{"title":"Celebrate 100 Years Of Afrikaans","description":"","products":[{"product_id":"voorouer-pelgrim-berg","title":"Voorouer. Pelgrim. Berg.","description":"\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk. \u003c\/span\u003e","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302704066738,"sku":"9780798181945","price":345.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/331371_60fa5a107d7914.87250970_9780798181945_801c4c4c-822c-41ff-b928-97d5f9d2c623.jpg?v=1643063391"},{"product_id":"spertyd","title":"Spertyd","description":"\u003cp\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eThis book is the culmination of Elsa Joubert's autobiographical trilogy that commenced with \u003c\/span\u003e\u003cem data-mce-fragment=\"1\"\u003eWonderlike geweld\u003c\/em\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003e (2005) and \u003c\/span\u003e\u003cem data-mce-fragment=\"1\"\u003eReisiger\u003c\/em\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003e (2009). The primary focus is on the writer's senior years in the retirement home in Cape Town where she resides. Her experiences of the present and not too distant past are inextricably intertwined with the memories of a lifetime ago. These vivid memories are skilfully articulated in vivid detail by one of Afrikaans' most celebrated writers.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Elsa Joubert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40305807753394,"sku":"624084329","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140348_611afc545ae615.09116563_9780624084327_d2d72370-9a47-4d47-95cd-2c0707da0863.jpg?v=1681281691"},{"product_id":"skepsel","title":"Skepsel (Paperback)","description":"Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nEn in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWillem Anker se roman Buys (2014) is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyrprys, die kykNET-Rapportprys, die Hertzogprys en die Helgaard Steyn-toekenning. In vertaling as Red Dog was dit in 2020 op die langlys vir die International Booker Prize. Anker doseer skeppende skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.","brand":"Willem Anker","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40306042732722,"sku":"9780795802171","price":335.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141111_61811ae7415612.64705280_9780795802171_04cb3e24-24a7-4f7b-8e5c-9b9cad03d47f.jpg?v=1665131664"},{"product_id":"plaasmoord-paperback","title":"Plaasmoord (Paperback)","description":"Universiteit van Johannesburg Debuutprys vir Skeppende Skryfkuns (2010) M-Net Letterkundetoekenning in die rolprentkategorie (2010) Inspekteur Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die brutaliteit van misdaad in Johannesburg. Hy kom soek rus en vrede op ’n klein dorpie aan die rand van die Kalahari, waar hy ’n nuwe veediefstal-eenheid op die been moet bring. Dan word ’n grusame dubbele moord op ’n plaas gepleeg. Gou kry Beeslaar egter met veel meer as ’n “gewone plaasmoord” te doen. Hy word gekonfronteer met ’n koelbloedige veediefstalsindikaat, Afrika-towerkuns, ’n ou grondeis in ‘n plofbare politieke klimaat wat deur ’n regse wit vigilantegroep uitgebuit word. En dit is maar net die begin. ’n Naelkou-misdaadroman met ’n nuwe, eg Suid-Afrikaanse speurheld. Plaasmoord is in Nederlands vertaal as Moord op Huilwater.","brand":"Karin Brynard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40307086262450,"sku":"9780798151160","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140637_611af9b93f61b5.47857083_9780798151160.jpg?v=1643174592"},{"product_id":"nuwe-kinderverseboek","title":"Nuwe Kinderverseboek (Hardcover)","description":"Hierdie bundel bevat, soos die titel aandui, ’n versameling heeltemal nuwe en oorspronklike gedigte. Dit bou voort op die wonderlike tradisie van DJ Opperman se Kleuterverseboek en Klein Verseboek, en dek onderwerpe wat met die destydse bundels nog nie deel was van kinders se leefwêreld nie, soos rekenaars, selfone, e-pos, internet en sms.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie 250 verse deur 100 bydraers sluit in bekende en nuwe skrywers soos Hennie Aucamp, François Bloemhof, Philip de Vos, Hans du Plessis, Franci Greyling, Jaco Jacobs, Lucas Malan en Fanie Viljoen.