{"title":"Algemene En Literêre Fiksie","description":"\u003cp\u003eAll titles in this collection are in stock and available for immediate shipping unless marked for pre-order.\u003c\/p\u003e","products":[{"product_id":"veronika-besluit-om-te-sterf-paperback","title":"Veronika Besluit om te Sterf (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eVeronika het alles wat sy kan begeer – sy is jonk en mooi, met oorgenoeg aantreklike kêrels, ’n vaste werk, ’n liefdevolle familie. Nogtans is Veronika ongelukkig, en een winteroggend besluit sy om ’n oordosis slaappille te drink, maar word dan ’n ruk later in die plaaslike hospitaal wakker. Daar vind sy uit dat hoewel sy lewe, haar hart onherstelbaar beskadig is en dat sy slegs ’n paar dae oor het om te lewe … Die verhaal volg haar deur hierdie intense tyd terwyl sy al haar idees oor die lewe begin bevraagteken. Sy besef spoedig dat elke sekonde van ons bestaan ’n keuse tussen lewe en dood is. Dis ’n roerende en besielende lied aan die lewe, wat ons daaraan herinner dat elke oomblik in ons lewe spesiaal en kosbaar is.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Paulo Coelho","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302809252018,"sku":"1485310385","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/149166_64069588c5c713.89016474_9781485310389_785d2cbf-1277-42dd-93eb-8f0a76253c7c.jpg?v=1678155276"},{"product_id":"toorbos-paperback","title":"Toorbos (Paperback)","description":"Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.","brand":"Dalene Matthee","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40303054291122,"sku":"9780624089179","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141266_6160241a1c0b33.13310569_9780624089179.jpg?v=1665131494"},{"product_id":"in-n-land-sonder-voels","title":"In 'n Land Sonder Voëls (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eDit was die vyftiende jaar van ekonokrasie. Vyftien jaar nadat ons ons demokrasie vir die Korporasie verruil het. Die politiek is geprivatiseer. Nes ons polisiediens en hospitale, dekades vroeër. Danksy tegnologie, die stygende reënval, die veranderende klimaat, kon die land aan derduisende yskoue, dankbare Amerikaners en Kanadese blyplek bied. Vir beide die aankomelinge én die gevestigde inwoners het voorspoed en ’n beter lewe aangebreek. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSo het ons geglo, of so is aan ons vertel. Maar nou leer ek ’n nuwe taal. Die taal van onthou. En dit maak my gevaarlik.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003eWanneer ’n mediese dokter die aandag van die Sentinels trek, moet hy deur ’n verwoeste landskap vlug. In ’n wêreld waar ’n skynson lig verskaf, raak hy ’n pion in ’n komplot waarvan hy onbewus is. Selfs die verdwyning van sy kind tydens die chaos en die kosopstande voor die Wending kon hom nie hierop voorberei nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003eIn ’n land sonder voëls is ’n verdoemende ondersoek na die impak van ’n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.\u003c\/p\u003e","brand":"Harry Kalmer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310090793138,"sku":"9781485904014","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/55626_63eee5cdb2d016.55020713_9781485904014.jpg?v=1676605485"},{"product_id":"hans-steek-die-rubicon-oor","title":"Hans steek die Rubicon Oor (Paperback)","description":"Hans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n\u003ciframe allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" allowfullscreen=\"\" frameborder=\"0\" height=\"315\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/5ZfYJ50mlcc?si=j1dKJs-lyPC3yE4g\" title=\"YouTube video player\" width=\"560\"\u003e\u003c\/iframe\u003e","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310760210610,"sku":"9780795801471","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141571_611af298076697.48920164_9780795801471.jpg?v=1665131561"},{"product_id":"hans-gee-herklaas-horings-paperback","title":"Hans Gee Herklaas Horings (Paperback)","description":"Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie (2017 se Hans steek die Rubicon oor), is óp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dít met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ’n vakansietjie op Hermanus, as huisgaste van dié se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nOp Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ’n stel horings kry, en vir Grond trompop loop!\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHans steek die Rubicon oor was ’n topverkoper, veral na voorlesing op RSG. Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310760505522,"sku":"9780795802324","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140540_62baedef9d9336.34618720_9780795802324_c860cb3e-6fc2-4394-b1db-84a5acec5e69.jpg?v=1681454394"},{"product_id":"griet-skryf-n-sprokie-1","title":"Griet skryf 'n sprokie (New Edition) (Paperback)","description":"Griet skryf 'n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in 'n gasoond druk. 'n Dooie kakkerlak in de oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon. As terapie raak haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En só kry die storie van Griet gestalte, 'n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor.","brand":"Marita van der Vyver","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310851305650,"sku":"9780624079194","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140295_6194cf24a2a5a1.50447987_9780624079194.jpg?v=1640821498"},{"product_id":"geknelde-land-paperback","title":"Geknelde Land (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eHoe gebeur dit dat 'n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek? In Geknelde land gee FA Venter 'n diep-menslike antwoord op die en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat die boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek. Die hooffiguur, Rudolf Dreyer, weier aanvanklik om sy plaas te verlaat, selfs nadat dit verwoes is. Geknelde land is 'n uitbeelding van die konflik in Rudolf se gemoed en die stryd wat hy met sy medemens en met homself voer voordat hy tot 'n besluit gedwing word.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"F.A. Venter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40311162405042,"sku":"9781485307273","price":265.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/151032_611a83d90735d4.78027423_9781485307273.jpg?v=1640816739"},{"product_id":"elke-mossie-wat-val","title":"Elke Mossie Wat Val","description":"","brand":"Kas van den Bergh","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312026136754,"sku":"9781485302834","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/161805_6118854f0d4cf8.94436544_9781485302834.jpg?v=1640808612"},{"product_id":"die-swye-van-mario-salviati","title":"Die Swye van Mario Salviati (Paperback)","description":"\u003cp\u003eIngi Friedländer, 'n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe lê. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos dié van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aandra met haar wondermooi sangstem.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIngi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos 'n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook 'n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat 'n groot geheim met hom saamdra.