rekening hou wanneer hy die dood kom ondersoek van klein Noag, ’n kind van die weemoed, wat nie heeltemal van dié aarde was nie. En daagliks kring die saak uit, verdiep dit totdat dit selfs die wese van die regspraak uitdaag. Daar word van die magistraat verwag om oor ’n hele stam te oordeel, oor die lewendes en die dodes. Hy moet elkeen se skuld bepaal en daarom almal se “sondes oopkrap”. Maar die Moolmans is ’n familie wat “van die oerdae vir hul eie sondes leer sorg het”. Ouers sny kinders uit hul lewens, stoot hulle opsy as Stief-Moolmans-“weggooivelle” in die Stiefveld, of stedelinge wie se name nie meer oor hulle lippe kom nie. Die Moolmans vergewe nie. Nie as hul stambloed verraai word nie.","brand":"Etienne van Heerden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43149379698866,"sku":"9780624041672","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140168_63eeccba267731.08066947_9780624041672.jpg?v=1688378799"},{"product_id":"hans-kry-troukoors-paperback","title":"Hans Kry Troukoors (Paperback)","description":"Hans het geen begeerte om ná soveel jare alleen weer vrou te vat nie. Maar alles verander toe ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in Huis Madeliefie land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los. Nog ’n nuwe inkommer, Janneman Vermaak, ding om haar hart mee. Boonop wil hy Hans as leidsman in die tehuis onttroon. Maar iets aan dié opperse snoeshaan en die talentkompetisies wat hy reël is nie pluis nie.","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43173565268146,"sku":"9780795802621","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780795802621.jpg?v=1693389329"},{"product_id":"die-melkweg-en-die-miskruier-paperback","title":"Die Melkweg en die Miskruier (Paperback)","description":"In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om nog net een maal weer hulle familieplaas Donkerhoek te sien en ’n neersitplek te soek vir die bondel wat sy al so lank saamdra. Sy het egter nie ’n telefoonnommer vir die nuwe eienaar nie en Google Maps weet nie van so ’n plek nie. In tien jaar het die aarde hierlangs geswig voor grondeise en armoede en die media berig van ’n onbekende virus wat reeds dood op die planeet begin saai het.","brand":"Jeanette Ferreira","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43182813839538,"sku":"9780624094630","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780624094630.jpg?v=1694773037"},{"product_id":"claremont-dairy-paperback","title":"Claremont Dairy (Paperback)","description":"“My geskiedenis onderwyser sê ::’Soort soek soort Hy sê die verskillende wildsbokke wei bedags saam, maar saans groepeer elke groep afsonderlik saam waar hulle oornag So bly die rooibokke, die blesbokke en die koedoes bymekaar sonder om met die ander bokke te meng ..””“Dit is ‘n baie goeie voorbeeld, ou seun ..‘n Volk moet suiwer bly anders verbaster hulle en beteken dit die einde van daardie volk Ons groot plan om ons rassevraagstuk op te los gaan nog die wêreld laat regopsit\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHierdie was die denke van vele Suid Afrikaners in die Apartheid era Willie Hoods beskryf in sy roman CLAREMONT DAISY die verhaal van twee jongmense wat oor die kleurgrens heen verlief aak Ook herinner dit ons aan die donker tye in ons geskiedenis gedwonge verskuiwings die ontugwet paswette gewelddadige oproer\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMoet mens weer daaraan herinner word? Besluit maar self of die wêreld na 1994 ten goede verander het","brand":"Willie Hoods","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43258160545970,"sku":"9781991256225","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/402092_64ec5365b64248.18405794_9781991256225.jpg?v=1693209912"},{"product_id":"die-loutering-van-manon-viljoen-paperback","title":"Die Loutering van Manon Viljoen (Paperback)","description":"\u003cspan\u003eNá ’n liefdesteleurstelling verdiep Manon Viljoen haar volkome in haar praktyk as advokaat en rits sy naweke op haar motorfiets in die bosse om Durban rond Maar nou, agt jaar later, is Nantes Castel terug in haar lewe Net toe sy gereed is om hom van die baba te vertel, vind hy die rugby op TV boeiender as vir haar En wie is die vrou wat Doc Martens stewels dra, met sy Porsche rondrits, sy inkopies vir hom doen, en sê sy is lief vir hom?