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie bundel bestaan uit drie afdelings: kleuterverse (2 tot 4 jaar), kinderverse (5 tot 7 jaar) en amper-tieners (8 tot 10 jaar). Temas wat gedek word sluit in: gesin en familie, speelgoed en troeteldiere, diere en natuur, pret en humor, tegnologie en beroep, vriendskap en verhoudings, eetgewoontes en maniere, liggaam en gesondheid, fantasie en sprokies, gril en gruwel, sport en spel, aktuele kwessies en sosiale verantwoordelikheid. ’n Lys wat die gedigte per onderwerp aandui, verskyn agterin sodat die bundel ook geskik is vir skoolgebruik.","brand":"Riana Scheepers, Suzette Kotze-Myburgh","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40307669500082,"sku":"624046761","price":410.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140193_62beab23cbd460.55816197_9780624046769.jpg?v=1656663576"},{"product_id":"kyk-na-my-herinneringe-aan-n-kindertyd","title":"Kyk Na My: Herinneringe Aan 'n Kindertyd (Paperback)","description":"Met hierdie unieke boek vertel Nataniël die verhaal van ’n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, ’n era waartydens reëls blindelings gevolg is en oor ’n jong seun met ’n oorweldigende vrees vir die gewone. Kyk na my is Nataniël se eerste volwaardige memoir.","brand":"Nataniël","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309605531826,"sku":"798179937","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140929_61715f388d2ee1.37037562_9780798179935_0eeb68e6-f854-4847-b141-2bb047691360.jpg?v=1678878663"},{"product_id":"kaap-kerrie-koesisters-paperback","title":"Kaap, Kerrie \u0026 Koesisters (Paperback)","description":"In Kaap, kerrie \u0026amp; koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle kinderjare op die Kaapse Vlakte. Die twee glo aan huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is. Maklik, maar nooit eentonig nie. Daar's iets vir elkeen se smaak: gheema-kerrie tot bredies, bykosse soos sambals en dhaltjies met 'n byt.","brand":"Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309789950130,"sku":"9780798177726","price":435.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140866_63ff5948ac7507.36679604_9780798177726_7c801ae4-504f-4ee8-8381-3ea54ee99719.jpg?v=1683530689"},{"product_id":"fees-van-die-ongenooides","title":"Fees Van Die Ongenooides (Paperback)","description":"\u003cp\u003eFees van die ongenooides is the most outstanding example of P.G. du Plessis's storytelling art. His novel is indeed one of the extraordinary works about the Boer War. In contemporary idiom, it also asks questions about how we remember, what we remember, and what the implications of forgetting are.\u003c\/p\u003e\n\u003c!----\u003e","brand":"P. G. du Plessis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40311661920434,"sku":"9780624048374","price":395.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140200_611afe27a7ddb1.07468075_9780624048374.jpg?v=1672382300"},{"product_id":"eilande-paperback","title":"Eilande (Paperback)","description":"Eilande is nie net 'n titel nie – dis 'n gebeurtenis. In hierdie onstuitbare epos word die eerste jare van die Kaapse nedersetting herroep in sewe grootse taferele uit die lewe van ses historiese manfigure wie se lewens op byna onnaspeurbare maniere in mekaar vervloei. En om wie vloei hulle? Om die wese van 'n vrou, Pieternalla in wie se liggaam wit en bruin bloed saamgevloei het tot 'n noodlot. Hierdie sewe mans is almal deur haar aangeraak. Sy is die spilpunt van 'n genadelose geskiedenis van dood, liefde en oorlewing. Die verhaal strek ver en wyd: oor drie oseane, drie vastelande en 'n handvol eilande. Dit loop, soos 'n groot rivier, met geweldige versnellings wat die leser insluk en meevoer. Maar oraloor kom dit ook tot rus in die lewe van gewone mense. Dit beantwoord baie vrae. Hoe ervaar 'n honger inboorling die driemaster wat stadig op die rotse loop reg daar op die lykus waar hy woon?","brand":"Dan Sleigh","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312095539378,"sku":"9780624079064","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140294_6183cd5d583633.99491015_9780624079064.jpg?v=1665129848"},{"product_id":"die-vrou-in-die-blou-mantel-paperback","title":"Die Vrou In Die Blou Mantel (Paperback)","description":"Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nTerwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nKort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld wees.