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie swye van Mario Salviati loop 'n wye, meevoerende draai - van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloë en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wêreldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis 'n roman oor gierigheid en versweë skande; oor die verlede as gevangenis; oor mense wat onder hul andersheid ly. Dit is ook 'n roman oor kunstenaarskap en oor bevryding.\u003c\/p\u003e","brand":"Etienne van Heerden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312793366706,"sku":"9780624044574","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140183_611afe528c4392.61634413_9780624044574_ec2e7ca0-0244-4dd3-9bcd-0883a12914be.jpg?v=1678885093"},{"product_id":"die-bergengel","title":"Die Bergengel 1: Die Bergengel","description":"Author: Carina Stander \/ Supplier:","brand":"Carina Stander","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312874008754,"sku":"9781485307501","price":264.99,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/149146_611a9cf381f0c9.47720385_9781485307501.jpg?v=1676060261"},{"product_id":"jy-se-ek-se-ons-se","title":"Jy sê, ek sê, ons sê","description":"\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eVerse vir tieners deur tieners\u003c\/span\u003e\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eIn hierdie unieke boek is versies opgeneem wat deur hoërskoolleerders geskryf is. Marita van der Vyver, bekroonde skrywer van Al wat ek weet, het die leerders begelei tydens die skryfproses.\u003c\/span\u003e\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e’n Voorbeeldversie:\u003c\/span\u003e\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eIs jy regtig lief vir my?\u003c\/span\u003e\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eWant jy’t nog tyd om rond te gly\u003c\/span\u003e\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eIs jy regtig lief vir my?\u003c\/span\u003e\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eWant jy laat my keer op keer seerkry\u003c\/span\u003e\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eIs jy regtig lief vir my?\u003c\/span\u003e\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eJust let me know and I’ll let you stay\u003c\/span\u003e","brand":"Marita van der Vyver","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40562880577714,"sku":"9780799397925","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/327452_6112433c4af203.97735068_9780799397925_d2f8f5ba-e50e-4398-bab3-09a0a9d47b95.jpg?v=1673271597"},{"product_id":"die-lewe-vir-beginners","title":"Die lewe vir beginners","description":"'n Storie van begin, weer begin en óórbegin ... Carla Kasselman se lewe val uit mekaar nadat haar man reg in eie hande neem, 'n onnoembare daad pleeg en die skuld op haar pak. Hy neem alles van haar af weg, eers haar babaseuntjie, en daarna pers hy haar af om hul blonde krulkopdogtertjie af te teken. Lewensmoeg en sonder hoop vlug sy na Sannasklip, 'n eenvoudige Weskusdorpie waar die eksentrieke tante Doreen haar op haar voete help. Die lewe raak weer draaglik, en aangenaam voorspelbaar, totdat 'n weerbarstige grootwildjagter se Landie sonder brandstof voor haar voordeur gaan staan. Carla ontdek dat die lewe bestaan uit probeer en wéér probeer, en dat die liefde nie wag op 'n uitnodiging nie, maar hom ongenooid tuis maak wanneer hy so voel. Meer as twintig jaar later sien sy weer haar dogter, maar Mignon is gebroke, verslae en sonder 'n wil om voort te gaan. Carla bring haar saam Sannasklip toe, maar sal haar verhouding, en die dorp se kalm ekwilibrium Mignon se donkerte kan absorbeer? Hoe is dit dan dat sy nie die bedorwe, depressiewe entjie mens wat net soos sy lyk, herken nie? Skuldgevoelens en verwyte verteer ma en dogter en dreig om hulle te verswelg. Is daar lig aan die einde van die tonnel? Of dalk binne Sannasklip se vuurtoring waar die aantreklike besigheidsman, Bernard Bartman, besig is om 'n restaurantkoninkryk te vestig? Mignon ontdek dat sy meer is as die lappop wat haar pa geskep het en dat sy in staat is om lief te hê en liefgehê te word. Vergifnis word onvermydelik en die verlede se donker geheime verloor hul krag.","brand":"Bernette Bergenthuin","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40563534561458,"sku":"9780799395303","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/151167_61179e690ce2b4.42591740_9780799395303_dc317080-3965-4703-a9f6-95a5b9c0c88b.jpg?v=1678888723"},{"product_id":"n-spook-in-die-huis","title":"'n Spook in die Huis (Paperback)","description":"Die spook in sy huis kry alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by ’n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook ’n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewanisaak by die nuuskantoor waar hy werk.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie skaduwêreld van sado-masochisme kom tydens die Dewaniondersoek aan die lig: ’n wêreld goed bekend aan Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkie-broer. Wanneer die gedaante van die vermoorde Anni Dewani lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWat jaag ons, en wat maak ons vry? In ’n Spook in die huis, François Loots se sewende roman, word die kompleksiteite rondom ontvlugting en verlossing op boeiende en verrassende wyse verken.","brand":"Francios Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40588786008242,"sku":"9781415210055","price":168.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/54303_61371da604fb06.36229635_9781415210055.jpg?v=1662727851"},{"product_id":"hans-bars-die-bioborrel-paperback","title":"Hans Bars Die Bioborrel (Paperback)","description":"Dis 2020, en Huis Madeliefie betree die grendeltyd, gewapen met kilogramme seep. Vasie weet nie hoe hy gaan oorleef sonder ’n sopie nie, Skoorsteen Pelser is diep beswaard oor die tabakverbod, en die beheerraad se summiere inperking, sommer nog voor Vlak 5 ’n aanvang neem, en drakoniese reëls stuit Hans lynreg teen die bors. Dis dan Matrone Van Dussen van voor af! Hans is sommer spyt hy’t uit die beheerraad bedank.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar wat, Hans en trawante is mos óú vryheidstryders. Sy destydse versetkabinet teen die Van Dussenonderdrukkingsregime is egter nie meer voltallig nie: twee van die oues is nou in die versorgingseenheid, en Liesbet loop boonop oor na die vyand wanneer die nuwe hoof van die inwonersraad, Altoon Ahlers, haar ’n rol gee in sy tehuistoneelstuk en sy pens en pootjies val vir sy vername aansitterigheid.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHans en kie gaan oor tot lydelike verset in die vorm van pynappelbier, reddingsbesoeke aan Covidsiekes, en ’n algemene vinger in die oog vir Altoon en sy gespuis.","brand":"Rudie Van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40607989661874,"sku":"9780795802255","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/348071_60fa68b0aa5d38.71923042_9780795802256_6f7ac440-7438-4d3d-af8a-7faf97c4a646.jpg?v=1683299618"},{"product_id":"simoelegri","title":"Simoelegri (Paperback)","description":"\u003cspan style='color: rgb(34, 34, 34); font-family: \"Open Sans\", sans-serif; font-size: 14px;'\u003eLady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ‘n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en jou enigste bron van hitte 'n konkavuur. Oral loop die gerugte van groter onrus en geweld.