{"title":"Christelike Fiksie","description":"\u003cp\u003eAll titles in this collection are in stock and available for immediate shipping unless marked for pre-order.\u003c\/p\u003e","products":[{"product_id":"ter-wille-van-die-vaders-zechut-avot","title":"Israel-reeks 10: Ter wille van die vaders (Zechut Avot) (Paperback)","description":"Henok kry ’n verrassing wanneer sy vrou in Israel kom kuier. Re’uven se pyn oor sy eersgeborene se dood lê nog vlak. Dit laat Marc wonder of hy Adonai nog sal kan liefhê as dit hom sou tref. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.","brand":"Marzanne Leroux-Van der Boon","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40305436623026,"sku":"9780796320841","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140570_611e5f458651e3.37919253_9780796320841_b90a7b9c-4e13-4d18-a005-5d5b9e9b225f.jpg?v=1657614847"},{"product_id":"reenboogmelodie","title":"Reënboogmelodie","description":"\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eDiané sukkel van jongs af met 'n eetversteuring. Tot sy Robert ontmoet, 'n aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is en met wie se steun sy weer kans sien vir die lewe. Robert het haar nog altyd lief gehad en onderskraag, maar nou duik ernstige vrae op:\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWie is die vrou wat sê Robert is die pa van haar kind? Het Robert 'n verlede waarvan Diané niks weet nie? Hoekom sal Robert haar nou in die steek laat? Diané wil haar outisties seuntjie ook ten alle koste help. Of is sy juis die oorsaak van haar kind se probleme?\u003c\/span\u003e\r\n\u003cp style=\"margin: 0px 0px 15px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(102, 102, 102); line-height: 17.4px; font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e \u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style=\"margin: 0px 0px 15px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(102, 102, 102); line-height: 17.4px; font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eWanneer Diané uitvind wat werklik aan die gang is, kom sy voor groot besluite te staan.\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(102, 102, 102); line-height: 17.4px; font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eMet Reënboogmelodie delf gewilde skrywer Anzil Kulsen diep in 'n komplekse moderne huweliksverhouding. Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal?\u003c\/p\u003e\r\n","brand":"Anzil Kulsen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40306701140146,"sku":"9780796322159","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140598_61142481bd4be6.15577120_9780796322159_a67de51a-0564-4ac4-97d8-64369f0bece9.jpg?v=1659005573"},{"product_id":"papierblomme-paperback","title":"Papierblomme (Paperback)","description":"Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg… Janine was klein toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet. Sy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar ken. Haar kans kom toe Greg Walker die Engelsklas oorneem. Met drome in haar oë is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste  ontdekking van haar lewe maak. ","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40307403915442,"sku":"9780796321428","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140583_61600d3f9da328.16412049_9780796321428_d5875981-bddc-4b73-9df1-3831f54f113d.jpg?v=1659005974"},{"product_id":"die-oorwinnaar","title":"Die Oorwinnaar (Paperback)","description":"Basketbal-afrigter John Harrison se lewe verander oornag wanneer die grootste aanleg in die omgewing onverwags sluit. Honderde gesinne verlaat die dorp en sy droom van ’n basketbal-kampioenskap spat aan skerwe. Wanneer die skoolhoof hom boonop vra om ’n sport af te rig wat hy nie ken of eens van hou nie, voel John gefrustreerd en begin sy doel en waarde bevraagteken. Dan leer ken hy ’n jong leerder wat met haar eie lewenskwessies worstel ...\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n’n Toevallige ontmoeting verander John se hele lewe. Geïnspireer deur die woorde en gebede van hierdie nuwe vriend, word John die onwaarskynlikste afrigter vir die onwaarskynlikste atleet wat die onmoontlike wil probeer in die belangrikste wedloop van die jaar.