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .","brand":"Deon Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312761811122,"sku":"9780798176903","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141639_611af28046f5d0.77217211_9780798176903_6ac85424-4a07-42c0-9184-87e274398921.jpg?v=1665130044"},{"product_id":"die-biblioteek-aan-die-einde-van-die-wereld","title":"Die Biblioteek aan die Einde van die Wereld","description":"Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op ’n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Dié tergend aktuele roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal is.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312879251634,"sku":"9780624089126","price":395.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141184_6180fe5436c076.41837917_9780624089216.jpg?v=1665131804"},{"product_id":"chokers-en-survivors-paperback","title":"Chokers en Survivors (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003e'n Oorrompelende debuutbundel wat stem gee aan die lewe in en om die Kaapse vlakte. Geskryf in die taal eie aan die gebied, hanteer die skrywer die alledaagse lewe op die Kaapse vlakte met kragtige verse wat die leser laat huiwer tussen lag en huil.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Nathan Trantraal","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40461151109298,"sku":"9780795704888","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780795704888.png?v=1747992053"},{"product_id":"vleis","title":"Vleis: Die Omvattende Gids (Afrikaans Edition) (Paperback)","description":"Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ’n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVleis: Die omvattende gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met ’n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker – alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieël op elke bladsy van hierdie boek.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVleis: Die omvattende gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat:\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n* Meer as 100 resepte wat die toets van die tyd deurstaan het – daar is beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis, en enigiets van maklike gesinsetes, tradisionele treffers en spoggerige onthaalkos tot kitsplanne met die oorskiet\u003cbr\u003e\r\n* Beskrywings van al die verskillende vleissnitte, hul gebruike en die beste metodes om dit gaar te maak\u003cbr\u003e\r\n* Nuttige inligting oor die voedingswaarde en veroudering van vleis, vleisterme en omskakelingstabelle\u003cbr\u003e\r\n* Ekstra resepte vir marinades, souse, soutmengsels, aftreksels en deeg wat vleis komplementeer","brand":"Annelien Pienaar","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40520244396210,"sku":"9780798179355","price":450.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/335462_60ed823a392267.50065044_9780798179355_7febaf9a-d156-4d2f-ba4a-9421e5d6a1f8.jpg?v=1683212908"},{"product_id":"kompoun","title":"Kompoun (Paperback)","description":"Ek wil nie soos hulle wees nie, ek wil nie begin lieg oor die verkeerdheid wat in ons familie sit soos taai hare vol soutwater nie.\u003cbr\u003e\r\n \u003cbr\u003e\r\nNadia en haar nefie Xavie word op Groenplaas in die Overberg groot, waar wit, bruin en swart mense apart bly. Hulle word grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinney, die “stammoeder van lieg”, die een wat die waarheid laat val het soos ’n duur porseleinblompot.\u003cbr\u003e\r\n \u003cbr\u003e\r\nHulle twee probeer die stukkies van die versplinterde waarheid aanmekaar las, die dinge waaroor daar in hul familie geswyg word: oor middelmisbruik en mishandeling, maar ook oor Antie Diana, die verhouding wat sy met ’n swart plaaswerker van die kompoun gehad het en die tweeling aan wie sy geboorte geskenk het.