Skip to content

Op die Duiwel se Spoor

by Melinda Ferguson Books
ISBN: 9781990973468
Product in Stock: Yes
Original price R 280.00 - Original price R 280.00
Original price R 280.00
R 280.00
R 280.00 - R 280.00
Current price R 280.00
Add to Wishlist
Ná herhaaldelike polisiebrouwerk begin kaptein Ben Bliksem Booysen die Krugersdorp-moorde in 2016 manalleen ondersoek.

Geen arrestasies is gemaak sedert die moordenaars in 2012 met hul skrikbewind in die Wes-Randse dorp begin het nie. Teen die tyd dat Booysen die saak oorneem, is 11 mense reeds grusaam vermoor deur ’n groep wat hulself Electus Per Deus noem.

Booysen, die seun van ’n mynwerker wat lief was vir die bottel en die vuis, se grootwordjare sou min mense laat dink dat hy een van Suid-Afrika se grootste moordsake sou oplos. Maar aangevuur deur ’n verbete sin vir geregtigheid haal hy koerantvoorblaaie toe hy die baasbrein agter die moorde, Cecilia Steyn, en haar vyf makkers aankeer.

Saam met die Sunday Times-joernalis Nicki Gules onthul Booysen skokkende besonderhede van polisie-onbeheptheid en nuwe, sensasionele inligting oor die moordenaars, hul misdade en lewe in die tronk, in ’n makabere verhaal wat die land amper ’n dekade lank vasgenael gehou het.

x