\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eReeds vies vir alles wat met rugby te doen het, word sy ingetrek in ’n verhoor oor rugbyspelers se breinbeserings Sy word ook deur iemand geteiken en word twee keer so ernstig beseer dat sy harsingskudding opdoen Om haarself te vind onderneem sy ’n pelgrimstog Vir twee weke stap sy saam met ’n man wat sy skaars ken ,,’n man met sy eie bagasie,bagasie,’n volgeling van die filosoof Marcus Aurelius, en iemand met ’n obsessie oor die Oscar Pistorius verhoor Sal die Camino de Santiago de Compostela Manon help om haar ewewig te herwin? Kan sy vrede maak met Nantes, sy liefde terug wen? En hoe versoen sy,sy,’n vrou wat gesteld is op haar onafhanklikheid, die fantasie van die huwelik met die versmorende werklikheid daarvan?\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003e'n Hele paar belangrike besluite wag op Manon ná haar pelgrimstog Hierdie is 'n boeiende liefdesverhaal, speurverhaal en hofdrama, alles in een.\u003c\/span\u003e","brand":"Chris Marnewick","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43258443399346,"sku":"9781991256188","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781991256188.jpg?v=1693223796"},{"product_id":"oop-deure-paperback","title":"Oop Deure (Paperback)","description":"Lana en Elma Lourens is twee susters wat om verskillende redes tydelik in ‘n tuinwoonstel op ‘n plaas by Tesselaarsdal in die Overberg gaan bly. ‘n Broer en suster, André en Christine Maritz boer saam op die groenteplaas. Gou raak die vier mense betrokke by mekaar en smee vriendskappe wat verdiep, maar ook meer gekompliseerd raak wanneer Lana en Elma noodgedwonge langer op die plaas moet aanbly. Asof daar nie genoeg intrige is nie, daag Elma se vriendin, Retha, ook op en tante Aletta, ‘n boervrou in die distrik wat haarself aangestel het as ‘n moederfiguur vir André en Christine, sukkel om haar neus uit almal se sake te hou.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDié verhoudingsroman gaan oor vriendskappe in verskeie vorms, en komplekse familieverhoudings wanneer uiteenlopende mense saamgegooi word in ‘n situasie waarin hulle hulself dalk nie normaalweg sou bevind nie. Hedendaagse romantiese verbintenisse en die vloeiendheid van seksualiteit is ook deel van die verhaal.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nOop deure is soos Oor en Weer deur Trisa Hugo en Analize Viljoen saam geskryf. Oor en weer is uitstekend ontvang deur lesers en resensente en was ‘n finalis vir ŉ ATKV Woordveertjie in 2021.","brand":"Analize Viljoen, Trisa Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43258764656818,"sku":"9781991256263","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/402166_64ecaa2c368296.53915354_9781991256263.jpg?v=1693232455"},{"product_id":"koning-se-wingerd-paperback","title":"Koning se Wingerd (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAgab staan verskeurd. Moet hy getrou bly aan die ou Israelitiese waardes, of kan hy sy heidense vrou, die skone en geslepe prinses Isebel, volg die afvallige tydsgees in? Teenoor die lis van Isebel staan die skraal, profetiese figuur van Elia. Elia wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baäl in ’n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cem\u003eDie koning se wingerd\u003c\/em\u003e\u003cspan\u003e vertel ook die verhaal van Nabot, godvresend, maar nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Nabot se seun Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg. Dan is daar Johanan en God se plan om Israel te verlos van Agab se slegte regering.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eDie geliefde skrywer F.A. Venter herskep die wêreld van Agab, Nabot en Johanan, die vroue in hul lewens, en die politieke strome wat hul omring het, met die gesag van iemand wat diep nagevors en gedink het. Hy laat dié aangrypende stuk Bybelse geskiedenis opnuut leef in fyn besonderhede, en die Bybelse waarhede wat só deurskemer is verstommend relevant vir vandag.