\u003c\/span\u003e\u003cbr style='box-sizing: border-box; outline: none; color: rgb(34, 34, 34); font-family: \"Open Sans\", sans-serif; font-size: 14px;'\u003e\r\n\u003cspan style='color: rgb(34, 34, 34); font-family: \"Open Sans\", sans-serif; font-size: 14px;'\u003eAangrypend. 'n Hoogpunt in Fouché se oeuvre.\u003c\/span\u003e","brand":"Jaco Fouche","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40608060833970,"sku":"9780798182447","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/339302_6116f0e81964b3.64388392_9780798182447.jpg?v=1677345295"},{"product_id":"in-salvenhuis-39","title":"In Slavenhuis 39 (Paperback)","description":"In Slavenhuis 39 is 'n drama wat handel oor vier bruin eerstejaarstudente wat 'n woonstel op Stellenbosch deel wat jare gelede slawe gehuisves het. Die vier probeer die verlede versoen met hedendaagse kwessies soos manlikheid, bendes, geloof, rassisme, kultuur, homoseksualiteit en doodeenvoudige menslikheid. Hulle sukkel in die dorp waar hulle kom studeer, en hulle sukkel om oor die weg te kom met mekaar. Maar iewers tussenin is daar tog iets wat hulle saamsnoer. Nie net probeer hulle hulle eerste studiejaar slaag nie, maar ondersoek wat bruinwees nou eintlik beteken in hedendaagse Suid-Afrika.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIn Slavenhuis 39 het by die Woordfees gedebuteer en is benoem vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks by die Fiësta-toekennings. Die toneelstuk het ook die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaars ontvang het.","brand":"Herschelle Benjamin","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40668557541554,"sku":"9781485313069","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/348154_61138045218650.19680022_9781485313069_4c615d92-fc4f-4dc7-a876-571cecadb7fd.jpg?v=1662726884"},{"product_id":"kloof","title":"Kloof (Paperback)","description":"\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e'n Regter bring sy mooi, jong vrou saam na 'n jagplaas om sy laaste trofee te kom skiet. So word vyf mense saamgegooi vir 'n naweek. Jaloesie, konkelary, wedywering en twis oor grondbesit is aan die orde van die dag – en nog 'n verhouding wat nooit sy le kon kry nie. 'n Misterieuse bok maak sy verskyning. Meteens raak die verlede deel van die hede. Nie almal op die plaas weet van die vloek wat oor die grond hang nie. Die omgewing word 'n medespeler wat jare se intrige op die spits dryf.\u003c\/span\u003e","brand":"Alexander Strachan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40718472085682,"sku":"9781869190255","price":20.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/348135_6113817a300f56.24121872_9781869190255.jpg?v=1662729617"},{"product_id":"vandag-se-gister-vir-more","title":"Vandag se Gister vir Môre","description":"Vandag se gister vir môre is my memoires – ’n nostalgiese lewensreis van ’n doodgewone reisiger op pad na ’n onbekende ‘môre’. Hierdie reis word vertel deur ’n versameling kort stories, briewe en gedigte wat oor meer as veertig jaar in Afrikaans of Engels geskryf is. Elke storie, brief en gedig beskryf ’n baie besondere oomblik of spesiale gebeurtenis wat my ten diepste geraak het – soms hartroerend, maar soms ook baie komies. Alhoewel memoires uiteraard persoonlik van aard is, is ek van mening dat dit tog met ander gedeel kan word. Ek deel dit graag met die leser, want uit my vandag se gister is daar tog iets te leer vir môre.","brand":"Louis Claassens","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40895253512370,"sku":"9781928530510","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/351130_6135ee69824c04.29137410_9781928530510.jpg?v=1640899110"},{"product_id":"n-klein-wonderwerk","title":"'n Klein Wonderwerk","description":"Onder die talle boeke met 'n donkie as hoofkarakter, is Paul Gallico se A Small Miracle een van die mees bekoorlike. Dit is die roerende verhaal van 'n Italiaanse oorlogswesie, Pepino, wie se liefde vir sy donkie, Violetta, en sy geloof in Sint Franciskus hom van Assisi na die Vatikaan in Rome neem. Gallico is veral bekend vir sy Dunkirk-verhaal, The Snow Goose.","brand":"Paul Gallico; Naomi Morgan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40901893423282,"sku":"9781928530572","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/352881_613770fd26b533.81484741_9781928530572.jpg?v=1641817184"},{"product_id":"as-die-katjiepiering-blom-paperback","title":"As die Katjiepiering Blom","description":"As die Katjiepiering blom is ’n bildungsroman wat in die Overberg en Kaapstad afspeel. Dit is Lea Floris se komvandaanstorie. Haar ouers, Jakob en Dientjie, is plaaswerkers en die omstandighede van haar kinderjare is moeilik. Jakob is ’n alkoholis wat haar ma mishandel.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWanneer Lea die geleentheid kry om by UWK in die Kaap te studeer, glo sy dis haar kans om ’n beter lewe te hê. Maar een besluit verander die koers van haar toekoms en Lea vlug van haar vriende, familie en alles wat sy ken. Die lewe werk mos nie altyd uit soos ons dit beplan nie, en soms is dit ’n goeie ding. ’n Storie vol liefde, hoop en ’n beskermengel of twee.","brand":"Audrey Jantjies","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41299283869874,"sku":"9780795710285","price":265.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/358334_618d4184be54d1.34417510_9780795710285.jpg?v=1676682413"},{"product_id":"geboortereg-paperback","title":"Geboortereg","description":"Geboortereg se tema handel oor die feit dat elke baba die reg het tot ouers, twee oumas en oupas. Ruan die hoofkarakter se grootouers aan vaderskant weier om hom te aanvaar as hul kleinkind. Ruan word groot by sy ma en haar man, wat nie die grootouers se seun is nie. Albei sy ouers sterf. Ruan ontmoet twee vroue tot wie hy aangetrokke voel. Die verhaal stel die leser bekend aan die families en stories van die twee vroue. Die boek is geskik vir manlike en vroulike lesers.","brand":"Naledi","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41398182445234,"sku":"9781928530787","price":240.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/359625_61af3b912ab415.63488422_9781928530787.jpg?v=1676684995"},{"product_id":"die-vloek-van-levitikus-paperback","title":"Die Vloek van Levitikus","description":"Die wêreld van die gemarginaliseerde is ’n eensame plek, sou Jakkie Duvenhage spoedig ontdek. Die bewuswording van sy “andersheid” dompel hom in ’n lewe wat wipplank ry van skoonheidstitels en aanvaarding tot skokterapie en huisgeweld. Deurentyd voel hy die druk van staande te probeer bly teen die sosiale diskriminasie wat sy lewenswyse ontlok. “Ons wil graag glo dat ons in ’n verligte era leef, een van verdraagsaamheid en begrip, maar dis nie waar nie. Die mensdom verbrand nog steeds hul hekse.” Só som een van sy lewensgeselle die realiteit van Jakkie se bestaan vir hom op.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDeur dit alles bly die liefde van sy ma hom deurdra. Maar wanneer hy by ’n reeks sinistere moorde betrek word, word die grense van nie net hierdie band beproef nie, maar ook dié van hom en die grootste liefde van sy lewe.