{"title":"Chanette Paul","description":"","products":[{"product_id":"sacrificed","title":"Sacrificed (SA Uitgawe)","description":"Sacrificed is the English translation of Offerlam. The Congo, 1961: A man is murdered in cold blood and his beloved is left for dead. Fifty-three years later, Caz Colijn receives a phone call that tears her out of her reclusive life. In Belgium, where she tries to trace her and her daughter's family origins, it becomes clear that that country's colonial past has had as much impact on her life as the apartheid years in South Africa did. The phone call Professor Luc DeReu receives is less traumatic, but he too is ripped out of his familiar orbit when the woman he blames for his father's premature death re-enters his bland existence. In the meantime, Erevu and his grandson must trace the nkisi taken from them more than five decades ago in order for them to fulfil their holy mission. When the paths of this group of people cross, it leads once again to murder.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40306499256498,"sku":"9780799381832","price":375.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/158840_6118a5e6166961.00987305_9780799381832_609164ff-039c-4420-b293-c52628183a09.jpg?v=1673269926"},{"product_id":"raaiselspieel","title":"Raaiselspieel (Paperback)","description":"Vet Frieda Ferreira het geen benul waarom die vermaarde professor Victor Ferreira agt jaar gelede met haar getrou het nie. Ook nie of die beelde wat sy van kleins af sien en die stemme wat sy hoor, beteken sy is psigies of psigoties nie. Frieda het egter ? meer onmiddellike probleem. Sy moet haar pa se moord oplos, al sit daar reeds ? man agter tralies daarvoor. Nie omdat sy wil nie, maar omdat haar pa daarop aandring. Van agter die doodsgordyn. En Nils van der Sluijs, die befoeterde Belg wat ryk en beroemd geraak het danksy sy vetvrouskilderye, laat ook in die dood nie vir hom nee se nie. Stas Stassen is die man wat Frieda moet help om haar pa se biografie te skryf. Hy is nie seker of Frieda ? skisofreen is of net ? ander soort nutcase nie, maar hy glo beslis nie sy is, soos sy beweer, heldersiende nie. Anders sou sy immers geweet het hy stel meer daarin belang om haar hovaardige man terug te betaal as in die vetvrouskilder se doen en late. Nils se lewensverhaal lewer egter ? paar verrassings op, onder meer in die vorm van ? paar spesiale skilderye, en kort voor lank is Stas meer betrokke as wat heilsaam is en Frieda is haar lewe nie meer seker nie. Frieda gebruik spieels om die dooie man te 'sien'.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40306782044338,"sku":"799364932","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/164004_61186b04942687.67664468_9780799364934_6c850e35-cd78-4338-94cb-c5ad11a69670.jpg?v=1655721320"},{"product_id":"vywervrou-corali","title":"Corali, Vywervrou trilogie: 3","description":"Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAs jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDaarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHaar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNá jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie eensaamheid knel.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nŉ Swaard hang oor haar kop.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHaar familie het haar afgeskryf.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAlles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nGeleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ŉ rol in haar lewe speel.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nBoeta Naude wat vir haar soos ŉ kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nCorali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40562810159282,"sku":"9780799398670","price":390.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/148581_6116df8a0a0556.99229214_9780799398670_64c0fd40-d28c-4079-8a72-22c6750b915d.jpg?v=1679587979"},{"product_id":"mirre","title":"Vywervrou Trilogie 2: Mirre","description":"Hoe onmasker ’n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word? “Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ŉ maagdevlies. Jy kan nooit weer ŉ maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.” Mirre weet Marilyn is reg, maar ŉ Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie. Buitendien, sy verstaan waar die ‘beast’ in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ŉ aanranding sal oorleef nie. Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou. Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40562810650802,"sku":"9780799398175","price":390.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/148578_6116ef001a86f9.72063418_9780799398175_5ea5467f-a932-489f-b0cd-a307d27dd18e.jpg?v=1677579044"},{"product_id":"vywervrou-lira","title":"Vywervrou Trilogie 1: Lira","description":"Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ŉ ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ŉ winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko’s wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie maar sy bly vasberade – upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ŉ vierde maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar – een met ŉ sterwende vrou en ŉ kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel maar hou ook ŉ waarskuwing in: Ter wille van sy kinders sal ŉ man sy taaibosspies deur ŉ vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man vrou of kind nie.” Vywervrou: Lira is die eerste in Chanette Paul se nuwe trilogie wat in 2019 sal verskyn. Die tweede titel is Vywervrou: Mirre en die derde: Vywervrou: Corali.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40562821398706,"sku":"9780799394474","price":379.99,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/148544_61167c081303f0.85400071_9780799394474.jpg?v=1678974932"},{"product_id":"uit-die-bloute-paperback","title":"Uit die bloute (Paperback)","description":"Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nSy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ŉ moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ŉ boogskutter op rolskaatse ŉ bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nToe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVir Ayla is haar verlede ŉ verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ŉ vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog ŉ handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ŉ ander tameletjie.