\u003cbr\u003e\r\n \u003cbr\u003e\r\nKompoun vertel die verhaal van vriendskap tussen ’n groep nefies en niggies in hul grootwordjare, gesmee deur oorlewing in ’n harde werklikheid, en hoe hulle van die ouer geslag wegbreek, maar ook vind dat die verstrengelde familiebande ’n mens nie maklik laat los nie.","brand":"Kwela Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40571882766514,"sku":"9780795710384","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/348069_60f5d9ea1f2735.85581878_9780795710384_961ea0a2-798b-4e25-b26c-29a0113ae26a.jpg?v=1677477227"},{"product_id":"n-vry-vrou-gedigte-van-antjie-krog-paperback","title":"'n Vry Vrou: Gedigte van Antjie Krog (Paperback)","description":"Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet.","brand":"Antjie Krog","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40585167700146,"sku":"9780798180511","price":365.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141151_616023c70932d7.21286645_9780798180511.jpg?v=1668334202"},{"product_id":"die-maan-is-swart-gedigte-van-adam-small-afrikaans-paperback","title":"Die Maan Is Swart: Gedigte Van Adam Small (Afrikaans, Paperback)","description":"Hierdie keur bevat van Adam Small se gewildste –  en gee ook aandag aan sy minder bekende – gedigte. Die doel van hiedie versameling is om sy bydrae tot Suid-Afrikaanse letterkunde, en Kaaps, te vereer. Die klem word geplaas op die tersaaklikheid en veelsydigheid van sy stem. Adam Small se eerste bundel het in 1957 verskyn en dekades later gee sy woorde steeds ’n stem aan die gemarginaliseerdes en die werkende stand. Die maan is swart is saamgestel deur Ronelda S Kamfer.","brand":"Adam Small, Ronelda Kamfer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41739527979186,"sku":"9780795710629","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/365527_6298afe05bffd5.82902770_9780795710629_1d5a76c6-bf51-4437-8007-33fcb39c4a9e.jpg?v=1676685281"},{"product_id":"nuwe-geskiedenis-van-suid-afrika-paperback","title":"Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika (Paperback)","description":"\u003cp\u003eDié nuwe, opgedateerde uitgawe van die 2007-topverkoper Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes in deur gerekende nuwe skrywers, wat die storie van ons land en sy mense van die vroegste voortye tot vandag op datum bring. Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insigte uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef. Jeanette Deacon skryf byv. oor die nuutste ontdekkings oor die vroegste mense in Suid-Afrika, en daar is bydraes van o.a. Bongani Ngqulunga oor die man wat die ANC gestig het, Jan-Jan Joubert oor staatskaping en Nechama Brodie oor geweld teen vroue.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet die nuutste inligting en invalshoeke word die storie van Suid-Afrika gesaghebbend dog leesbaar vertel in ’n spoggerige, moderne volkleur sagteband-uitgawe.\u003c\/p\u003e","brand":"Hermann Giliomee","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41739528241330,"sku":"9780624092315","price":510.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780624092315.png?v=1745999810"},{"product_id":"die-demokratiese-republiek-van-braai-2-paperback","title":"Die Demokratiese Republiek van Braai 2 (Paperback)","description":"“Dis jou demokratiese reg om ordentlik gebraaide kos te eet. Die Demokratiese Republiek van Braai is ’n plek waar jy saam met vriende en familie om ’n vuur staan om ons nasie te vier, waar jy geselsies maak en stories deel. Dis ’n plek waar jy nooit weer swaar hoef te sluk aan swak braaikos nie.” – Jan Braai\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nSo belowe Jan Braai se Demokratiese Republiek van Braai. In dié nuwe uitgawe deel Jan sy heel lekkerste braairesepte om te voldoen aan jou reg om net die beste te braai. Met uitsonderlike resepte vir bees, hoender, skaap, vis en wat nog is daar geen verskoning om ooit weer smaaklose braaikos voor te sit of te eet nie. Jan gebruik bekende, maklik verkrygbare bestanddele en sit die resepte duidelik en in logiese stappe uiteen. Hierdie braaihandves sal jou help om geleidelik van die kombuis na die vriendelike braaivleisvuur te beweeg!","brand":"Jan Braai","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41952315277490,"sku":"9780798183147","price":480.