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n’n Onbeskryflike droefheid neem besit van my. Tot onlangs nog was ons minnaars. Nou staan ons as opponente teenoor mekaar in die hof.","brand":"Ben Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41544006009010,"sku":"9780624092858","price":192.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/361878_61e9443dd49438.48183571_9780624092858.jpg?v=1676684786"},{"product_id":"n-bekkersdal-marathon-en-ander-voorkamerstories-paperback","title":"'n Bekkersdal-Marathon: En Ander Voorkamerstories (Paperback)","description":"Jurie Steyn het 'n probleem. Nie net moet hy 'n bestaan probeer voer uit boerdery in die Marico nie, maar boonop dien sy voorkamer as die Drogevlei-poskantoor  en Jurie as die posmeester. \"Tussen posorders en bloutong weet ek nie watter werk die ergste is nie. Ek moet wa-ghries op my muilkar smeer en seelwas op die possak sit. Partykeer raak ek deurmekaar. Eendag gaan ek nog 'n inkomsteseel op my hotkantmuil plak en die Bekkersdal-possak met 'n halfmaan en 'n streep brandmerk. Dan sal daar moeilikheid wees,\" se Jurie. \"Met my hotmuil, bedoel ek.\" Elke week kom die halfdowe Oupa Bekker, At Naude (wat 'n draadloos besit), buurman Gysbert van Tonder, die berese Johnny Coen, wat eens op 'n tyd 'n railway shunter op Ottoshoop was, en ander kleurryke karakters in Jurie Steyn se voorkamer bymekaar om te wag vir die Goewermentlorrie van Bekkersdal, wat hul pos en melkkanne moet bring. Sake van die dag word druk bespreek, en die gesprekke waartoe dit lei, is gewoonlik skreeusnaaks. Herman Charles Bosman het in die laaste 18 maande van sy lewe sowat 80 stories vir die reeks In the Voorkamer in die nuusblad The Forum geskryf. Bosman het dit self bestempel as die beste werk wat hy ooit gelewer het. 'n Bekkersdal-marathon en ander voorkamerstories volg op die sukses van In die withaak se skadu, die eerste Afrikaanse versameling Oom Schalk Lourens-stories.","brand":"Herman Charles Bosman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41581724991666,"sku":"9781920608002","price":194.9,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/362272_61f3a9e81e02f1.55675458_9781920608002_693e1227-383c-4520-b35d-f47374f562b0.jpg?v=1656078040"},{"product_id":"mara-paperback","title":"Mara","description":"Hoe is Viljoen dood? Die vraag voel oeroud, versteen onder lae en lae saamgeperste grond. ’n Klein fossiel, volmaak met al sy beentjies en werwels en oopgesperde bekkie. Sy’s te bang om daaraan te raak, te bang dit val uitmekaar en dan sal sy nooit weet wat dit eens was nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nOor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hoe. Die soektog stuur haar op ver en donker paaie na haar verlede – waar familiegeheime dreigend lê en skuil.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIntussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op en dompel haar verder in ’n maalkolk van vrees. Wat probeer Mara wegsteek, en hoekom?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDan is daar De Wet, die getroude man wat teen sy eie beterwete by Rakie betrokke raak, en Rebecca, die Bouwers se destydse huishulp wat dalk die sleutel tot alles hou.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nTerwyl Rakie desperaat na antwoorde soek, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want uiteindelik is die heel skrikwekkendste vraag: Wat is gevaarliker as jou eie bloed?","brand":"Marida Fitzpatrick","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41636325130418,"sku":"9780624093404","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/362862_627b7cbe4990f4.50379234_9780624093404_b4c17941-0420-4bb3-b237-47bbdc663589.jpg?v=1683299531"},{"product_id":"stella-se-dogters-paperback","title":"Stella se Dogters (Paperback)","description":"Stella Bennet van die plaas Ommekeer het drie dogters en hulle het probleme.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNiemand sal Julia glo dat sy in haar huwelik verbaal mishandel word nie. Niemand sal begryp dat Pauli verlief is op die verkeerde man nie. Veral aangesien sy so 'n verstandige man aan haar sy het. Niemand sal ooit weet hoe broos Teresa is nie. Want sy is hierdie hardekwas advokaat wat geen man nodig het nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie drie dogters se lewens word verder gekompliseer deur vier manne: Frans de Wet, wat langsaan op Genotsfontein boer, Martin Joubert, die prokureur op die dorp, 'n plaaslike dokter James Cameron, en dokter Michael de Waal 'n chirurg wat vanuit die buiteland terugkom om op sy tuisdorp te praktiseer.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAl drie Stella se dogters ly tot 'n mate aan ontkenning, ontkenning van wat werklik is en van wat hulle regtig wil he. Maar die lewe het 'n manier om die erkenning van waarhede af te dwing.","brand":"Helene de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41651417809074,"sku":"9781776352654","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/362953_620ce0fc333672.37750187_9781776352654.jpg?v=1674809654"},{"product_id":"dertig-nagte-in-amsterdam","title":"Dertig Nagte in Amsterdam (Paperback)","description":"Henk Andreas de Melker, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geerf het. Tante Zan met die geheime lewe, waarvan Henk in Amsterdam gaan uitvind. Ook Tante Zan, die aktrise met die onverwoesbare erotiese drif en die politieke aktivis met die voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die Luandese straatmusikant van die Leidse plein. Ten slotte moet Henk kies of hy in Amsterdam gaan woon, en of hy na Suid-Afrika gaan terugkeer. Maar eers moet hy alles oopvlek wat van hom weggesteek is, en sy eie lewe opnuut leer ken. Sy dertig nagte in Amsterdam verander die besadigde Henk de Melker se lewe vir altyd.","brand":"Etienne van Heerden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41691371471026,"sku":"9780624049326","price":395.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/364859_624c01dabd8800.80935202_9780624049326.jpg?v=1653379472"},{"product_id":"die-onsigbare-jou","title":"Die Onsigbare Pou","description":"In die 1980’s verower die sanger genaamd Ober die Afrikaanse musiektoneel . . .\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nJare later belig sy vriend en agent, Sybie de Waal, Ober se lewensloop in ’n plakboek van woorde – van hulle skooldae af, deur die jare toe Obermania die publiek beetgepak het, tot die terreurdaad toe alles tot ’n einde kom.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie onsigbare pou is ’n verhaal van ambisie en kreatiwiteit, roem en anonimiteit, vriendskap en verraad. In Zirk van den Berg se pittige, poëtiese vertelstyl.","brand":"Zirk van den Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41739527323826,"sku":"9780795710551","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/365521_62626360e5fcf6.88596236_9780795710551_162b137e-08e6-4d15-81cc-e1f934e7c05b.jpg?v=1676684549"},{"product_id":"hou-jou-oe-oop","title":"Hou Jou Oe Oop","description":"Ricardo woon in Kewtown saam sy ma, ouer broer, Anton, en sussie, Tracy, wat deurmekaar is met die gangster van die blokke, Capone. Maar voor Ricardo sy oë uitvee, is beide sy ma en broer oorlede, en eindig hy op in ’n wendyhuis agter op Capone se jaart. Hoe moet hy maak, as hy nie eers vir sy girlfriend, Mentha, ’n bord warm kos kan aanbied of ’n Sealy Posturepedic vir hulle kan koop nie?