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie oorwinnaar is gebaseer op die fliek Overcomer deur Alex en Stephen Kendrick. Hierdie aangrypende verhaal ondersoek die Bybelse beginsels in Efesiërs en sal lesers lei om hulle ware identiteit in Christus te vind.","brand":"Chris Fabry","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312814764210,"sku":"9781431623310","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/150830_6151d8e70a2ae8.83868130_9781431623310_dfbc71fe-8419-40a3-ae91-3ea6d72c6420.jpg?v=1682345503"},{"product_id":"bybel-stories-vir-seuns","title":"Bybel Stories Vir Seuns","description":"Author: BB \/ Supplier: Bargain Books","brand":"BB","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40479450661042,"sku":"9781920608293","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}]},{"product_id":"bet-el","title":"Bet-El","description":"\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eDaniël met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde en toewyding van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige en opregte, sy wat so begeer dat haar man net moet sê hy het haar lief ...\u003c\/span\u003e\r\n\u003cp style=\"margin: 0px 0px 15px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(102, 102, 102); line-height: 17.4px; font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\u003cbr\u003e\r\nDit is twee jaar voor die Anglo-Boereoorlog uitbreek. Daar egter ook konflik aan die oplaai in die betrokke families: tussen broer en broer, man en vrou, minnares en minnaar, kind en ouer.\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style=\"margin: 0px 0px 15px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(102, 102, 102); line-height: 17.4px; font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eSoos vandag, was die mens se ergste stryd meer as ’n eeu gelede ook nie teen vlees en bloed nie maar teen die magte van geldgierigheid, geweld, wraak, magsug en eerloosheid. Versoening tussen broers en nasies – wat die mens meesal uitstel tot dit te laat is – is die grootste genade. Daarom bly die vrede en liefde hom ontwyk.\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(102, 102, 102); line-height: 17.4px; font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eOp daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, weet geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie net dit: God sal sy kinders seën, hulle wat naby Hom bly.\u003c\/p\u003e\r\n","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40495051604146,"sku":"9780796320520","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140565_61141d6d10eeb5.71845892_9780796320520_47e7b4d3-8223-4ec2-a358-20232de9b00d.jpg?v=1665127481"},{"product_id":"sy-is-myne-sagteband","title":"Sy Is Myne","description":"\u003cp\u003e1875. Wanneer Kathryn Walsh in die myndorp Calvada aankom, is liefde die laaste ding waaraan sy dink. Haar welgestelde stiefpa het haar weggestuur uit Boston om ’n erflating te kom opeis van ’n oom wat sy nooit geken het nie: ’n klein koerantkantoortjie in die hoofstraat van ’n dorpie vol bordele en kroeë, en ’n skynbaar waardelose myn.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKathryn besluit om haar oom se koerant weer op die been te bring en bevind haar kort voor lank midde-in ’n storm tussen twee van Calvada se magtigste mans. Kathryn is egter vasbeslote om aan te hou sê – en skryf – waarin sy glo.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMatthias Beck, kroeg- en hotel-eienaar, sien onmiddellik dat die beeldskone, uitgesproke rooikop net so vasberade soos haar oom is. En hy weet haar strewe na geregtigheid kan ook háár dood veroorsaak ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie aantreklike hotel-eienaar en die eiesinnige juffrou Walsh sien dat hulle tog vir dieselfde ding baklei: ’n dorp waarop hulle trots kan wees. Almal wil graag ryk word in die myndorpie, maar dit is ’n liefde baie kosbaarder as goud wat almal in die dorp uiteindelik sal red.\u003c\/p\u003e","brand":"Francine Rivers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41265462313138,"sku":"9781431625895","price":299.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/357880_6183ba7d860187.36128083_9781431625895_68c9565a-db08-4fbf-ac22-3d0fee8e6c7d.jpg?v=1676682374"},{"product_id":"israel-reeks-omnibus-2-tiferet-yisrael-en-shomer-yisrael","title":"Israel-Reeks: Omnibus 2: Tiferet Yisra'el en Shomer Yisra'el","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eShomer Yisra'el\u003c\/strong\u003e\u003cbr\u003eIn die somer van 2006 breek die tweede Libanese oorlog uit. In Jerusalem word Marc, Rivkah en hul babaseuntjie in die gewelddadige gebeure vasgevang. Wanneer die oorlog vererger, word dit duidelik dat Marc opgeroep sal word. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cstrong\u003eTiferet Yisra'el\u003c\/strong\u003e\u003cbr\u003eMarc Krige is oorbewus van die verskrikking van die land waarin hy en sy gesin leef. Die Joodse staat word van binne en buite bedreig deur terreuraanvalle, en oorlog is iets waarmee Israeli’s leer saamleef het. Tog, elke keer wanneer hy vrees ervaar, wanneer verstikkende angs oor hom spoel, raak hy diep bewus van die teenwoordigheid van die Heilige van Israel by hom. Hy worstel egter met sy eie bitterheid en kleingeloof wanneer sy ma, Mara, ’n slagoffer van SuidAfrika se misdaadprobleem word.\u003c\/p\u003e","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42705759076530,"sku":"9780796322715","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/348073_60fa61d4503858.78187429_9780796322715_06168282-3784-4c83-82ae-531bfc8e4b40.jpg?v=1671708391"},{"product_id":"arendsvlerke-vir-siebert-paperback","title":"Arendsvlerke vir Siebert","description":"Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nTerwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nArendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHierdie boek is die eerste fiksie boek vir volwassenes uit LAPA Uitgewers se nuwe druknaam, LUCA, wat fokus op geestelike fiksie en niefiksie. Arendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beïnvloed.","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42709043839154,"sku":"9780639607139","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/339443_60f68dd1376228.54817333_9780639607139.jpg?v=1679921796"},{"product_id":"verbly-julle-in-die-hoop-paperback","title":"Verbly Julle In Die Hoop (Paperback)","description":"Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met ’n jong Andreas is in Geloof soos ’n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003e Dit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na ’n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste Suid-Afrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003e Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42906131202226,"sku":"9780637000765","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/390728_63f4db1c668123.54756965_9780637000765_46334005-dfe0-4432-a233-6cffe4e2c1a0.jpg?v=1680506713"},{"product_id":"weskus-omnibus-1-haar-naam-is-ragel-marta-paperback","title":"Weskus-Omnibus 1: Haar Naam is Ragel \u0026 Marta (Paperback)","description":"Twee gewilde Weskus-romans in een. Haar naam is Ragel: Die verhaal van ’n jong ma wat haar seuntjie se dood moet leer verwerk. Sy ontmoet ’n ma wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Saam leer die twee vroue geleidelik wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos. Marta: Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Haar geloof verval in roetinewerk, en sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie.","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42937643172018,"sku":"9780796323262","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/391034_6406737d695f65.37932317_9780796323262.jpg?v=1682341916"},{"product_id":"grietjie-se-loutering-paperback","title":"Grietjie se Loutering (Paperback)","description":"Grietjie kniel langs haar bed met die gestreepte grys deken. Netso op haar knie lees sy die Bybel. Dan bid sy. \"Ag, Here, dra my deur hierdie dag. Help my. Sit 'n wag voor my mond, maak elke woord uit my mond sag en soet.\"\u003cbr\u003e \u003cbr\u003e Grietjie se loutering is die aangrypende verhaal van 'n weduwee wat haar inkomste as tydelike huiswerker verdien in Grabouw. Sy sukkel om kop bo water te hou, maar haar geloof dra haar. Wanneer haar seun deur 'n provinsiale rugbyspan gewerf word, het die gesin hoop op 'n beter lewe.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003e Grietjie se geloof word getoets wanneer 'n tragedie die gesin tref. \"Ek weet wanneer ek eendag by die punt kom waar ek weer met die Here kan praat met vrymoedigheid, dan wag Hy vir my. En wanneer dit voel ek kan nie meer nie, dan dra Hy my. Maak nie saak wat ek verloor nie, ek het Hom altyd. Wat meer wil ek he?\"","brand":"Bettina Wyngaard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43021322715314,"sku":"9780637000741","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/393863_643d54fdc2aa75.60274196_9780637000741.jpg?v=1683276913"},{"product_id":"poskaarte-van-n-reis-paperback","title":"Poskaarte van 'n Reis (Paperback)","description":"Poskaarte van ’n reis is ’n keur van Jacqueline Leuvennink se rubrieke en artikels wat deur die jare in menige tydskrifte verskyn het.