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"F.A. VEnter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43276547195058,"sku":"9780796320599","price":375.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141263_63eecbfa5ae687.24705402_9780796320599.jpg?v=1694172247"},{"product_id":"twa-die-tydloper-paperback","title":"Twa die Tydloper (Paperback)","description":"\u003cstrong\u003ePRE-ORDER NOW To be released on 29 February 2024. Please note your complete order will only ship once the Pre-order item becomes available.\u003c\/strong\u003e\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n“Ons is nou te ver om gedane sake om te draai, maar as jy vandag hier met my saam-kom, moet jy weet daar gaan ’n geheim op jou skouers kom rus wat nie vir tjênners bedoel is nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n”Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nTwalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop …\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nTwa die Tydloper is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle sal laat kyk.","brand":"Anoeschka von Meck","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43290142965938,"sku":"9781776380442","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781776380442.jpg?v=1706106246"},{"product_id":"voete-van-klei-paperback","title":"Voete van Klei (Paperback)","description":"• Moenie dít nie en moenie dát nie het baie keer die teenoorgestelde uitwerking op tieners. Hoe praat ŉ ouer dan met ŉ kind oor ŉ sensitiewe onderwerp soos voorhuwelikse seks?\u003cbr\u003e\r\n• As Christenouer weet Lizelle von Wielligh hoe moeilik dit is om leiding vir haar kinders te gee. Daar kom ŉ dag wanneer jy nie meer namens hulle besluite kan neem of keer dat hulle hul koppe stamp nie. Hoe berei jy hulle dan voor op die versoekings wat oor hulle pad mag kom?\u003cbr\u003e\r\n• Jesus het graag deur middel van stories ŉ boodskap aan mense oorgedra. Dit is waar Lizelle aan die idee vir haar nuutste roman, Voete van Klei, gekom het. Sy glo vas ŉ storie het groter trefkrag as ŉ preek wat jy vir ŉ kind afsteek.\u003cbr\u003e\r\n• Die leser kan in Voete van Klei met Jenna se onsekerheid oor haarself en haar voorkoms identifi seer. Hulle raak saam met haar verlief op die gewilde Claude de Ridder en sweef saam met haar in die wolke wanneer hy haar uitkies. Wanneer Claude haar druk om verder te vry, deel hulle in haar worstelstryd, want sy wil hom nie verloor nie. En wanneer sy dan uiteindelik swig, dra hulle saam met haar die gevolge.\u003cbr\u003e\r\n• Die skrywer gaan omsigtig te werk met fi sieke aanraking. Sy hanteer Jenna se misstap met deernis en laat die leser met die versekering dat God se genade altyd sal sorg vir ŉ lig aan die einde van die tonnel. Daarom is die boek nie net vir tieners bedoel nie, want ons het eintlik maar almal voete van klei.","brand":"Lizelle von Wielligh","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43328099123378,"sku":"9781991256577","price":240.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/404126_6523f05bc9ede0.34854558_9781991256577.png?v=1696854419"},{"product_id":"engele-in-kosmoslaan-paperback","title":"Engele in Kosmoslaan (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eDis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003c\/span\u003e’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor ’n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik?\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003eIda voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003eDaar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.\u003c\/p\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43496769061042,"sku":"9781779880062","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779880062.jpg?v=1706014093"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/collections\/JBP-Die-oorkant-Wordsworth-Banner-2020x350-2.jpg?v=1780653493","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/algemene-en-literere-fiksie.oembed?page=10","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}