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n’n Meesleurende bildungsroman deur die bekroonde skrywer van As die Cape Flats kon praat.","brand":"Brian Fredericks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41739527749810,"sku":"9780798182744","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/365525_64067ae814d064.10008330_9780798182744.jpg?v=1678149544"},{"product_id":"opdrifsel","title":"Opdrifsel (Paperback)","description":"'n Egpaar se lewe word uitmekaar geskeur toe hulle enigste kind doodgaan. Daar is baie vrae, maar geen antwoorde nie. Daar is selfverwyt, woede en beskuldigings. Daar is 'n eerste Kersfees, 'n eerste verjaarsdag en vriende wat nie weet wat om te sê nie. 'n Drama oor twee mense wat hulself en mekaar in die donker gat van rou verloor, en weer moet vind.","brand":"Philip Rademeyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41742153449650,"sku":"9781485313885","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/365916_624c0092d55461.38707725_9781485313885.jpg?v=1649148627"},{"product_id":"bottelnek-breek-bek","title":"Bottelnek Breek Bek (Paperback)","description":"Dora en Whashiela patsy graag op lit aande in die holte van Hoerikwaggo se skaduwee. Die girls is nie op hul bek geval nie. Maar albei weet ook die veilige hawe van sisterhood kan hulle nie beskerm teen die geweld wat snags op donker sypaadjies sluimer nie. Een oggend op Bellville-stasie gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDianne Du Toit Albertze se debuutroman, bottelnek breek bek, is ’n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend.","brand":"Dianne Albertze","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41941964685490,"sku":"9780798182669","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/371434_6298a14748e742.25233960_9780798182669_2456cb25-7bdf-4436-8c0f-0e3653542ea2.jpg?v=1655188505"},{"product_id":"hans-hou-sy-lyf-sherlock-paperback","title":"Hans Hou Sy Lyf Sherlock (Paperback)","description":"Hans van Kraaienburg is mos nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, en hy ken geldsake. Hý sal hom nie met ’n piramideskema laat vang nie . . . of hoe?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nToe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, trek Hans sy kuite styf. Dié swendelaar se akker gaan nie ongekraak bly nie, besluit hy. Toe die polisie ’n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, neem Hans die handskoen met mening op. Met behulp van ’n mankolieke bussie en karavaan, mannemoed en vrouedaadkrag gaan Hans en trawante op die oorlogspad, Weskus toe. Javel Davel sál hul geld teruggee, of Hans laat los Nella en haar magtige bloomers op hom . . . Maar twee geslepe broers, Hans se paranoïese dogter en ’n venynige Valke-kaptein belemmer Hans se Sherlock-speurtog telkens.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIn die mees avontuurlike Hans-verhaal nóg vorder ons geliefde ouetehuiskommando tot by Paternoster se Panty Bar, en anderkant uit. Maar gaan hul beursies maer bly?","brand":"Rudie Van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41941965668530,"sku":"9780795802539","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/371442_627dff742c50f1.81910728_9780795802539_2f9b992a-b811-42b4-8413-dca10d0b5168.jpg?v=1677348194"},{"product_id":"die-vroue-van-kosmoslaan-paperback","title":"Die Vroue van Kosmoslaan (Paperback)","description":"Die vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in ’n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is ’n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem ’n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer ’n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word ’n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het.","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41966855585970,"sku":"9781776351473","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/373707_6284c8ce895022.84226097_9781776351473.jpg?v=1673309440"},{"product_id":"zeus-van-wyngaardt-en-die-skrikgodin-paperback","title":"Zeus van Wyngaardt en die Skrikgodin (Paperback)","description":"In Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin word Zeus se buurman, Atif Dinali, se tienerdogter Tahina vermis. Zeus vermoed dat mensehandel en prostitusieringe iets met haar verdwyning te doen het. Sy ondersoek lei hom na die verleidelike Wildene du Bois, 'n courtisane wat eens op 'n tyd betrokke was by 'n mensehandelsindikaat. Zeus besef egter gou dat hierdie saak maar net een tentakel van 'n groter monster is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDit is die tweede boek in die Zeus van Wyngaardt-reeks. Die eerste boek, Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag, word besonder goed ontvang:\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVolgens Emile Joubert (Rapport, 24 Oktober 2021) kan mens die roman in een woord opsom en dit is “bef*k”: “Die ware Zeus was die opperste van alle Griekse gode, maar nie eens die uiterstes van sy bomenslike kragte sou die ontknoping van hierdie vernuftige plesierrit van 'n speurverhaal kon voorspel nie.” Hy wys verder daarop dat die “skryfstyl vernuftig” en die “plot behendig saamgestel” is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nThys Human (Netwerk24, 15 November 2021) beskryf Agrella se debuut as “'n onderhoudende roman wat baie lesers verdien”: “Een van die verkwiklike aspekte van Agrella se roman is dat dit net so min in 'n netjiese boksie pas as die eiesoortige titelkarakter, Zeus (Zet) van Wyngaardt.” En: “Agrella […] kán skryf en weet hoe om met maksimum effek 'n fyn balans tussen humor en erns te handhaaf.”\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nJulio Agrella is in Springs gebore en het daar en in Brakpan grootgeword. Dit verklaar baie. Ná dekades in die (veral Engelse) korporatiewe wêreld tree hy op 50 af en lei 'n semi-kluisenaarslewe saam met sy vrou, honde en katte op 'n piepklein plasie by Dieprivier in die Outeniekwas.","brand":"Julio Agrella","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41968951034034,"sku":"9781485313731","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/374271_6308730c1a8477.31144531_9781485313731.jpg?v=1676748749"},{"product_id":"die-manjifieke-ontwaking-van-mel-paperback","title":"Die Manjifieke Ontwaking van Mel","description":"Wanneer die lewe jou omwentel is die wéét binne-in jou.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVir Mel is haar eie melkweg skitterend. Sy het wat sy wil hê, sy is wie sy wil wees. Sy maak die reëls en sy dra nie maskers nie, want sy is in beheer. Maar skielik maak ’n veel groter ster haar verskyning: Isabella, ŉ ongevraagde toevoeging tot die gesin. En boonop besef Mel dat haar beroepskeuse as mediese suster ŉ ode was aan haar oorlede ma. Susterwees was dalk haar ma se passie, maar is dit regtig hare?