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003e Jacqueline se fyn waarneming en vermoë om verwikkelde emosies en situasies in eenvoud te verwoord laat die leser opnuut verwonderd oor die skoonheid van ons wêreld.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003e Die skrywer nooi die leser om haar te vergesel op ver reise na interessante bestemmings en inspirerende ervarings.","brand":"Jacqueline Leuvennink","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43109671764146,"sku":"9781776356904","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/397571_6487019f807f10.15648556_9781776356904.jpg?v=1686569838"},{"product_id":"wanneer-skaduwees-kantel-paperback","title":"Wanneer Skaduwees Kantel (Paperback)","description":"\u003cp\u003ePatriarg Tjaart van der Walt se verlede haal sy kleindogters in ná sy dood toe ’n gas onverwags by sy kleindogter, Lenore van der Walt, se bruilof opdaag. Die bewaringstatus van Bateleur Reservaat en Khulula Renosterskuiling word daardeur bedreig. Die gas wil met ’n mynbaas saamspan om ’n steenkoolmyn in die Laeveld te vestig.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSikloon Dineo tref die reservaat langs die Mosambiek-grens en derduisende klimaatvlugtelinge word blootgestel aan mensehandel en ontvoerings. Die toenemende stel van slagysters vir bosslaghuisvleis lei ook tot ernstige vergrype teen diere.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie drie Van der Walt-niggies – Lenore, Tarien en Bella – word meegesleur in die gety van ontheemding en dierevergrype. Ook op geestelike vlak is daar ’n vervreemding tussen die niggies en hul Skepper wanneer seer uit die verlede hul inhaal en hul binne-vrede moet vind om weer tuis by God te voel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRomanse en nuwe vriendskappe te midde van natuurrampe en aanvalle deur insypelaars word ’n toevlug toe ’n bonkige huursoldaat en die Olifantbekoorder van die Laeveld tot die niggies se lewens toetree.\u003c\/p\u003e","brand":"Elize Parker","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43109723898034,"sku":"9780637003599","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/397572_648709a92b81c0.03515808_9780637003599.jpg?v=1686571657"},{"product_id":"geheime-op-philadelphia-paperback","title":"Geheime op Philadelphia (Paperback)","description":"Reghardt du Toit is 'n bekende sanger met die wereld aan sy voete. 'n Ernstige ongeluk verander sy lewe onherroeplik. As gevolg van gehoorverlies, is sing skielik buite die kwessie. Hy gaan soek na 'n nuwe begin in die klein Wes-Kaapse dorpie van Philadelphia.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHier maak Reghardt 'n boetiekrestaurant oop terwyl die dorpie en inwoners in sy hart inkruip. 'n Dokter met 'n praktyk in die naburige Malmesbury trek ook met sy gesin en 'n geheimsinnige au pair na Philadelphia.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie plaaslike dominee se dogter is 'n internasionale model en haar pa se enigste kind. Sy weet sy presies wat sy in die lewe wil he. Sy spits haar toe daarop om Reghardt se hart te verower. Die dowe sanger fokus egter daarop om mentor te wees vir 'n seun wat sy eie sangtalent wil slyp.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n'n Skokkende tragedie bring 'n onverwagse wenteling in almal se lewens. Sal Reghardt genoeg liefde en vergifnis kan vind om die ontrafeling wat volg te weerstaan, of sal alles weer inmekaartuimel?","brand":"Riaan Grobler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43496769159346,"sku":"9781779880086","price":310.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779880086.jpg?v=1706020217"},{"product_id":"nogtans-geloof-paperback","title":"Nogtans-geloof (Paperback)","description":"\u003cp\u003eHoe hou ek vas aan God terwyl my ervaringe nie hoop weerspieël nie? Ivor Swartz lei ons om aan die hand van die Habakuk 3:17 te vra hoe lyk 'n nogtans-geloof gebedslewe, hoe praat en leef ek voor ander met my nogtans-geloof en hoe bly ek geanker in God, eerder as die uitkoms?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIvor leer ons om 'n nogtans-geloofuitkyk toe te pas, deur te kies: kies om te lewe vir wat ewigheidswaarde dra, om ons perspektief te verander na nogtans-geloof in tyd van krisis en om te reageer op ’n nogtans-manier.