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40641673494706,"sku":"9780799388947","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/148494_610530f3e2db16.26201194_9780799388947.jpg?v=1673269270"},{"product_id":"droomvanger","title":"Droomvanger","description":"Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ... Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti's is daar ŉ moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n\u003cstrong\u003ePrice \u0026amp; availability exclusive to the online store.\u003c\/strong\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41054436589746,"sku":"9780639605470","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/219345_61518a47e52bf1.48366135_9780639605470_3c95592d-22e4-41f4-9254-526bc3273072.jpg?v=1682003657"},{"product_id":"murasie-paperback","title":"Murasie (Paperback)","description":"\u003cp\u003eMoles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel. Die Strandveld loop dik van die stories. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters - die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste 'n bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop. Ras Erasmus ken feitlik elkeen van hierdie Verlatenfontein-stories soos oorvertel deur sy ouma Kate. Op haar doodsbed laat sy hom drie beloftes afle. Die kans doen hom voor om hierdie beloftes na te kom toe hy 'n kwotasie moet uitwerk vir die restourasie van die opstal op Verlatenfontein nadat dit vir die vierde keer in honderd en twintig jaar net halfpad afbrand - raaiselagtig genoeg, telkens op 'n betekenisvolle datum. Maar hy het nie rekening gehou daarmee dat daar 'n huurpag op 'n gedeelte van die plaas bestaan nie. Die huurpag is duur gekoop - nie soseer met geld nie, maar met 'n veel duurder kommoditeit. Eers toe Georgie Rabie Verlatenfontein toe moet vlug na 'n twiet wat haar baie suur bekom het, hoor sy wat die ware storie is agter die huurpag wat haar peetma hou. 'n Huurpag waaragter Ras Erasmus aan is, en nie net hy nie.\u003c\/p\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42044578169010,"sku":"9781776352357","price":390.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/375442_62a9ac1d19eb91.97967541_9781776352357_6f96b41e-29bd-4b3b-be86-be766da0b845.jpg?v=1678370071"},{"product_id":"vywervrou-3-corali-large-print-paperback","title":"Vywervrou 03: Corali (Grootdruk) (Paperback)","description":"Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAs jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDaarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ŉ Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nGeleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ŉ rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ŉ kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nCorali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42163805094066,"sku":"9780637000017","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/377057_62d7f8fb2ecda3.81200527_9780637000017.jpg?v=1673568592"},{"product_id":"vywervrou-2-mirre-large-print-paperback","title":"Vywervrou 2: Mirre - Grootdruk (Paperback)","description":"\u003cp\u003eKan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ŉ maagdevlies. Jy kan nooit weer ŉ maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMirre weet Marilyn is reg, maar ŉ Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBuitendien, sy verstaan waar die ‘beast’ in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ŉ aanranding sal oorleef nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.\u003c\/p\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42163805257906,"sku":"9780637000031","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/377060_62d7f77d15a899.82614701_9780637000031.jpg?v=1673568585"},{"product_id":"marilyn-large-print-paperback","title":"Vywervrou 4: Marilyn (Large Print) (Paperback)","description":"Vywervrou? Nee, ŉ kaivrou. Dis wat sy is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nOmring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ŉ kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMet die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterfl ikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terug voeter na die verlede toe. So ver terug ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het. Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ŉ mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ..","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42174344036530,"sku":"9780637000048","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/377059_62da5562a71640.98429995_9780637000048_4f922fec-1f84-488f-aea5-378f2e3c582c.jpg?v=1682424672"},{"product_id":"marilyn-paperback","title":"Marilyn (Afrikaans, Paperback)","description":"Vywervrou? Nee, ŉ kaivrou. Dis wat sy is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nOmring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ŉ kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDis iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het. Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terug foeter na die verlede toe. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het. Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ŉ mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ...","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42701837861042,"sku":"9780639607337","price":310.