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMel maak gereed om uit haar einste, skitterende melkweg te verskiet. Dit is ŉ waagstuk, iets wat só nie haar ding is nie. Die ontdekkingsreis vat haar na ŉ wêreld wat sy nog altyd vermy het, tussen mense wat nie haar dam se ganse is nie. By die flats van Belhar kom sy tot die besef dat die dam dalk nie hare is nie, maar dat sy tog, teen haar verwagting, inpas by die ganse. Sy ontmoet ’n jeugwerker met tatoes en ŉ skaatsplank wat baanbrekerswerk onder die jeug doen. Sy leer Llewellyn, haar stiefsuster se grootste aanhanger, beter ken en wys hom sy is nie so upstairs soos hy gedink het nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMel ontdek haarself en ŉ wêreld buite haar eie reëls. Moet sy kies tussen wie sy was en wie sy kan wees? Of is daar plek vir Mel die skateboarder, die biker en die kelner in haar melkweg?","brand":"Jacolet van Den Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42015713755314,"sku":"9780639602912","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/362961_629a099d26c922.63803038_9780639602912_851dd4b8-be25-468e-ad73-5a68d6393584.jpg?v=1680165342"},{"product_id":"murasie-paperback","title":"Murasie (Paperback)","description":"\u003cp\u003eMoles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel. Die Strandveld loop dik van die stories. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters - die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste 'n bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop. Ras Erasmus ken feitlik elkeen van hierdie Verlatenfontein-stories soos oorvertel deur sy ouma Kate. Op haar doodsbed laat sy hom drie beloftes afle. Die kans doen hom voor om hierdie beloftes na te kom toe hy 'n kwotasie moet uitwerk vir die restourasie van die opstal op Verlatenfontein nadat dit vir die vierde keer in honderd en twintig jaar net halfpad afbrand - raaiselagtig genoeg, telkens op 'n betekenisvolle datum. Maar hy het nie rekening gehou daarmee dat daar 'n huurpag op 'n gedeelte van die plaas bestaan nie. Die huurpag is duur gekoop - nie soseer met geld nie, maar met 'n veel duurder kommoditeit. Eers toe Georgie Rabie Verlatenfontein toe moet vlug na 'n twiet wat haar baie suur bekom het, hoor sy wat die ware storie is agter die huurpag wat haar peetma hou. 'n Huurpag waaragter Ras Erasmus aan is, en nie net hy nie.\u003c\/p\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42044578169010,"sku":"9781776352357","price":390.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/375442_62a9ac1d19eb91.97967541_9781776352357_6f96b41e-29bd-4b3b-be86-be766da0b845.jpg?v=1678370071"},{"product_id":"die-lang-papawer-paperback","title":"Die Lang Papawer (Paperback)","description":"\u003cp\u003eDeur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLibbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wêreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van ’n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van ’n pastoor van ’n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus ’n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman – en sit steeds met ’n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTydens Covid kry die komplikasies rondom haar liewe, halfheilige pa, Beer en haar gesin net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?\u003c\/p\u003e","brand":"Kristel Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42126524842162,"sku":"9781776352630","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/376705_62cd254a9d0f39.49769439_9781776352630_6be540f9-a2c6-4438-b180-8ca690148dae.jpg?v=1678439508"},{"product_id":"uit-die-donker-paperback","title":"Uit die Donker (Paperback)","description":"Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIan Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHenriette vermoed haar man het ’n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMadelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHaar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie ’n leuen kan lewe nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien,kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. ’n Besluit wat nie net ’n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet.","brand":"Santie van der Merwe","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42126525235378,"sku":"9781776351930","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/376709_62cc3261ad9929.78103191_9781776351930.jpg?v=1678439512"},{"product_id":"halfpad-hol","title":"Halfpad Hol (Paperback)","description":"Halfpad Hol is die storie van vier karakters wat hulle lewensweg moet vind in die godsdienstig-versplinterde landskap van post-apartheid Suid-Afrika. Die twee manlike perspektiefkarakters is beide vasgekeer in 'n gat; Coenraad fisiek onder in 'n myn, terwyl sy boesemvriend Henk se stryd tussen sy ore afspeel. Saam met Tracy en Benita word hul oortuigings getoets rakende etiek in besigheid, die huwelik en verhoudings. Daar is vertwyfeling oor die grootmaak van kinders, verhoudings met bejaarde ouers en houdings teenoor tradisionele instellings. Traumas weens die verlede se indoktrinasie beinvloed steeds hul lewenskeuses. Halfpad Hol bekyk die invloed van volksgodsdiens en die nadraai daarvan op die psige van die enkeling.","brand":"Amos van der Westhuizen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42128254435506,"sku":"9781776172290","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/376716_62e3885bef9143.80115432_9781776172290.jpg?v=1678439515"},{"product_id":"flora-paperback","title":"Flora (Paperback)","description":"Engela Ovies se jongste roman is ’n hartroerende verhaal oor ’n dapper tienermeisie se liefde vir haar sibbe. Dit getuig van medemenslikheid en vergifnis – eerlik, deernisvol en opreg.","brand":"Engela Ovies","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42129450959026,"sku":"9780798182898","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/376791_62cd8b5f83a477.88941164_9780798182898_546ac00e-b979-4d16-88fc-60350e697ff2.jpg?v=1678439523"},{"product_id":"die-lewe-wat-ek-jou-gegee-het-paperback","title":"Die Lewe wat ek jou Gegee het (Paperback)","description":"Berdine se ma en ouma kom saam tot die gevolgtrekking dat hulle hul eie drome deur Berdine, hul dogter en kleindogter wou uitleef. Berdine word groot met die idee dat sy gebore is om ander tevrede te stel. Sy beland in ’n verhouding waar sy ten spyte van haar professionele rol as dokter tuis onderdanig moet wees en deur haar lewensmaat gemanipuleer word.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNá jare van sielkundige teistering begin sy besef dat dit nie die soort lewe is waaroor sy gedroom het nie. Haar ma en ouma Bertha sit koppe bymekaar om Berdine terug te lok na die goeie waardes waarmee hulle haar wou opvoed. Die geleentheid kom gouer as wat hulle beplan het. Daar wag nie net vreugdevolle weersiens nie, maar ook verrassings wat haar lewe drasties verander en haar voor moeilike keuses stel. Berdine is onseker, maar sy kry helderheid nadat haar ouma haar die waarheid oor haar grootouma en dié se niggie Emma vertel – en die eintlike lewe wat ouma Breggie haar gee.","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42132207960242,"sku":"9780796322647","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/376800_62ce9c8ccc4637.62278939_9780796322647.jpg?v=1678439527"},{"product_id":"marilyn-large-print-paperback","title":"Vywervrou 4: Marilyn (Large Print) (Paperback)","description":"Vywervrou? Nee, ŉ kaivrou. Dis wat sy is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nOmring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ŉ kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMet die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterfl ikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terug voeter na die verlede toe. So ver terug ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het. Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ŉ mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ..","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42174344036530,"sku":"9780637000048","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/377059_62da5562a71640.98429995_9780637000048_4f922fec-1f84-488f-aea5-378f2e3c582c.jpg?v=1682424672"},{"product_id":"die-waterplek-afika-vol-1","title":"Die Bergengel 3: Die Waterplek: Afrika (Afrikaans, Paperback)","description":"\u003cstrong\u003eAs read on RSG from 01\/02\/2023\u003c\/strong\u003e\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nCarina Stander se Bergengel-trilogie word voltrek in twee dele: Die Waterplek: Afrika en Die Waterplek: Gabriëllië. Die Waterplek: Afrika verskyn in September 2022 en Die Waterplek: Gabriëllië sal na verwagting in September 2023 verskyn.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDrie herfse het verloop sedert dié dag toe Gibor Verberger so halfterloops die bestaan van die Waterplek aan sy seun bekendgemaak het. Baie water en bloed het intussen in die see geloop en nou verlaat die sewentienjarige Eron Verberger uiteindelik sy geboorteland in die hoop om die laaste Geseënde en sy pa by die Waterplek te vind: die skuilplek in Afrika wat Gibor vir die vlugtelinge van die Vuurstorm voorberei. By die hawe in Gabriëllië groet sy oom Ruach hom met dié woorde: “Jy, Eron Verberger, het ’n onverskrokke soort waagmoed wat my dikwels bevrees maak. Selfs as wordende Bergengel leef jy op die hoogtes, daar waar die lug min is en die gevaar so groot soos die uitsig.”\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDís die waarheid, want ná die botsing met Velvel Azazel in Bellar, waar Eron en Lia eers gedwing word om die Bloedverbond te smee en dan deur die Wonderwese bevry word, lê sy mees uitdagende reis voor. Die seepad is lewensgevaarlik en sy verhouding met Lia is ’n ingewikkelde vervlegting van wantroue en begeerte. Eron ontmoet nuwe vriende en ou vyande; ou vriende en nuwe vyande. Sy pad kruis met ’n flambojante heerseres en ’n slangbesweerder; ’n reusagtige seevaarder en ’n dogtertjie wat reënwind maak; ’n olifantkalf en ’n magiese ietermagog; koraalriwwe en ’n bergvesting waar towerspreuke skynbaar in elke groef en gleuf ingemessel is. Van die Onbekende Eilandgroep tot Olam, van Waširgzondu tot die Waterplek word Eron tot die uiterste gelouter, en moet hy homself afvra: Is hy been van Gibor Verberger se been en bloed van sy bloed? Is hy waaragtig die honderdste Bergengel van Gabriëllië\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n’n Fantastiese boek, in elke sin van die woord. ’n Verbeeldingsvlug en ’n verbeeldingsvrug, ’n vreemd-oorrompelende, majestueus-liriese, uitspattige, bars-uit-sy-nate, genre-brekende bekoringsboek.","brand":"Carina Stander","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42327147774130,"sku":"9781485310167","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/381898_63dfb59bc81258.80361373_9781485310167_132cfa4f-0070-4861-9c03-1b026aa26f89.jpg?v=1676692302"},{"product_id":"inkommers-paperback","title":"Inkommers (Paperback)","description":"Waar lê die lyn tussen inwoner en inkommer?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n“Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit ’n reisiger nie, dit is nou as jy nie my en Ma se ewige getrek voor Pa se misdaadrekord uit reis kan noem nie.”\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nInkommers is ’n eietydse verhaal, ’n kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer. Is dit moontlik dat net gebore Kommers in die Kom hoort? Hoe gemaak met inkommers wat tot dusver nie juis welkom was nie? ’n Mens moet versigtig wees vir vreemdelinge. Die Afrikaners is hoeka aan die min word en hulle wil hulle omgewing tot ’n erfenisgebied verklaar kry. Dan is die liefde ook nog aan die uitsterf.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIemand moet daarop reageer, rebelleer selfs, maar rebelleer die ware rebel vir iets of teen iets?","brand":"Hans du Plessis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42341603934386,"sku":"9781776359561","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/381985_6316ede5e889a6.64812548_9781776359561.jpg?v=1678435797"},{"product_id":"aurora-trade-paperback","title":"Aurora (Paperback)","description":"Dawid Uys, ’n jong dominee op die platteland word gekonfronteer met vrae oor sy oorsprong en ook sy geloof wanneer daar skielik geleenthede en uitdagings oor sy pad kom. Hy kom ook te staan voor moeilike keuses wanneer hy ’n onverwagse oproep van ’n prokureur kry en hoor dat hy Oom Boela se plaas, Aurora, geërf het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDawid het Oom Boela skaars geken en nou kom die plaas nog met ‘n klomp bepalings en voorwaardes. Die plaas en die kerk sorg vir eindelose struikelblokke en dan is daar nog Dawid se liefdeslewe ook. Hy moet konfrontasies op die kerkraad en moeilike plaaswerkers hanteer en intussen raak hy verlief op die buurman se dogter. Daar is ook ’n nuwe intrekker op die dorp, ’n beeldskone enkelma met ’n misterieuse verlede.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAurora neem vir Dawid en die leser op ’n geestelike reis soos min en die uiteinde van die verhaal is amper so onvoorspelbaar soos die lewe self.","brand":"Tertius Janse van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42403038494898,"sku":"9781776351510","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/382908_632aba537684c9.34124840_9781776351510.jpg?v=1678439519"},{"product_id":"die-reis-paperback","title":"Die Reis (Paperback)","description":"\u003cp\u003eMariza, 'n bekende historiese romanskrywer, het haar woorde verloor nadat 'n brand haar huis byna in puin gelê het. Daarna sterf haar man en nou, 'n jaar later, haar Jack Russell wat 16 jaar haar metgesel was.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSy ontmoet Joubert Hofmeyr, en hulle vertrek op 'n reis na die Kgalagadi: Sy om haar woorde terug te kry en hy om meer vir sy navorsing oor sy voorgeslag se skades en skandes by haar uit te vind. Mariza en Joubert verskil soms, is 'n klankbord vir mekaar en ryg mekaar se stories aanmekaar, maar besef dat die verlede soms jou toekoms bepaal. Die goue draad deur die storie van vyf geslagte vroue is dat hul probleme universeel is. Dat die kollektiewe geheue van die vroue mekaar van geslag tot geslag beïnvloed.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie reis is alles is nie so eenvoudig nie. Dit is die medereisigers wat alles die moeite werd maak. Selfs die voorgeslagte oor eeue heen.