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/373586_62a9e8c2b3aed5.05151322_9780798183147_4f08dca6-8722-4181-900c-42ef5f538cf5.jpg?v=1681985517"},{"product_id":"kies-die-lewe-leer-dans-in-depressie-paperback","title":"Kies Die Lewe: Leer Dans In Depressie","description":"\u003cp\u003eIvor Swartz is ’n depressiekenner. Hy leef al jare daarmee saam, hy aanvaar dit, hy hanteer dit. Hy kies die lewe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie boek kyk Ivor na sy eie depressie, sy eie hulpkrete en pleit dat ons geen mens oordeel vir die keuses wat hulle in hulle donkerste oomblikke gemaak het nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHy gesels oor depressie onder tieners en hoe ons kan help, en reik 'n sagte hand uit na ouers wat 'n kind aan selfdood verloor het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIvor gee ook spesiale aandag aan depressie onder mans en vra hoe kan gewone mense, geliefdes en die kerk depressielyers ondersteun.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie intense persoonlike, maar toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, hy vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons met die regte gesindhede hulle sal ondersteun.\u003c\/p\u003e","brand":"Ivor Swartz","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42132452933810,"sku":"9780796323033","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/376807_62ceab7ed1ffe3.24334678_9780796323033_23a3ba90-3f24-43da-8a6a-7de4404c3e10.jpg?v=1677350604"},{"product_id":"pharos-spreekwoorde-en-ander-segswyses-afrikaans-expressions-with-english-equivalents-3rd-updated-edition-paperback","title":"Spreekwoorde en Ander Segswyses","description":"Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste én minder bekende spreekwoorde en segswyses ontstaan het, asook ’n Afrikaanse verklaring en ’n Engelse ekwivalente óf ’n Engelse verklaring vir elke spreekwoord en segswyse. Met 10 765 spreekwoorde en segswyses, waarvan 1400 nuut is, is Spreekwoorde en ander segswyses ’n handige naslaanwerk vir Afrikaanse en Engelse gebruikers.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMoet nie toelaat dat jou spreekwoordeskat verarm nie, die rykdom van Afrikaanse spreekwoorde (oues en nuwes) verdien om herontdek te word.","brand":"Pharos Dictionaries","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42135945117874,"sku":"9781868902194","price":252.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/376837_62d00364a58572.22570571_9781868902194_9505a81b-d44a-4b6a-9f65-d83aef815535.jpg?v=1676748394"},{"product_id":"speurhond-willem-in-australie","title":"Speurhond Willem In Australië","description":"\u003cp\u003eWillem is weg! Adriaan doen speurwerk en vind uit dat Sherlock, Willem se seun, as snuffelhond in Australië werk. Maar daar word berig dat Sherlock daarvan verdink word dat hy kop in een mus is met 'n berugte smokkelbende. Adriaan weet dat Willem hom beslis nêrens anders as in Australië bevind nie - besig met sy eie snuffelwerk om sy seun se naam in ere te herstel. Adriaan en Willem se eerste avontuur doer onder is vol aksie. Boonop maak 'n paar ou bekendes hulle verskyning . . .\u003c\/p\u003e","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42705564926130,"sku":"9780624090373","price":185.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141099_61543fd268a047.45106342_9780624090373_70af78ec-ee0a-4c7f-8457-891b632c8787.jpg?v=1671711133"},{"product_id":"eugene","title":"Eugene","description":"Eugene ken van skollies, gangsters, muggers en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields – krotbuurte, vuilhoeke en agterjaarts van die 60’s, 70’s en 80’s.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Allan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord. Sy bobbejaan-daemon hits hom aan dat hy hom moet wreek op sy gewaande vriende se verraad.