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/344550_60ec377582b3b0.39587737_9780639607337.jpg?v=1673277513"},{"product_id":"die-davelvroue-3-annabella-paperback","title":"Die Davelvroue 3: Annabella","description":"HERDRUK - Annabella (1922\/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou twee groot passies in haar lewe het - stemreg vir vroue en haar musiekstudies - én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans? Die een is in 'n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is 'n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42980841062578,"sku":"9780799351507","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/392268_641dae44c84879.60345415_9780799351507_96522d77-4325-47d2-9513-fbad720c30ed.jpg?v=1683013173"},{"product_id":"die-davelvroue-1-tamara-paperback","title":"Die Davelvroue 1: Tamara (2nd Edition) (Paperback)","description":"HERDRUK - Tamara (1899 - 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42980841193650,"sku":"9780799351453","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/392266_641dacd80ed150.83556508_9780799351453.jpg?v=1682345547"},{"product_id":"die-davelvroue-2-willemien-paperback","title":"Die Davelvroue 2: Willemien 2nd Edition (Paperback)","description":"HERDRUK - In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd 'n rol. En die romantiese vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou, wat 'n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie feitlik uitgewis is deur die Engelse, verlief raak op 'n Ier? En as sy boonop 'n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy Ierland toe moet trek?","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42980841259186,"sku":"9780799351491","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/392267_641dada0783ee8.51354786_9780799351491.jpg?v=1682345550"},{"product_id":"die-davelvroue-7-fleur-paperback","title":"Die Davelvroue 7: Fleur (Paperback)","description":"HERDRUK - Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42980892672178,"sku":"9780799351545","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/392272_641db049876ac2.62143338_9780799351545_258fcfb7-6749-4a22-946d-27133794f9bc.jpg?v=1683013156"},{"product_id":"die-davelvroue-6-maryn-trade-paperback","title":"Die Davelvroue 6: Maryn","description":"HERDRUK - Maryn (1933, Tamara se jongste dogter) is 'n oujongnooi en nie veel meer as 'n konfytkokertjie in die oë van die eienaar van die laventelplaas La Lavende nie. Maar sy moet help om Bergendal vir die Davels te red en uit die kloue te hou van die einste laventelman wat agter hulle lemoenboorde se bloeisels aan is - selfs al is hy die man wat haar wat haar bedwelm met sy kerslelie oë.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42980892901554,"sku":"9780799351538","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/392271_641dafcd576c64.20356632_9780799351538_694bffb1-d110-4bd5-aee6-e0ffa0a1962f.jpg?v=1683013159"},{"product_id":"die-davelvroue-5-isabelle-paperback","title":"Die Davelvroue 5: Isabelle (Paperback)","description":"HERDRUK - Isabelle (1932, Willemien se dogter) is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou. En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42980893130930,"sku":"9780799351521","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/392270_641daf5b09f530.98332418_9780799351521_b1afe700-29e8-4922-ae89-65fadd193635.jpg?v=1683013163"},{"product_id":"anoniem-paperback","title":"Anoniem","description":"Kan jy vlug van wie jy regtig is? Lula Prins wil oor begin op Heydendal. 'n Nuwe lewe, 'n nuwe dorp, 'n nuwe naam. Anoniem. Dan stap 'n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal. Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het? Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in 'n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan 'n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug?","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43496770240690,"sku":"9780637003018","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780637003018.jpg?v=1710148910"},{"product_id":"deja-vu-paperback","title":"Déjà Vu (Paperback)","description":"\u003cp\u003eWat skuil agter die Sheldon-fortuin?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eZabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eNet een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: Die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eKort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders ...\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eTussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.\u003c\/p\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46145270055090,"sku":"9781779860248","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779860248.jpg?v=1756712931"},{"product_id":"maanschijnbaai-1-jo-en-sue-paperback","title":"Maanschijnbaai 1: Jo en Sue (Paperback)","description":"\u003cp\u003eOntmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ’n ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ’n verlede – met ’n hoofletter V. Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar. As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak. Die Maanschijnbaaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied. As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan ’n verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruïneer het, verwerk. Sue kan ontsnap van al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgedank is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho. Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die “Calitz-slette” nie toe nie.\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46739993067698,"sku":"9781779860620","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779860620_55f005c8-7c2f-4dd7-8374-a4ce290b907b.jpg?v=1777625208"},{"product_id":"maanshijnbaal-2-nan-jeannie","title":"Maanshijnbaal 2: Nan \u0026 Jeannie","description":"Die Calitze het alles op Maanschijnbaai kom verander. Almal weet teen die tyd hulle is slette, maar nou is daar selfs sprake dat hulle kan toor. Kyk maar hoe het Sue die arme Zach betower. En Jo vir Saul. Maar die ergste is die geliefde dominee Gideon wat handomkeer 'n ander mens geword het. Het dit iets te doen met Nan se magte? Of dalk met Jeannie se betrokkenheid by daardie sekte? Hoekom anders het die oulike Ieg op vlug geslaan? En nou wil Jeannie 'n restaurant oopmaak en toorkos bedien.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47018283237554,"sku":"9781779860644","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779860644.jpg?v=1777992465"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/collections\/Murasie_deur_Chanette_Paul_Voorafbestelling_1292_x_300.png?v=1655809040","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/chanette-paul.oembed?page=2","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}