{"title":"Annelie Botes","description":"","products":[{"product_id":"raaiselkind-film-uitgawe","title":"Raaiselkind : Film Uitgawe","description":"\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e'n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig \"mens\" te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam - oppasma - wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot \"Boetatjie\" kan deurdring.\u003c\/span\u003e","brand":"Annelie Botes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40306783486130,"sku":"9780624084983","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140353_61084e7776c694.51229392_9780624084983.jpg?v=1658948753"},{"product_id":"kammaland-paperback","title":"Kammaland (Paperback)","description":"Weinig mense spit diep in hulle spaargeld in, sluit hulle huis en klim vir drie maande van afsondering op ’n kanaalboot in die verre Engeland. Op hul eie. Sonder ervaring. Sonder ’n bootliksens. Sonder die voorwete dat alles goed sal afloop.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAnnelie en die ou gryse het besluit om die kanaalpad te vat en reg in die snerpende winter in te vaar. Om te toets wat hulle ná vier-en-veertig jaar van saamwees in mekaar oorhet. Om te besin oor die roete van die allerlaaste vyftien sterkerige jare wat dálk voorlê. Om herinneringe te vergaar vir die stil dae op die ouetehuisstoep. En om mekaar vergifnis te gee vir sovele sondes. Min sou hulle kon voorsien dat die reis van hosannas ook ’n reis van tappende ontberings en rasperende emosies sou wees. En dat hulle meer as een maal die boot wou verlaat en die kinders bel om hulle te kom haal.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar tot op die een-en-neëntigste dag het hulle vasgehou aan die idille. En aan mekaar.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n\u003cstrong\u003ePrice \u0026amp; availability exclusive to the online store.\u003c\/strong\u003e","brand":"Annelie Botes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309774188722,"sku":"9781776094158","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/55629_611e47e8dd7980.74109004_9781776094158.jpg?v=1681985597"},{"product_id":"kainsmerk-paperback","title":"Kainsmerk (Paperback)","description":"\u003cp\u003eKainsmerk  is ’n versameling stories wat meestal as kortverhale en vervolgverhale in tydskrifte verskyn het. In hierdie verhale vertel Annelie Botes van mense wat as brose wesens dikwels ’n teken van vervloeking (Kainsmerk) in hul siele ronddra wat hulle vir die wêreld wil verberg. Lesers maak kennis met verskeie karakters wat telkens op die Damaskuspad beland as gevolg van die seerkry wat hulle ervaar.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003e’n Boervrou se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink, en droom van die dag dat sy haar man se lyk in die put op die werf afgooi. ’n Ander boervrou bou ’n padstal en werk haar tot eelte, terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy op ’n dag tydens ’n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eNog ’n plaasvrou het geen behae in haar huwelik nie. Een nag beleef sy en haar man ’n plaasaanval en is hulle nét op mekaar aangewese. ’n Vrou wat tronkstraf uitgedien het vir diefstal, beland as huishoudster by ’n hoogaangeskrewe man met ’n rare obsessie. ’n Mevroudominee gaan soek rus en heling in ’n grot op haar geboorteplaas.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eHierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. Nou word dié juwele vir die eerste keer byeengebring in een band. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk  opgeneem.\u003c\/p\u003e","brand":"Annelie Botes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309789720754,"sku":"1776093038","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/29169_611d37d148cac3.66128162_9781776093038.jpg?v=1672499478"},{"product_id":"voetstoots","title":"Voetstoots (Paperback)","description":"\u003cp\u003eVoetstoots is ’n bontgejasde keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou. ’n Kind wat doodgeskok word terwyl hulle jagentjies speel. ’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Toentertyd se poskoets en handsentrale. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cstrong\u003ePrice \u0026amp; availability exclusive to the online store.\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Annelie Botes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40988021883058,"sku":"9781776095247","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/29207_611d31e93167d9.69138217_9781776095247_98ed3f2c-68cb-49f2-9568-33f5ffd15db5.jpg?v=1680261182"},{"product_id":"katvis-paperback","title":"Katvis (Paperback)","description":"\u003cp\u003eNa 'n huwelik van twaalf jaar waartydens sy aan Gerhardus se magsbeheptheid en seksuele sadisme onderwerp is, het Maria genoeg gehad. Op 10 April 2022 verlaat sy die Baai met net haar handsak, 'n koffer en haar viool in die kar. Sy wil die deur finaal toetrek op 'n lewe van aftakeling, perversie en die dreigemente waarmee Gerhardus haar sedert hul egskeiding aanhou teister.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNie eens haar ma, Selina, weet waarheen Maria op pad is om 'n nuwe begin te maak nie. Die enigste mens wat van haar planne bewus is, is Lukas Delport, eienaar van Matoli Meadow, 'n gastehuis op 'n plaas in die Maclear-distrik waar Maria haar voete as bestuurder gaan vind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar minute nadat sy op die plaas aankom, tref die godsverskrikkende wete haar dat al die jare saam met Gerhardus net 'n leerskool was om haar voor te berei op hierdie dag van ontgogeling. Hier, in 'n donker kelder, gekatvis deur 'n gewetenlose bedrieer, is elke oorlewingsminuut suiwer grasie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNa twaalf jaar is die skrywer van Trippel sewe, Klawervier, Raaiselkind en Thula-thula terug met 'n nuwe roman. Katvis gaan lesers opnuut onder die indruk bring dat Annelie Botes 'n storieverteller sonder gelyke is.\u003c\/p\u003e","brand":"Annelie Botes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42855525712050,"sku":"9781776095360","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/343055_63e1e32f746b16.50498764_9781776095360.jpg?v=1683266081"},{"product_id":"laastegoed-rubrieke-2020-2024-trade-paperback","title":"Laastegoed: Rubrieke 2020-2024 (Trade Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAnnelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ’n era ingelui. ’n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes, opinies en insigte oor die lewe met ’n toegewyde lesersgehoor gedeel het. Vir Afrikaans lesers was haar weeklikse rubrieke ’n bron waaruit hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eDie rubrieke in hierdie bundel het van 2020 tot 2024 verskyn en volg op Voetstoots, ’n keur van Annelie se rubrieke tussen 2006 en 2020. Vir die menigte lesers vir wie Annelie se stem oor die jare ’n vertroude instelling geraak het, is haar menings ’n besielende kleinood\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003ewaarheen hulle meermale sal terugkeer om woorde te vind wanneer dit in hul eie stemme ontbreek.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eHierdie bundel is ’n versameling kantaantekeninge tydens tydperke van ingrypende inkeer en verlies. In Maart 2020 het die Covid-19-pandemie die wêreld getref – bunkertyd in Annelie se taal. In haar wêreld was die tyd van korona ’n voorspel tot haar eie finale\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eperiode van aflegging, siekte, amputasie en uiteindelik, die onvermydelike seisoen van “die engele met raspervlerke”.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Annelie Botes","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45645129777330,"sku":"9781776392278","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781776392278.jpg?v=1752668509"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/collections\/Laastegoed_retailer_WW_2020x350_c9ed71e9-5d3d-4cfa-ad7d-2e2c42afced0.jpg?v=1754576222","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/annelie-botes.oembed","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}