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n'n Aangrypende, priemende roman oor vriendskap en verraad deur Kirby van der Merwe, veelbekroonde joernalis en vertaler, en skrywer van Klapperhaar slaap nie stil nie, wat in 1999 verskyn het.","brand":"Kirby van der Merwe","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42708903297202,"sku":"9780798182645","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/361877_61e94320b02a27.01903563_9780798182645.jpg?v=1671742949"},{"product_id":"die-mooiste-sprokies-van-grimm-2nd-edition-paperback","title":"Die Mooiste Sprokies van Grimm (2nd Edition) (Paperback)","description":"Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMarita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ’n persoonlike keur saam van veertig van die Grimmbroers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie, Die wolf en die sewe bokkies, Die musikante van Bremen, Klein Duimpie, Die Paddaprins, Raponsie en Sneeuwitjie, asook minder bekende sprokies soos Die ganswagtertjie, Beervel, Die goue voël en Ysterhans. Die internasionaal bekroonde kunstenaar Piet Grobler se onweerstaanbare illustrasies skenk nuwe dimensie aan ’n skatkis van magiese verhale wat oud en jonk sal betower. 'n Herdruk in sagteband.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42708933836978,"sku":"9780798182591","price":395.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/345061_611d2ac6e8ed61.74180459_9780798182591.jpg?v=1671742443"},{"product_id":"die-binneland-in-nog-stories-en-reise-paperback","title":"Die Binneland In: Nog Stories en Reise (Paperback)","description":"Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag. Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat ’n leeu uitoorlê het. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde – en geloof.\u003cbr\u003e","brand":"Dana Snyman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43026050384050,"sku":"9780624094517","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780624094517.jpg?v=1686131647"},{"product_id":"in-die-nimmer-immer-bos-paperback","title":"In die Nimmer-Immer-Bos (Paperback)","description":"Reis saam na die Nimmer-Immer-Bos, waar 'n wêreld van stories wag! Hier is sestig tydlose verhale, byeengesoek en oorvertel deur Linda Rode, sprokiesliefhebber en skepper van immergroen bundels soos Goue lint, my storie begint en Stories vir die vaak.  Fiona Moodie (veral bekend vir Fynbosfeetjies en Vetplantfeetjies, saam met Antjie Krog) se illustrasies is handgeverfde droënaaldetse en maak van die boek 'n kunsskat om te waardeer en te bewaar.","brand":"Fiona Moodie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43236361830578,"sku":"9780624094401","price":395.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/398752_64db927ae450b5.27698923_9780624094401.jpg?v=1692111927"},{"product_id":"jakkals-en-wolf-paperback","title":"Jakkals En Wolf (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eDit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid!\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Pieter Grobbelaar, Séan Verster","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45136352510130,"sku":"9780798181761","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/339312_640684c92489f3.16558137_9780798181761.jpg?v=1739198578"},{"product_id":"triomf","title":"Triomf","description":"\u003cp\u003eTriomf is a book of great laughter and great sorrow.\u003c\/p\u003e","brand":"Marlene van Niekerk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45427972112562,"sku":"9780795801334","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780795801334.png?v=1747745914"},{"product_id":"rooiborsduif-gedigte-oor-die-liefde-paperback","title":"Rooiborsduif: Gedigte Oor Die Liefde (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003e’n Oorsig van Breytenbach se digkuns is 'n voëlvlug oor die jare sestig tot vandag, waarin beide Europa en Afrika hulself radikaal geherdefinieer het. Die gedigte is chronologies gerangskik volgens die digter se lewensgang: jongmenslewe in Kaapstad, Parys, bannelingskap weens sy huwelik, terugkeer en tronkstraf, die buiteland. En oplaas ’n pendelaarslewe tussen noorde en suide van die aardbol, waarin tuiskoms slegs in die arms van die liefde is.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Breyten Breytenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45459940835506,"sku":"9780798178761","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780798178761.png?v=1748331496"}],"url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/celebrate-100-years-of-afrikaans.oembed?page=2","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}