\u003c\/p\u003e","brand":"S.D. Fourie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42433947205810,"sku":"9781485314455","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/383423_64373cbfc6af36.26605356_9781485314455_9430b626-4b22-4565-8320-88db86f46745.jpg?v=1681344969"},{"product_id":"die-gawe-goren","title":"Die Gawe van Groen (Paperback)","description":"Die binneland is aan die doodgaan; droogte wurg die lewe uit alles wat eens mooi was. Gerugte bereik koning Ghatra van die Noorde, gerugte van ’n reënkoningin wat krag oor die waters het. As die stories waar is, kan hierdie Sati-met-die-Gawe die drie ryke red en sy koninkryk herstel.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nSo word ’n kontrak gesluit vir ’n jong vrou se lewe. ’n Reuse bruidskat word na Sati se pa gestuur op die kus, en in ruil moet sy saam met Ghatra se manskappe op die wa terug die dorre binneland in reis. Nou vind Sati van die Suidland haarself ver in die vreemde, op pad na ’n lewe wat sy haarself nie kan verbeel nie. Maar die jong soldaat, Djimon, ontferm homself oor sy koning se nuwe bruid. Hy stap langs haar op die lang pad, dra vir haar veldblomme aan, wys vir haar waar die mooi wegkruip in so ’n ongenaakbare land. Dis hy wat die groen in haar laat blom.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar soos Sati meer uitvind van hierdie nuwe land en die mans wat nou skielik oral in haar lewe vertoon, begin sy wonder of enigiemand die meisie agter die Gawe raaksien. En wanneer die koning se planne vir haar duidelik raak, vind Sati uit daar lê iets meer agter die groot Groen wat in haar binneste groei.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie gawe van groen is ’n unieke skepping, wat elemente van historiese fiksie, avontuur, romanse en magiese realisme vermeng om iets totaal vars vir lesers te bied. Dit speel af in die pre-koloniale era van Suid Afrika, maar een wat deurtrek is met wonder en misterie. Die boek beeld op treffende manier ’n jong vrou se sielkundige ontwikkeling uit, tesame met ’n besef van haar ontwakende seksualiteit en die mag wat sy as vrou het in ’n wêreld wat deur mans regeeer word. ’n Opvolg is reeds in wording, want hierdie boek los vir Sati op ’n kritiese oomblik van verandering, met ’n onsekere toekoms wat voor haar uitstrek. Al wat sy weet is dat sy sal moet baklei vir dit wat sy lief het in die wêreld.","brand":"Elmarie Dercksen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42482450792626,"sku":"9781776358335","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/384062_63ad7e7160cf50.25800469_9781776358335_4dcb7df4-0de5-469f-a0cb-2e31c8b256e4.jpg?v=1677345577"},{"product_id":"hulle-noem-haar-carminda-paperback","title":"Hulle Noem Haar Carminda (Paperback)","description":"Skipper Mias Mulder keer inderhaas uit Walvisbaai terug na Ei-Land aan die Weskus toe hy hoor dat ’n ander man by sy verloofde, Emmeline, kuier. Hy leen ’n motorfiets en pak die lang rit na sy tuisdorp toe aan. Op pad kom hy ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy ry agterop die motorfiets saam en klou styf aan hom vas. Eers geleidelik word haar hartseer herkoms bekend. Hulle ontmoet as twee mense wat albei ’n knou deur die lewe toegedien is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHulle noem haar Carminda begin in die vyftigerjare en vertel die verhaal van ’n dekades lange liefdesverhouding se hoogtes en laagtes. Die liefde kan byna alles bedek, maar spoke uit die verlede bly soms kop uitsteek en pla. Dit is ook die verhaal van ’n vrou se ontdekking van haar eie krag en kreatiwiteit.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n’n Nuwe Sandveldstorie uit die bedrewe skrywershand van E Kotzé, aangebied met soveel outentieke mensekennis en in die allermooiste taal.","brand":"E. Kotze","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42567328170162,"sku":"9780795710506","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/386028_636cf146040d81.01254116_9780795710506_42e6aab8-1e4f-4f54-ae3c-437d75f34e99.jpg?v=1677345573"},{"product_id":"kanaan-paperback","title":"Kanaän (Paperback)","description":"Kanaän is die grootse verhaal van twaalf families wat na 'n woestyntrek van 40 jaar op die drumpel van hulle bestemming huiwer. Die grootse verhaal word vertel deur die oë van Itamar, die onwillige hoëpriester, Ragab die prostituut en Josua die leier wat altyd wag op die Wolk van die voorvaders se tyd. Lê die land wat aan hulle belowe is dan nie oorkant hierdie laaste rivier nie? Maar waar is God wat hulle daardeur moet lei? En wat lê anderkant die skrikwekkende mure van die stad Jerigo? Kanaän is die aangrypende verhaal van die universele verlange na 'n ander lewe, die durende hoop op die Beloofde Land. Van die bykans onnaspeurbare onderskeid tussen geloof, bygeloof en brutale ongeloof.","brand":"Barend Vos","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42567642382514,"sku":"9780796323002","price":265.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/386043_636d00cfcc9b11.36847005_9780796323002.jpg?v=1675670932"},{"product_id":"plaas-se-prys","title":"Plaas se Prys","description":"Die verteller en haar man, Liefie, besluit om digby aftrede hulle lewe in die stad agter te laat en ’n plaas naby Greyton te koop. Hulle word verlei deur die blou berge en plattelandse idille. Wanneer hulle eers daar woon, word hulle egter ontnugter deur die werklikheid van die plaaslewe.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDaar is ’n prys te betaal vir die mooi prentjies waarna gehunker word. Gif wat blom, plant, vrug en dier perfek vir die mark laat gedy sodat die landskap sag op die oog val, terwyl die versweë giwwe in die samelewing ook uitgespit word. Die alewige wind en vragmotors wat stof na die huis toe laat waai, teister hulle en stof word amper ’n soort hoofkarakter in die verhaal. Liefie sukkel om die boerdery winsgewend te maak, terwyl die verteller tevergeefs met die bouers stoei om die plaashuis in haar droomhuis te omskep (en tevergeefs skoonmaak aan die stof!).\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie skrywer het ’n uitstekende waarnemingsvermoë en die beskrywing van die swaarkry en gesukkel op die plaas word verweef met ’n fyn sin vir humor. Die leser word ingetrek in die wêreld van die verteller, Liefie en hulle hond, Saar – asook hulle bure en die plaaswerkers.","brand":"Protea Boekhuis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42569660694706,"sku":"9781485313694","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/386156_63a199b1009104.52781133_9781485313694.jpg?v=1677249423"},{"product_id":"hoezit-antie-vrikkie-hier-paperback","title":"Hoezit, Antie? Vrikkie hier (Paperback)","description":"Vrikkie Visser is 'n fiktiewe karakter wat die mense se harte gesteel het met sy briewe aan sy “Antie”, in Volksblad en op Facebook. Vrikkie vertel van sy wedervaringe met sy oom Vissie, sy vriend Bra Pietie en sy antie Velti, en praat oor alles van dieet tot rugby en landsake. Vrikkie, al kan hy nie spel nie, se briewe is vol menslikheid en baie humor. Dis storievertel op sy beste.","brand":"Deon Visser","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42701195542706,"sku":"9780798176422","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/148352_611aa7397b8a04.55623385_9780798176422.jpg?v=1671722667"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/collections\/JBP-Die-oorkant-Wordsworth-Banner-2020x350-2.jpg?v=1780653493","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/algemene-en-literere-fiksie.oembed?page=7","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}