\u003c\/p\u003e","brand":"Ivor Swartz","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44488241873074,"sku":"9780796323385","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/415616_6676bb78387de6.35285379_9780796323385.jpg?v=1719057571"},{"product_id":"die-eilandbruid-se-sluier","title":"Die Eilandbruid Se Sluier (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eChrisanne Alberts het haar hele lewe gewerk om die bitterheid van die verlede en verwerping agter haar te los. As ’n grootwithaainavorser is sy gewoond aan die wêreld van wetenskap, maar sy dra swaar aan die verlies van haar ouers, haar broer, en die skuld wat daarmee saamgaan.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eNadat sy as voog van haar broerskind aangestel is, bevind sy haar op ’n nuwe lewenspad wat haar terugneem na die afgeleë dorp, Albatroshoek.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eHiér het sy en haar kleintydvriendinne, Reinet en Essie, saam grootgeword en trauma beleef. Wanneer ’n moordwalvis sy weg na Albatroshoek vind, bring hy verandering saam, en alles wat Chrisanne geglo het oor die balans van die see en haar eie lewe, word op die proef gestel.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eDie kluisenaar van Atlaseiland, Ben Benade, lei haar op ’n reis van onthullings, en saam baklei hulle teen die uitbuiting van seebronne. Maar Chrisanne moet al hoe meer gewigtige keuses maak ... Wat gebeur met ’n vrou wat nie net haar mense verloor het nie, maar ook haar plek in die wêreld, en haar eie geloof betwyfel?\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eSoos ’n sluier wat stadig gelig word, ontsluit haar verhouding met die eilandkluisenaar al hoe meer van haarself. Saam soek sy en haar vriendinne oplossings vir hul kleintydtrauma terwyl die geheime van die dorp ontrafel.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eEn die vraag bly: Is jy die som van jou verlede en jou pyn, of is jy wie God sê jy is? Geroep, gesalf, geliefd.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Elize Parker","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46658548695218,"sku":"9781779880628","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779880628.jpg?v=1768311626"},{"product_id":"om-weer-te-dans-paperback","title":"Om Weer Te Dans (Paperback)","description":"\u003cp\u003eZivah werk op Ezra se plaas in Galilea waar sy geurige olies leer meng en parfuum maak. Sy dra swaar aan ’n verlore liefde en is ’n gevangene van ’n donker geheim uit haar verlede, maar hoop dat haar stukkende emosies heel sal word terwyl sy haar passie uitleef. Barabbas met sy charismatiese persoonlikheid, onwrikbare avonturiersgees en vreeslose najaag van sy ideaal om die Jode van Romeinse heerskappy te bevry, vergestalt vir haar die vryheid en geluk waarna sy verlang. Maar sy obsessie om die Jode van Romeinse onderdrukking te bevry dryf hom al dieper die verderf in en verder van Zivah af weg. Ezra ontferm hom al hoe meer oor Zivah, maar sy is vasgevang in haar pyn en hoop vir ’n tweede kans met Barabbas toe Pontius Pilatus hom vrylaat in plaas van die misterieuse Messias-man wie sy ontmoet het ... Maar dit verander steeds nie Barabbas se verterende haat, wraaksug en begeerte om vir sy mense ’n held te wees nie. In ’n wêreld verskeur deur bloedvergieting, verlies en onvervulde hoop soek Zivah en Barabbas elkeen na heling, liefde en ’n tweede kans. Hul paaie kruis telkens in liefde en pyn, maar net God se belofte van herstel – om weer te dans – kan hulle ware vryheid bring. Sal Sy liefde genoeg wees om twee gebroke siele te heel en hul verledes in hoop te omskep?\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Frenette van Wyk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46748431843506,"sku":"9781779880840","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779880840.jpg?v=1780657952"},{"product_id":"een-keer-om-die-son-boek-2","title":"Een Keer Om Die Son: Boek 2","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47561723674802,"sku":"9780795803499","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}]}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/collections\/Om-weer-te-dans-Wordsworth-2020-x-350.jpg?v=1780658058","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/christelike-fiksie.oembed?page=2","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}